Monday, February 18, 2008

Ester Konferensie

Wat ‘n naweek. Ons het geleer hoe Hadassa, ‘n beeldskone jong Joodse meisie, Ester, die koningin van Persië geword en die Joodse volk van gewisse ondergang gered het.

Saam met Hadassa, wat ‘n jaar lank skoonheidsbehandeling moes ondergaan todat sy soos Mirre en ander lekkerruikgoed geruik het, het ons ‘n geestelike reis onderneem van dinge neerlë wat ons saam met ons deur die lewe sleep. Die pyn en vernedering, verkeerde beskuite en sonde en sommer net die minagting van ons menswees lê soms baie diep weggesteek. Ons moes dit na die oppervlak bring, bely en neerlê. Want dis nie net dinge wat tussen ons en Vader staan nie, maar tussen ons en ander mense en ons onvergifnis bind ons. Baie trane ouens....

Dan die proses van gebied of terrein... wat mens dit ookal noem, teruggee aan Vader. Dinge soos ongeloof, tyd, kinders se opvoeding.. sulke moeilike goed... En elke keer as God terreine in ons lewens terugkry, het hulle op die horing geblaas.... hoendervleise!! En terwyl ons vrouens terreine van ons lewens aan God teruggee, het tien mans, Gideons, rondom ons gestaan met wit vlae met rooi kruise op en hulle hande uitgestrek en vir ons gebid. Dit is simbolies van die mans wat om die vroue staan wat hulle regmatige plek voor God inneem en hulle ondersteun met krag en gebed. Toe Elsa in Witbank was met die Ester konferensie, het ‘n dominee ‘n visie gehad dat die vroue God prys, omring met die mans wat bid en hulle beskerm en rondom almal was ‘n muur van vuur... God se beskerming.

Elsa vertel dat soos hulle Ester deur die land... dis nou Suid Afrika, aangebied het, het hulle die grond wat in die Oos Transvaal gebrand het, aan God teruggegee het. Toe hulle in die Weskaap kom, het hulle die kerk aan God teruggegee, omdat hulle die boodskap gekry het dat die liggaam van Christus op aarde, die ker, nie ‘n kop het nie. Christus se posisie as hoof van die kerk is teruggegee vir Vader. In Bloemfontein het hulle gevoel dat Nasionalisme in Suid Afrika tot baie pyn en bloedvergieting lei... ons weet nê ouens. Hulle het die 14 nasies in Suid Afrika weer aan God teruggegee.

Elsa vertel dat voor sy op die vliegtuig geklim het Ooskaap toe, het ‘n vrou vir haar ‘n plat ronde wit klippie gegee en gevra dat sy dit by Buffelsbaai in die see gaan gooi want hulle moet die harde hart van mense en hulle ongeloog aan God teruggee. Elsa en haar span het so gemaak en ook gehoor dat God vra datdie water van die land aan Hom teruggegee word. Voor hulle weg is uit die Ooskaap, het is die droogte gebreek en het dit begin reën. Toe die waters uiteindelik weer wegtrek en die strand by Buffelsbaai sifgbaar raak, het derduisende hart klippe op die strand uitgespoel. Ons Afrikaanse gemeente hier in die UAE het ook nou een van daardie hartklippe.

Die volgende proses was om te verstaan dat God ‘n plan het met elkeen van ons se lewens en dat ons in in die UAE is vir ‘n rede. God wil dat ander volke en nasies Hom in ons sal sien en leer ken. Ons is ver van ons land en ons mense hier en ons oorlewing is afhanklik van ons fokus op God, soos Abraham toe hy sy land moes verlaat om hom in die land wat die Here hom sou wys te gaan vestig. God belowe aan Abraham ‘n land vir sy nageslag en sodat God al die nasies van die wêreld deur Abraham kan seën. Wow!! Genisis 12:2-3
Die laaste stap in die proses was om uiteindelik gekroon te word as Ester, koningin. Ons belowe om God bo alles lief te hê. En elke vrou het ‘n kroon ontvang. Dis baie moeilik om te beskryf wat in ons binnestes gebeur het. Ons laaste middagete was ‘n kospakkie met ‘n lint om en binne in ‘n goue kroon en die versie uit Ester 4:14 wat sê dat miskien is dit vir ‘n tyd soo hierdie dat jy gekroon is as koningin. Ons het gekyk na ‘n ballet wat die troonsaal in die hemel voorstel en tyd gehad om met ons Koning God te praat oor ons toekoms saam met Hom.

No comments: