Thursday, June 11, 2009

Naomi se Rascal

Die tyd het toe uiteindelik aangebreek om die nuwe kleinding by Priscilla in Meyerton te gaan haal en ek en Riza pak die lang pad so voel voel aan/ Ek het maklik 15 jaar terug daardie pad gery. Maar ons kom daar uit en Riza en die klein dingetjie bond sommer dadelik. Hy het haar omtrent opgelek en sy oorweeg dit baie sterk om Naomie te laat weet dat ons toe nie die hondjie gekry het nie. Gelukkig... of ongelukkig, moes ons alreeds toestemming vra om Elriza se ander vier hier aan te hou. Sy oorhandig hom aan Naomie wat ons in Krugersdorp by die Mac Donalds ontmoet en hy en sy nuwe ounooi kry kans om kennis te maak



Terug by die woonstel word daar koffie gemaak met die kleintjie onder Naomie se arm.. :-) En hy word opgesoen

Dan drink ons koffie en Rascal leer sy nuwe mandjie ken. Hy is heel tuis.. en baie moeg

Naomie het vir hom sy eie kombersie gehekel. Willie het gewonder of dit nie te groot sal wees nie en Naomie was seker dat dit is nie. Die kombers maak hom heeltemal mooi toe... en dit lyk nie of dit hom pla nie. Snoesig kruip hy onder die kombers in en raak aan die slaap.


Mag die nuwe asjas in die huis vir julle groot vreugde bring en Naomie... soos jy gese het, baie seer heelmaak.


Met liefde

15 comments:

Thereza said...

Ag vriendin, eks jaloers... hy is pragtig!

Aan die skenkers van hierdie ou dingetjie...dit is waarlik n voorreg om hierdie vrou te ken! en ek glo nie julle sal ooit besef wat n groot geskenk hierdie vir haar is nie.

Geniet hom vriendin, ek het volgende week n streeksvergadering in Krugersdorp, dan kom ek self kyk.

Jenny said...

Sjoe maar hy is bitter klein jong. Julle moet maar mooi trap! Sit vir hom n klokkie om sy nek. Ek hou van die kombers!

Sandra said...

Hy's pragtig en ek sien groot bederf kom! Julle moet hom verskriklik baie geniet en onthou hy het voetjies so hy sal kan loop :-)!!! Hou ons op hoogte van sy grootword Naomi!

Oom Petrus said...

Hallo Charmaine,
Naomi het my gevra om langs hierdie weg weer vir julle baie dankie te sê vir die groot geskenk.
Ek kan jou eerlik sê dat hulle baie mooi sal kyk na die kleintjie en baie lief wees vir hom. So op die fotos lyk hy pragtig.
Groete

Marius said...

hello daar
Die dingetjie is te pragtig... Baie dankie vir die groot geskenk. Ek weet my ma gaan hom die afgrond in bederf

mariki said...

Ag, mensdom -- hoe kan hierdie afêrretjie NIE doodgesoen word nie....! Geniet hom, Nims!!

Nimsi se Blog said...

charmaine
Dit gaan baie goed met hom, hy pas baie mooi aan. Hy het dinsdagaand "vermis" geraak - en na n groot gesoek het ons hom in Willie se werkskoen ontdek!
Geniet die laaste paar dae van jou vakansie in Suid-Afrika, en n veilige vlug terug vir jou en Elriza.

Liefde
Naomi

Cecile said...

Ag my moeder die wie sal nou nie so gesiggie wil opsoen nie.

Charmaine said...

Hallo almal wat nog nooit op die blog gekuier het nie...:-) Lekker om julle te ontmoet. Dit is 'n heerlike voorreg vir my en Sandra om die ou dingetjie te kon skenk en ek weet soos ek weet hy het die beste huis wat hy maar kan wens om te he. Julle moet hom vreeslik geniet en ja, ek stem saam met Sandra... asseblief laat ons updates en fotos kry.

Thea said...

Rascal is 'n pragtige ou hondjie en ek weet sommer hy gaan lekker bederf word!

Jan and Miekie said...

Ek het nog nooit 'n klein hondjie gehad nie - net grotes- maar so 'n klein liefie lyk te skattig en ek dink ek en Jan moet ook so 'n kleintjie kry. Geniet hom! Is hulle op en wakker in die huis? Blaf hulle baie?

Muriel said...

O aarde ek huil my sommer in 'n trans in!! Dis so dierbaar en pragtig van julle!! Sandra en Charmaine dis hoekom ek so bly is om julle vriendin te wees. Julle is so special. Van my af ook baie dankie vir Nimsi se geskenk!!!

Geniet jou nuwe baba (((Nims)))

Charmaine said...

Hi Thea, hy is pragtig jong. Selfs die teler se so. :-) \Miekie as dit nie vir die waker blaf van Tavid, Elriza se klein Chihauhau was nie, sou sy nie wakker geword het om betyds die kamer uit te kom toe die inbreker haar venster gebreek het nie. Maar nee, hulle blaf nie aanmekaar nie. :-)
Muriel, jy is baie special... :) Dis goed om jou as vriendin te he... (((( drukkie))) vir jou
Liefde

Desire Fourie said...

Ag hete, Rascal is te pragtig ... 'n mens wil hom sommer heel opvreet. Hy gaan 'n groot hartesteler/heler wees. Mooi bly.

Charmaine said...

Hy is pragtig ne Desire. Ek hoop ons gaan sommer gou weer updates van die mense mamma ontvang. Ek glo hy is steeds aan harte steel en heel.. :-)