Friday, November 20, 2009

Kuier saam met Alessia

Die lekker van die werk vir die kerk in Dubai is dat mens so bietjie saam met die familie kan kuier en natuurlik baie pret met Alessis he wat regtig so vinnig groot word. Sy vertel nou vir my... "you are big, and I am small" "See your dress.... see my pretty dress"... Ek weet nie of dit beteken my rok is nie mooi nie.

Sy is vol dingetjies en die hele tyd aan die gang... julle kan sien die gesiggie spreek boekdele

Sy het te veel miere. Hulle laat haar glad nie toe om te sit nie. :-) soos julle kan sien.. en sy voer vir my ook van haar broodjie en sy wys sy het brood in haar mond en ek moet ook wys...


En dan die groot vreugde en afwagting van 'n geskenk van oom Sean kry. die rede is om haar besig te hou sodat ons kan eet, maar julle weet dit werk nie heeltemal so nie want grootmense is net so opgewonde en nuuskierig oor persente

Sy is heeltemal genee dat Angela help om die drade los te woel. Sy weet vroeg al wat sy kan en wat nie...slim kind :))


Ek was defnitief baie opgewonde oor die feetjie. Julle weet mos dis een van my favorite dinge

Oom Sean sukkel om die feetjie op die perd te laat ry. En die ander feetjies staan nuuskierig nader om die doenigheid te aanskou. Dink julle nie ons koop vir kinders geskenke wat ons self graag mee wil speel nie? Soos ons gaan kinderflieks kyk saam met die kinders omdat ons graag wil? Heeltemal weggevoer na feeland is die gesiggie nou die ene ernstige konsentrasie


Staan feetjies. Wys vir almal julle mooi blink rokkies. En die feetjies gesels terug. is, so lyk dit vir my ...Wonder wat hulle van Alessia dink? :-)


Toe kom sing die mense vir ons Shosoloza . Kyk hoe speel die Fillipyne die Afrika drom en sing hartlik saam, en hulle is goed daarmee hoor. In die middel van Dubai. Moet darem vir julle se die restaurant is Meat en Co. Dis baie lekker om vir 'n paar uur te voel mens is by die huis.

Alessia is soos 'n Renoster, sy glo as daar vuur is moet dit dood. Teen die tyd het sy al die kerse op die tafel doodgeblaas so die een kon nie vryspring nie. Maar sy wil nie saam met my roomys eet nie. Sy wil haar eie in 'n cone he. Roomys is "ifeeem."

Op die ou end eet sy haar eie roomys uit 'n eie klein bakkie en die Unicorn kry ook.

Teen die einde van die aand is aspatat lekker vakies, maar ons twee pose vir oulaas op die skoenepoets troon. Die volgende dag het ons elkeen 'n beurt gehad om haar in haar kar rond te stoot. Ek het eendag gestaan en kyk hoe 'n kleintjie die stuurwiel draai en sien die kar ry nie waar hy wil gaan nie en toe klim hy sommer so in die ma se loop uit. Kleingoed is so vol pret.

Sy het nogal nie baie daarvan gehou om op my skouers te ry nie. Sien die benoude handjie. Mom....Pappa.... iemand, help bietjie!! Maar sy was erg in haar skik met die vlinder oor die gesiggie en nie te lank gelede nie het sy oom Sean se gesig ook probeer verf hoor ek.

Ons kinders is kosbaar. Ons moet hulle geniet en lief he sodat hule sal leer en weet en ervaar dat hulle Skepper hulle ook lief het en dat hulle vir hom spesiaal en uniek en enig is.

Sommer net gedink om te wys hoe groot ons klein Alessia geword het.

5 comments:

Thea said...

Jinne Charmaine, sy's die mooiste ou dogtertjie! Die ou kleintjies is te dierbaar en mens wil hulle sommer opeet! Ek weet nie van jou nie, maar ek is goed uitgeput na 'n speelsessie saam met hulle, maar dis 'n lekker moeg!

mariki said...

Die feetjies kan NET dink sy is dierbaar!!

Lyk vir my daardie juffertjie mis niks...

En ja, ons vergeet so dikwels ons kleinkindjieskap by ons Vader.

Dankie, Charmaine.

Nimsi se Blog said...

Sy is pragtig Charmaine, en binnekort gaan sy nie meer klein Alessia wees nie.

Charmaine said...

Hi Thea,
Ag ek is so bly jy dink ook sy is pragtig :-0 Ja, ek weet ons is meer reg vir oula wees as jong mamma met sulke kleingoed. Hulle is dierbaar en kosbaar en oulik, maar uitputtend.

Mariki, jy is soooo reg. Sy mis niks en jy moet haar hoor gesels. Mens kan haar opvreet. Sy is dierbaar en ek is seker die feetjies dink ook so. As ons maar net besef hoe groot rol ons verhouding met ons kinders speel in hulle verhouding met ons Grootpa.

Nims, mens wil net die tyd vashou dat sy nie so vinnig moet grootword nie. Hoe gaan dit met jou vriendin?

Skuus blogmaatjies dat ek so vreeslik treurig is met die blogs... ek kan nie eers begin verduidelik van die gesukkel met die internet nie...onder andere...

Desire Fourie said...

Ag maar Alessis is te oulik vir woorde, 'n mens kan haar opvreet. Ek wens dan ook vir jou en jou geliefdes 'n geseende feesgety toe.
Mooi bly.
Desire