Sien uit om julle handskrifte te sien.
Wednesday, July 22, 2009
Handskrif
Ek is getag deur Sandra om my hanskrif te wys. Dis nogal interessant hoe hard die onderwysers op skool gewerk het om ons mooi te laat skryf. My "aanmekaarskrif" is heeltemal anders as my drukskrif. Die een le netjies vooroor en die ander een val so half agteroor...Wat sou dit nou se?
Speel saam Riza en Elma, Muriel, Desire en Vicky
Sien uit om julle handskrifte te sien.
Sien uit om julle handskrifte te sien.
Friday, July 17, 2009
Ons meisies
Ek het so lanklaas geblog dat ek sommer net lus was om so mengelmoes van fotos op te sit van sommige van ons meisies se doen en late en laggies en vreugdes. Dit was so fees om Riza hier te he en deur die loop van haar vakansie... en my werk na die wonderlike lang rus, het ek ook die mooi fotos van Elma en haar dogters en kleindogters ontvang. Oor die kleindogters vertel ek met sulke stywe kiewe van die jaloers.... :-) maar intussen geniet ek klein Alessia asof sy my kleindogter en nie my niggie is nie.
Hier wys Ilke en Amika, Xenia.... kyk net hoe groot het die klein asjas geword, en Natalie, almal tande. :-) Mooie foto van Riza ook. Lekker uitgerus en ontspanne.
Ons het allerhande pret gehad met sagte speelgoed...en etes en Wii en malls. Die foto van Nelmari en Elriza by Atlantis. Ons het ook die nuwe reuse Dubai mall gaan besoek. Mens loop jouself heeltemal gedaan in die plek. Ek het my werkskoene aangehad wat ek uiteindelik moes veruil vir gemakliker plat seilskoene, maar nie rekening gehou met die harde hakke wat my hakskene so rou gekou het dat ek sommer nog 'n paar Crocs ook gekoop het.
Ek het hierdie laaste twee weke ook in Dubai gewerk en dit was tog te lekker om ook saam met Hannes en Angela en Alessia te kuier. Kyk die vrolike klein meis...en die nuutste gier is grimering en dan veral lipgloss. Die foto hier onder wys die aanwending. Meeste daarvan beland in die mond natuurlik.
Hier is Elma en haar twee dogters, Erika en Natalie en kleindogters...eine trek my kiewe, Ilke en Amika...... een van die dae blog ek oor my eie kleinkinders. Ek is seker, maar intussen is dit sommer net lekker om mekaar te geniet en vreugde te put uit saamwees. Lief julle almal. Dankie maatjie Sandra vir so baie van die fotos. Jy is 'n baie goeie mamarazzi..:-)

Subscribe to:
Posts (Atom)