By die kamp aangekom is die twee uit hulle velle en hardloop uitgelate oor die gras. In die park hier in die stad bly hulle om my voete en is maar skrikkerig vit die geraas en die verkeer. Hier moes ek net keer, want hulle verken sommer die hele terrein... en ek is half nie lus om so rond te hol nie. Dit was nogtans so lekker om die twee so te sien.
Ek sien ook hulle het nie juis 'n saak met wie in die bed slaap nie. Daar was vier beddens in die kamer en hulle het hulle net tuis gemaak... en snags by almal gaan inkruip...tot my ontsteltenis :-0 bedags ook by enige een wat so gelukkig was om 'n middagslapie te vang.... nie ons nie... :-) Ek wens!!
Die kinders het hulle net so geniet en behoorlik tou gestaan om hulle vas te hou.
Dit was heerlik om hulle op die kamp te he. Dankie vir almal wat gehelp het en maar toegelaat het dat die twee hansgoed sommer so by hulle in die bed inkruip. Vicky wat nie net tee aangedra het soggens vroeg nie, maar ook die twee uitgeneem het vir vroegoggend piepies op die gras. Jy is 'n blink sterretjie Vicky. Ons waardeer jou so baie. Dankie maat vir die fotos dat jy altyd instaanmamma is. Lief julle almal.


13 comments:
(((Charmaine)))
Ons het my skoonsus hulle se Yorkie hier by ons van Saterdag af en wat n vreugde! n Mens besef nie altyd hoe salwend so n ou dingetjie kan wees nie. Wens net hy was so soet soos jou tweetjies in die motor.
Ag pos hulle vir my volgende keer, ons mis dit om n ou troetel dingetjie te he, te ongemaklik in die woonstel.
Geniet jou Paasnaweek. Hoe word dit by julle gevier?
Nimsi
Hi (((Nims))) :-) Dis waar, die tweetjies hou my goed besig en aan die gang... altyd bly om my te sien en altyd naby my. Hulle glo hulle werk is om te sorg ek is nie ledig nie. Ons Paasnaweek beloof om wonderlik te wees. Ons het Vrydag 'n diens wat gelei word deur Ds Elza Meyer en worship deur Wanda de Kock en Louis Britz. Saterdag het ons Vrouekonferensie... Ken jou Naam. Dis 'n opvolg op die Ester konferensie van verlede jaar wat so geseend en lewens veranderend was. Ek sien baie uit en ons sal alles kom vertel op die blog.
Ester... vandat ek die verhaal van Ester kon verstaan wou ek nog altyd graag soos sy wees... Ek sou regtig kon doen met haar wysheid! As jy enigsins kan probeer die dvd oor haar kyk - One night with the king.
Dink aan my wanneer julle al die "blessings" die naweek ontvang.
Nimsi
Ag hete Didi en Taffee is twee regte hartestelers. 'n Mens kan nie help om vir hulle lief te wees nie, en ek het hulle nog nie eers in die regte lewe vasgehou nie. Jy kan voorwaar trots wees op hulle voortreflike kampgedrag. Mooi bly.
Nou ja ek hoef seker nie te sê dat Didi en Taffee al lankal in my hart gespring het nie. En kan jy dink sonder 'n lek of poot skud???
Diere... altyd vol liefde, mens se beste maats, hulle eis nooit niks, behalwe kos en liefde...
Maak mens nie seer nie ...
O waar gaan my kop nou weer heen? whahaha
Geseënde Paasfees vir jou Charmaine ook vir Riza en al jou geliefdes. Mag ons weer met vreugde onthou dat Jesus vir ons die grootste geskenk gegee het.....
sy lewe
Liefde
M
x x x
Mens kan sommer op die foto's sien die tweetjies was heel uit hulle velle Charmaine!!
Van Ester gepraat... ons het so 'n paar jaar terug 'n opvoering gehad oor Ester by ons kerk. Ons het om die waarheid te sê elke 2de jaar 'n opvoering en dis vir ek en Flip wonderlik om altyd deel te wees daarvan! Dit klink sommer vir my of julle 'n wonderlike, geseënde Paasnaweek gaan hê!! Geniet elke oomblik daarvan!
Daai brakkies het regtig die kamp vreeslik geniet, ek weet wie is die eerste inskrywings vir volgende jaar :-).
Sien saam uit na die konferensie hierdie naweek!
hoe oulik lyk die twee op jou skoot.Mens kan sien hulle het die aandag en die uitkoms geniet,net soos kindertjies.....
lekker week
-x-x-
Nimsi, jy moet probeer om 'n Ester konferensie te gaan bywoon. As jy wil kan ons vir jou datums kry. Jy is Ester, ons almal is... en ons kan almal ons Koning se kroon dra. Baie seen ook vir julle vir die Pase
Desire hulle kruip behoorlik onder mens se vel in. Ek dink as daar iemand op die kamp in die kamer was wat nie van honde in die huis of bed hou nie, dan het die twee hulle rehabiliteer :-) Mooi Paasnaweek vir jou ook.
Muriel, ja ek kan sien waar jou gedagtes heen hardloop.. :-) maar jy is baie reg, diere is groot deel van Pa se wys van Sy groot liefde vir ons. En hulle is 'n voorbeeld van onselfsugtig gee en gee.. liefde xx
Thea, julle is bevoorreg om deel te wees van Ester opvoering. Ek sou dit bittergraag wou sien.. Ons verwag groot seen met die Paasdienste die naweek en hoop julle sal net so 'n wonderlike tyd by die huis he. Dis so spesiale tyd van ons Christen kalender.
Ja maat, hulle het dit vreeslik geniet.. :-) Ek hou sommer vir hulle hulle eie kamp. Dis nog lank na volgende jaar toe
So waar Mariette. Hulle is nes kindertjies. Dis eintlik so groot vreugde om hulle te he. Woonstel of te nie. liefde vir julle ook xx
Dit lyk of die tweetjies lekker gekamp het! Julle Paasprogram klink baie vol en baie lekker - julle moet dit geniet!
(((((Charmaine)))))
Hulle is regte hondjies wat die buite wees so geniet. Ek hoop julle het ook 'n wonderlike Paastyd Dorette. Dankie vir die inloer.
Muriel, drukkie vir jou ook. Geniet die res van die naweek
Hoop julle het 'n wonderlike Paasnaweek gehad. Mal oor jou klein hondjiekinders. 'n Mens kan sien hulle kry baie liefde!
Post a Comment