Friday, November 20, 2009

Kuier saam met Alessia

Die lekker van die werk vir die kerk in Dubai is dat mens so bietjie saam met die familie kan kuier en natuurlik baie pret met Alessis he wat regtig so vinnig groot word. Sy vertel nou vir my... "you are big, and I am small" "See your dress.... see my pretty dress"... Ek weet nie of dit beteken my rok is nie mooi nie.

Sy is vol dingetjies en die hele tyd aan die gang... julle kan sien die gesiggie spreek boekdele

Sy het te veel miere. Hulle laat haar glad nie toe om te sit nie. :-) soos julle kan sien.. en sy voer vir my ook van haar broodjie en sy wys sy het brood in haar mond en ek moet ook wys...


En dan die groot vreugde en afwagting van 'n geskenk van oom Sean kry. die rede is om haar besig te hou sodat ons kan eet, maar julle weet dit werk nie heeltemal so nie want grootmense is net so opgewonde en nuuskierig oor persente

Sy is heeltemal genee dat Angela help om die drade los te woel. Sy weet vroeg al wat sy kan en wat nie...slim kind :))


Ek was defnitief baie opgewonde oor die feetjie. Julle weet mos dis een van my favorite dinge

Oom Sean sukkel om die feetjie op die perd te laat ry. En die ander feetjies staan nuuskierig nader om die doenigheid te aanskou. Dink julle nie ons koop vir kinders geskenke wat ons self graag mee wil speel nie? Soos ons gaan kinderflieks kyk saam met die kinders omdat ons graag wil? Heeltemal weggevoer na feeland is die gesiggie nou die ene ernstige konsentrasie


Staan feetjies. Wys vir almal julle mooi blink rokkies. En die feetjies gesels terug. is, so lyk dit vir my ...Wonder wat hulle van Alessia dink? :-)


Toe kom sing die mense vir ons Shosoloza . Kyk hoe speel die Fillipyne die Afrika drom en sing hartlik saam, en hulle is goed daarmee hoor. In die middel van Dubai. Moet darem vir julle se die restaurant is Meat en Co. Dis baie lekker om vir 'n paar uur te voel mens is by die huis.

Alessia is soos 'n Renoster, sy glo as daar vuur is moet dit dood. Teen die tyd het sy al die kerse op die tafel doodgeblaas so die een kon nie vryspring nie. Maar sy wil nie saam met my roomys eet nie. Sy wil haar eie in 'n cone he. Roomys is "ifeeem."

Op die ou end eet sy haar eie roomys uit 'n eie klein bakkie en die Unicorn kry ook.

Teen die einde van die aand is aspatat lekker vakies, maar ons twee pose vir oulaas op die skoenepoets troon. Die volgende dag het ons elkeen 'n beurt gehad om haar in haar kar rond te stoot. Ek het eendag gestaan en kyk hoe 'n kleintjie die stuurwiel draai en sien die kar ry nie waar hy wil gaan nie en toe klim hy sommer so in die ma se loop uit. Kleingoed is so vol pret.

Sy het nogal nie baie daarvan gehou om op my skouers te ry nie. Sien die benoude handjie. Mom....Pappa.... iemand, help bietjie!! Maar sy was erg in haar skik met die vlinder oor die gesiggie en nie te lank gelede nie het sy oom Sean se gesig ook probeer verf hoor ek.

Ons kinders is kosbaar. Ons moet hulle geniet en lief he sodat hule sal leer en weet en ervaar dat hulle Skepper hulle ook lief het en dat hulle vir hom spesiaal en uniek en enig is.

Sommer net gedink om te wys hoe groot ons klein Alessia geword het.

Monday, November 9, 2009

Eendag van ryk wees/voel

As enige iemand 'n behoefte het ...ag waarvan praat ek, as enige iemand die tyd het, moet julle regtig dink aan so dag by die Mangwanani Spa in Fourways. Riza bel my die week voor ek Suid Afrika toe vlieg om te se dat ek Donderdag moet oophou, want DJ gaan ons bederf... en ek mag die hele tyd nie weet hoe en waarmee nie, maar sien vreeslik uit en my verwagtinge is heerlik oortref. Toe ons halfnege daar aankom, word ons met sang en tromme verwelkom en aangese om ons japonne te gaan aantrek...

Riza vou haar japon omtrent dubbel om haar lyf, maar haar ma sin kom net net toe en ek sien al hoe loop ek en keer, so ek vra toe vir 'n groter een wat hulle gelukkig toe het. Ons eet 'n ligte ontbyt van yogurt, muffins en skons en die klein mossie eet tog te lekker saam aan die muffins en tjirp alte vrolik 'n Hele groep van terapeute het gereed gestaan om ons persoonlik te begelei na ons eerste " stasie". Om almal te akkommodeer begin almal by verkillende punte. Ons het eerste die hand en arm massering gehad. Ek het nie geweet mens se hande het soveel spanning nie. Dis baie lekker seer...

En elke keer as een groep klaar is by 'n stasie, word alles so mooi skoongemaak en lyk heeltemal vars en skoon vir die volgende groep.
Riza sien natuurlik dadelik die sonneblomme raak...sy mag maar dink dis spesiaal vir haar... :-) Die tweede massering was rug en skouers... ek moet se, die skouers het heelwat aandag gekry. Ek het die een baie geniet. die olies ruik wonderlik en mens se vel voel soos fluweel. Op 'n stadium voel ek hoe my rug plek plek warm word. Ek dog eers die terapeut se hande het aan die brand geslaan, maar toe onthou ek van die "hot stones" Dis 'n ongelooflike gevoel.

Oral rondom die oop lapas is daar so half ongerepte "tuin" wat mens laat dink jy is in die veld. Die voeltjies sing en die son skyn helder. Dis soos om 'n rukkie in die paradys te kuier. Die laaste massering voor middagete is voete en bene... ek wou sommer net daar bly sit met my voete in die warm seepwater, maar toe is die olie invryf nog beter.

Dan is dit tyd vir middagete. Toe ons by die nagereg kom, begin die terapeute sing... almal wat vir 'n spesiale geleentheid daar is soos 'n verjaarsdag, of paartjies wat getroud is of gaan trou, of 'n baba wat oppad is, word spesiaal geseen met die sang.. ek wou net tjank

Na ete kom die nek en skouer massering. As die hande lekker seer was, kan die een seer lekker genoem word. Die hoendervleis slaan oor mens se lyf uit. Die finale van die sessie is olie wat hulle in jou hare en kopvel invryf. Daarna lyk mens maar sleg, maar ai, die lyf voel sooo lekker. Sag van die geurige olies en ontspanne warm gemasseer.

Lyk die lapas nie mooi met hulle houtstoele en spierwit handdoeke en vrolike oranje kussings en strikke nie? Die voorlaaste behandeling is 'n facial, maar hulle se duidelik dit is nie skoonheidsterapie nie, maar vir ontspanning. Mens le heeerlik met toe oe en as hulle klaar is, sit hulle 'n lappie oor jou oe , en daar raak ek aan die slaap...en ek snork myself wakker en hoor hoe Elriza giggel...sies...dis nie mooi nie.

Ons laaste behandeling was 'n vol lyf massering met sout of mieliemeel of borsels. My lyf was op daardie stadium baie broos. Ek het net kans gesien vir die mieliemeel. Dit was nogal baie lekker. Mens stort daarna die stuff van mens af en dan eindig die dag af met Amaroela likeur en sjokolade. Daarna kon ons 'n uur lank by of in die swembad gaan le. En raai wat doen Riza voor ons huis toe gaan? Sy gaan stort.. en toe ek by die huis kom het ek gaan bad...:-) En hare gewas... my hare was vir 'n was of twee daarna nog so syerig van die olie. Dis wonderlik!!

Klink dit na groot bederf of wat... dankie weereens DJ.