Die blog voel soos ek met die laventel en die ou kaste en kruike. Almal wat op my blog kom kuier: ek nooi julle plegtig vir 'n koppie tee op my blogplaasstoep. Mag ons baie goeie en kosbare memoirs met mekaar deel wat oor die jare brandhout sal wees waarby ons onsself kan warm maak in tye wanneer ons dit die nodigste het.
Baie dankie nogmaals Sandra en Thea. Die bos blomme vir julle


10 comments:
Dit is 'n groot plesier Charmaine en dankie vir die mooi bos blomme!
Ek's bly as die geur van laventel jou terug gelok het na jou blog toe. :-)
Ja Thea die laventel het my verseker teruggelok na my blog toe.:-)) So baie dankie.
Groot plesier maat! Bly ek kon so 'n verrassing vir jou reel met Thea wat al die harde werk gedoen het. Dankie Thea!!
Dit is pragtig julle almal.!
Lekker om sulke maats te he.
Sien uit na die nuwe kuiers hier.
Groetetjies
Mariette
Dankie maat. Jy is baie spesiaal. :-) Dit was inderdaad 'n lekker verrasing
Sien baie uit om saam met jou hier op die nuwe blog te kuier Mariette.
Dit lyk alte mooi hier by jou Charmaine! Sandra en Thea het hulle inderdaad goed van hul taak gekwyt!
Dankie Nims. Ek is regtig soooo in my skik
Ooeee, dis so mooi. So 'n lekker nuwejaarsmooi!
(Dink ook al 'n rukkie aan 'n nuwe verskyning daar by my kraaltjie, maar vir 'n oningeligte ene soos ekke is dit 'n amper onoorkomelike berg. En is tans baie besig boonop. Maar eendag....)
Sien, ek kuier al klaar lekker op jou nuwe mooi blogstoep.
Dankie Mariki en dis die idee, dat ons lekker sal saamkuier op die blogstoep. Ek kan nie eers vir jou se hoe om die verandering te maak nie want ek het nie die vaagste idee nie.:-) Nuwejaarsmooi :-)) ek hou daarvan!!
Post a Comment