Hierdie versiering wat soos 'n mooi borsspeld lyk, is teen die toonbank waardie kassier is.
Die houttafels, wat nie almal dieselfde lyk en dieselfde groote is nie, maak dat mens 'n "gunsteling" tafel kan he en skep 'n gevoel van indivdualiteit.... uniekheid
.
Teen die een muur is hierdie ou wereldse glastoonbankkas waar mens handgemaakte sjokolade, nougat en die mooiste nageregte en koek vir 'n hi-tea kan uitkies



Selfs die sjokolade is keurig in die mooiste blommetjies papiertjies toegewoel en saam met die handgeverfte hout boksie lyk dit soos 'n gedig.

Alles saam 'n spesiale plek van rus en kunstige detail waar mens tot stilstand kom en die fyn draadjie wat terugloop tot in die verre lank gelede weer kan optel en deel voel van 'n sprokie.
Mag elkeen van julle iewers in die week wat kom 'n tydjie beleef van spesiaal en uniek voel waar die sekondes kleurvol en gedetaileerd jou in 'n gediggie toespin .
Mag elkeen van julle iewers in die week wat kom 'n tydjie beleef van spesiaal en uniek voel waar die sekondes kleurvol en gedetaileerd jou in 'n gediggie toespin .
Liefde


6 comments:
Maat jy se nie hoe die sjokolade gesmaak het nie? :-) En die nougat :-) En dat die kos net so lekker was nie.
Ek kan sien dat ons beslis weer daar 'n draai gaan maak na 'n vergadering.
Beslis my tipe van kuierplekkie hierdie. Sal dae lank daar kan spandeer. Ek is seker maar n "old soul".
Lekker week vir julle.
Sluit as nog 'n "old soul" by Nimsi aan. Dit lyk sooo verkwiklik. Net wat ek vanaand nodig het.
Hi maat ja, die sjokolkade en nougat is heeltemal te lekker vir iemand wat gedurig kla oor haar gewig, maar die plek lok my terug. Dis verseker
Nims as mens dit old soul noem is ek verseker en 100% ook een. Lekker week vir jou ook.
Hi Mariki, ek hoop die inloer op die blog het so bietjie verkwiklik ingewerk op wat jy nodig het :-)
O wow, maar dit is 'n romantiese plekkie, perfek om 'n spesiale tydjie saam met 'n geliefde deur te bring.
Mooi bly
Desire
Dis heerlik romanties Desire. Ek dink beslis dit sal goed afgaan met 'n geliefde.
Mooi bly jy en dankie vir die inloer
Post a Comment