Ek het Vrydag die eerste keer kans gehad om Alessia alleen op te pas terwyl Hannes en Angela 'n konsert in die tuine van die Emirates Paleis gaan bywoon het. Ek dink as ons eerlik wil wees. was ek en hulle ewe bekommerd dat die lank wegwees van Mamma en Pappa vir haar te veel kan raak. Ek en sy is hier weg met Hannes se kar want my FROG het mos nie 'n babastoel nie. Alessia is nie so seker wat om te dink van die tannie wat agter die stuur inskuif nie... maar sy hou haar baie dapper. Ons luister na haar musiek en op 'n stadium hoor ek sy brom sing so saggies saam. Ons laai vir Sandra en Nelmari op vir kinderkerk en maak ons gebruiklike stop by ADNOC vir koffiekrag vir die aand wat voorle.. Sy haal vir haar die kleinste pers teddie van die rak af en is sommer heeltemal tuis. My hart is baie bly en ek wens Angela en Hannes in my gedagtes 'n wonderlike aand uit toe. By die "kerk" aangekom is sy katjie van die baan.
Hier hardloop sy saam met Liam rond wat nie vanaand die baba in die groep is nie.
Sy is pragtig en klein en vrolik en niemand kan haar weerstaan nie.
Sy sing Carry the light of the Lord
en I go to Jesus.
Sy sit heerlik op Toinette se skoot
Toe ons buite kom is dit donker en ons het ons hande vol maar klein meis kies die ooptes oor die driving range en speel en speel.
Oppad huis toe kan ek sien haar wieletjies is pap, en ek begin so effens kommer oor die lee huis met die dat mamma en pappa nie daar is nie. Die honde en Dee kom groet oordadig...Sy laat haar tannie vir haar 'n bad tap, eet 'n hele klomp van haar noedel sop en toe hou sy haarself wakker met die dvd's wat sy self kies..... soos sy ook by die kindergroep gedoen het. Klaar baie tuis met die tegnologie 
So halfpad deur Happy feet, besluit sy eerder Wall 'ee sien en so amper teen die einde kry Aristocats 'n beurt. Sy veg teen die vaak en is nog vol lewe en energie toe Hannes en Angela by die huis kom. Ons het mekaar so geniet... en o ja, ek is nou Mimi.... :-) Baie dankie Nelmari vir die lekker besig hou en agter haar aan hardloop en tannie Sandra vir die mooi fotos.









