Wednesday, December 10, 2008
'n Kosbare Sondag
Sondag was soort van my eerste dag , want Saterdag was so mengsel van groet en kuier en gesels en simkaart soek,,, ek moet vir julle vertel dat ek eers na die tweede simkaart aangeskakel was by MTN.
Saterdagaand hoor ek, “Ma moet my vroeg kom haal, want die aanbiding word deur die kinders gelei “ en hoewel Riza Saterdagmiddag kerk toe is om die kleingoed te laat saam oefen, werk die oefening nie soos sy gehoop het nie. Ons is dus vroeg al by die kerk … maar kyk hoe mooi is die tuine en Riza lyk glad nie gestress nie… want sy het DJ se roos.
Die eerste diens is ‘n aangename verassing van die kostelikste klein Divas wat help met sang lei.
Een van die groepleiers stel sy groep voor as baie woelige 9-11 jaar seuns… en weet ons nie hoe woelig die klomp kan wees nie, maat… die manne doen ‘n “skit “oor die besoek aan Herodes. Hulle is lede van die koning se geheime diens, daarom die sonbrille. Die kinders bly maar ‘n kosbare deel van ons Vader se koninkryk. Riza preek tydens die aanddiens. Sy noem haar preek: “ The wrong side of Heaven..” Sy vertel van die dogterrtjie wat saam met haar pa stap terwyl dit skemer word. Dis ‘n pragtige aand en toe die sterre uitkom se sy vir haar pa “dis so mooi aan die verkeerde kant van die Hemel, dink net hoe mooi is die sterre van die hemel se kant af”.. Die boodskap gaan oor hoe osn maar te goed weet dat ons aan die verkeerde kant van die hemel is as ons deur die dinge van elke dag struggle, maar in Openbaring 21 lees ons hoe die Nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal en God Sy woning tussen ons kom maak… dat ons moet weet dat Hy ook binne in ons Sy woning maak. Die dinge waardeur ons gaan bring Hy met liefde oor ons om ons te louter sodat Sy glorie uiteindelik om en in ons is. Ons hoor uit 2 Korinthiers 6 dat ons nie vernietig word deur die dinge wat ons omslaan nie.
Ons sing saam met Riza en vra dat Vader ons harte sal heilig, dat die Glorie aan God behoort . Ons jubbel dat ons die Blye versekering het dat Hy met ons is… totdat ons aan die regte kant van die Hemel by Hom kan gaan bly. En die ma se hart swel van trots. Die ouens wat wonder, ek het die boodskap so geneit, date k nie eers gehuil het nie..:-) Dis so lekker om by die huis te wees en so groot voorreg om na my eie dogter se preek te luister. Nou sien ons uit na vier dae in die mooiste Kaap. Ek sal vertel.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


10 comments:
Wat 'n wonderlike, spesiale geleentheid om jou vakansie mee te begin. Jy't 'n pragtige kind Charmaine - sy's pragtig van binne en van buite!
Dankie Thea. Ek geniet en waardeer haar so baie. Dankie vir jou. Hoop jy het 'n wonderlike dag...liefde
Dit is te dierbaar ... mag julle geseend wees!
Riza se boodskap klink of dit baie mooi en inspiring was!
Jy mag maar trots wees op jou besonderse meisiekind! Sy kruip baie diep in mens se hart in - sommer binne die eerste 5 minute!
Geniet julle vakansie
x x
Hallo jy
Ek het gewonder hoe die diens toe af geloop en ja dit moes "wow" gewees het.
Drukkies vir Riza ook
Lovies
Heleen
Dankie vir al die tannies op die blog ;-) ek kuier net so lekker met my ma. groete liefde. Riza
Kan nie glo dat jy droe oe gesit het nie maat :-). Klink na 'n wonderlike boodskap Riza. Julle is baie geseend om so 'n wonderlike ma/dogter verhouding te kan he.
Ek het vir jou kom kuier. Geniet jy nog die vakansie?
Geseënde Kersseisoen vir jou en jou geliefdes Charmaine!!!
Ook vir jou Riza, ek is seker julle geniet julle kuier gate uit!!
Luv u lots like jelly tots!
x x
Hallo julle ouens. So jammer ek kom so min op die blog uit. so dankie vir die kuier en comments.
Dankie Paula,en seen ook vir jou
Riza se boodskap was goed Muriel. dankie vir jou mooi woorde en wense en dankie ook vir die weer inloer op die blog. Ek weet hier gaan niks aan nie, ek sal plan maak. Maar baie seen en liefde vir jou en joune ook... sommer elke dag tot en met Kersfees en altyd.
Maat, dis spesiaal om so lekker met my dogter te kuier. Ja, kan jy jy glo ek kan partykeer nie huil nie..:-)
Heleen, mis jou en hoop dit gaan goerd met julle ouens? Drukkie vir jou ook .
Jy moet die tydjie in die mooiste Kaap geniet. Mooi bly.
Post a Comment