Wednesday, June 24, 2009

As ons Groot Pa opdrag gee om huis te koop

Julle weet mos ek het gaan huis kyk in Greyton, so, ek kan nie se ek het nie daaraan gedink om 'n plekkie aan te skaf nie, maar nooit het ek gedink en sal in Johannesburg huis koop nie. Dalk het dit met jule ook al gebeur dat die een ding wat mens uitskakel as 'n opsie, baie keer juis dit is wat Pa weet vir ons die beste is. Toe ek Desember in Suid Afrika was, het Riza op 'n dag gese sy dink ons moet vir haar 'n blyplek kry en ek hoor Pa vir my se "koop 'n woonstel.".. en soos Moses begin ek so half met Pa redeneer oor waar ek die geld vandaan gaan kry ens ens.... Maar ons begin huis soek en ons bid dat ons die regte plek sal kry. En Hy sorg... om 'n lang storie kort te maak, keer Hy nie net deurdat ons aanbod op twee plekke deur die mat val nie, maar laat ook die aansoek vir 'n lening in Abu Dbahi seepglad verloop... en almal wat al moes aansoek doen vir lenings by banke by die huis sal kan waardeer as ek vertel dat ek sonder papierwerk, behalwe 'n handtekeing vir 'n debietorder, binne 15 minute in en uit by die bank is en binne twee dae die geld in my rekening gehad het.
Ek was al weer terug in Abu Dhabi toe Elriza met die hulp van baie goeie eiendoms agente, ons uiteindelik 'n keuse het tussen twee woonstelle in dieselfde kompleks. Die kompleks is boomryk en reg langs die rivier... pragtig en stil, met baie mooi tuine.

Ons aanbod op die duplex word aanvaar en die regmaak begin. Hier is so paar voor en na fotos. Ek het Elriza vrye hand gegee om verf en teels te kies. Ons het teels onder in die woonstel en houtvloere bo....ons is altwee baie in ons skik. Riza se kamer met die geel saam met die blou lyk baie mooi. Ek hou ook van haar keuse vir 'n eetkamerstel.... net baie gou agtergekom dat die swart hout 'n paar keer 'n dag afgestof moet word. Dit gaan jou probleem wees Meis. Die studeerkamer lyk ook pragtig. Riza sit in haar groen en goue studeerkamer en voorberei vir die eksamen.Na die toer in Ierland Skotland is ek Suid Afrika toe met die vaste voorneme om die eerste aand in my eie kamer te slaap.... en dit werk so uit. Dit was letterlik 'n kwessie van van die vliegtuig afklim en winkels toe saam met Wiehann, bed soek en op die ouens se gevoel speel dat ek in die koue op die vloer sal moet slaap as die bed nie die aand afgelewer word nie....en toe lewer hulle af en ek kan die mooi linne wat ek in Galway gekoop het gebruik....aaai, dis was sooo lekker...
Dis die lekkerste lekker om 'n plekkie in Suid-Afrika te he. Dankie Pappa vir die groot seen. Ons voel so bederf.

Thursday, June 11, 2009

Naomi se Rascal

Die tyd het toe uiteindelik aangebreek om die nuwe kleinding by Priscilla in Meyerton te gaan haal en ek en Riza pak die lang pad so voel voel aan/ Ek het maklik 15 jaar terug daardie pad gery. Maar ons kom daar uit en Riza en die klein dingetjie bond sommer dadelik. Hy het haar omtrent opgelek en sy oorweeg dit baie sterk om Naomie te laat weet dat ons toe nie die hondjie gekry het nie. Gelukkig... of ongelukkig, moes ons alreeds toestemming vra om Elriza se ander vier hier aan te hou. Sy oorhandig hom aan Naomie wat ons in Krugersdorp by die Mac Donalds ontmoet en hy en sy nuwe ounooi kry kans om kennis te maak



Terug by die woonstel word daar koffie gemaak met die kleintjie onder Naomie se arm.. :-) En hy word opgesoen

Dan drink ons koffie en Rascal leer sy nuwe mandjie ken. Hy is heel tuis.. en baie moeg

Naomie het vir hom sy eie kombersie gehekel. Willie het gewonder of dit nie te groot sal wees nie en Naomie was seker dat dit is nie. Die kombers maak hom heeltemal mooi toe... en dit lyk nie of dit hom pla nie. Snoesig kruip hy onder die kombers in en raak aan die slaap.


Mag die nuwe asjas in die huis vir julle groot vreugde bring en Naomie... soos jy gese het, baie seer heelmaak.


Met liefde