Wednesday, February 4, 2009

Een maand oud

Hier is die nuutste en jongste klein seunskind in die familie, James... en hy is een maand oud. Is dit nie die mooiste paar blou ogies nie...:-) Dankie tannie/ouma Rina, vir die pragtige foto.Ek raak sommer filosofies as ek na sulke klein perfekte wesentjies kyk. Watter ongelooflike verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle die pad suiwer loop. Na die kindergroep week en die besoek van Tanya en Werner ... klik hier...besef ek net weer watter invloed ons op hierdie wonderwerkies uit God se hand het en bid ek vanoggend vir almal wat ouers, grootouers, onderwysers, groepleiers en op watter manier ookal by kinders betrokke is, dat die merkies wat ons op hulle sal maak, positief en opbouend sal wees.

16 comments:

Anonymous said...

HI mam, hy's perfek en so dierbaar. Lief vir mam

Dorette said...

Hy is te skattig! En kyk net die bos hare! Jy praat baie waar - dis 'n baie groot verantwoordelikheid om ons kinders vir die Koninkryk groot te maak. Kan skaars glo ons Pa vertrou my met so groot en belangrike werk!

Thea said...

Dis 'n pragtige ou dingetjie!! Ek kan ook maar net beaam dat ons as ouers 'n groot verantwoordelikheid teenoor ons kinders het om hulle reg groot te maak! Selfs al is hulle al groot, moet mens steeds 'n naby verhouding met jou kinders hê sodat hulle die vrymoedigheid kan hê om met jou oor ENIGE iets te kan praat.

Nimsi se Blog said...

Hello Charmaine,
ag hy is te pragtig, mag God se seen en oorvloed op hom rus sy lewe lank!
So bly dat jy en Sandra veilig uit die ongeluk gekom het. My internet bietjie probleme gegee die week dus het ek agter geraak.
n Mooi naweek vir julle.
Nimsi

Charmaine said...

Hallo my meis, ja hy is en jy moet sommer names ons baie gaan kuier... en hulle nooi om by jou te kom kuier. Oefen solank :-)Lief vir jou


Dorette, ek kan sien in jou inskrywings dat jy baie bewus is van jou verantwoordelikheid teenoor Franco. Dis waar ons Pa vertrou ons met baie.

Dis so waar Thea. En hoe ouer hulle word hoe meer intens bid mens vir hulle. Ons verhoudings is ongelooflik belangrik.

Dankie vir die mooi seen Nimsi. Ek staan ook verstom oor hoe Pa my en Sandra tydens die ongeluk en daarna beskerm en gedra het. Sy engele is oral. Ons sal nog vertel Ek was ook maar erg stil die laaste tyd. Hoop dit sal effens rustiger begin gaan.

Sandra said...

Hy's pragtig maat en ek kan net dink hoe julle dit geniet het om hom vas te hou.

Muriel said...

Ag te cute!!!

Ek bid saam met jou vir al die mense wat by kinders betrokke is!

Lekker week!
Liefde soos altyd ;)
x x

Anonymous said...

Baie pragtig en soos jy se die mooiste blouste oogies!!
Jip ons as ouers het 'n groot verantw. met hierdie klien mensies wat hulle is die heersers man more, en hul moet kan vas staan in hierdie wereld van ons.
En ons bid dat die Vader hierdie klien mens sommer van vroegs af na Jesus sal trek, en hom voorspoedig sal maak in al sy en sy ouers se wee.

lekker week

Charmaine said...

Hi Muriel en dankie. Ek het so passie vir kinders. Baie liefde vir jou ook en ek hoop jou week is uitstekend!!

Dankie Mariette, dis 'n kosbare en kragtige gebed. Ek se amen op die seenwense. Ek bid dit ook vir julle kostelike kleinman.

Liefde vir julle

Desire Fourie said...

James is 'n pragtige baba. Dog hierdie aanhaling is gepas met jou skrywe hier:
'Ouers is die bene waarop kinders hul tande slyp'-Peter Ustinov (1921-2004), Britse Akteur
Mooi bly

Jan and Miekie said...

Net 'n maand oud en hy kyk al so 'n kyk met sy mooi kykers! Baie seen aan die ouers met die grootmaak van hierdie kosbare geskenk.

Charmaine said...

Sjoe Desire, dis erg om so daaraan te dink... Mag Vader ons ouers net met wysheid vul. Mooi bly jy ook.

Hi Jan en Miekie, ja nee jong, die klein man gaan 'n hartebreker wees. Ek sal jule seen aan die ouers oordra, dankie vir julle

Anonymous said...

Hy is te dierbaar .. met die mooiste paar oë!

Charmaine said...

Hy is ne Paula... en hulle word so gou groot. Dankie vir jou inloer

Nimsi se Blog said...

Hello Charmaine,
Kom net gou loer of alles nog wel is met jou? By my blog heers daar net so n groot droogte.
Mooi bly
Nimsi

Charmaine said...

Hallo Nims,
Dankie vir jou inloer op my dooie blog. Ek is besig met 'n nuwe blog..:-) Maar jinne die tyd!!!