Thursday, July 8, 2010

Sagmoedig en geduldig

Ek moet hierdie met julle deel. Die groep waarmee ek by die Afrikaanse kerk werk het geleer van hulle nuwe identiteit in Christus en die belangrike vrugte van die Gees wat die bewys is van ons nuwe identiteit. Dit is verseker vir my elke dag 'n stryd om sagmoedig, geduldig, vriendelik en vol liefde en vrede te wees... Groot was die verassing toe die kinders elkeen 'n vrug van die Gees moes kies waarmee hulle sukkel en hulle kies amper deur die bank GEDULD..???

Jared het 'n kleinier sussie en voel hy moet sagmoediger wees... dierbare ding. :-)

Hubrie, Sybrandt, Jaco en Danielle se almal "meer geduld asseblief".

Ek was nuuskierig om te hoor wat presies die kinders se geduld beproef... luister hierna:

om te wag dat 'n website oopmaak wanneer die internet stadig is....
om te wag vir 'n fastfood bestelling as daar baie mense is....
om te wag vir 'n vertoning om te begin...
om groot te wees, hulle eie besluite te kan neem.
Dit het my aan klein Zibi ons asblik katjie laat dink. Toe sy 'n paar weke terug so bedees op Riza se knie gesit het, het sy gewens sy kan saam met die honde rondhardloop en self op die tafel kom en nou is sy daar...

Kyk hoe groot het sy geword en moenie vir een oomblik mislei word deur hierdie onskuldige ogies en rustige pose nie. Die klein kat is BESIG en die honde het dit hot agter en ons is vol krappies en niks is meer veilig nie. Sy speel met oorgawe met alles... nou kan ek nie wag dat sy nog groter word en meer slaap nie :-)))

Ek het vroeer die jaar in Dubai gewerk en by die akademie gebly toe ek en die duif saam aandete geeet het by een van die malls. Hy het ewe braaf reg langs my op die stoelleuning gesit en wag vir 'n krummel om van die tafel af te val... nie baie geduldig nie hoor.

Ek het nou geleer dat:

Die lewe al vinniger word en daarmee saam raak ons en die diere meer ongeduldig en minder sagmoedig en vriendelik. Nie te lank terug nie was internet spoed van 512 kbps VREESLIK vinnig.... nou voorsien ons internet in die land teen 30mbps.... in plaas van 14 uur te wag vir 'n fliek om op die rekenaar af te laai, kan mens nou 'n fliek kies en 4 minute later daarna kyk... 'n burger het vroeer 10 minute geneem om gemaak te word, nou kry ons dit binne 2 minute.. selfs noedels kook net 2 minute en rys is klaar half gaar. Sommige soorte is klaar gaar, dit moet net warm gemaak word en in die mikrogolf neem dit ook net sowat 3 minute.

Net een ding tickle my nog pink....as alles so vinnig gaaan, waarom het ons al minder tyd vir onsself en vir mekaar.. ??

En 'n ander ding wat my tickle maar ook my hart warm maak is dat ons kinders reeds vra: Vader leer ons geduld en gee ons 'n sagmoedige gees...

Lief julle almal

10 comments:

mariki said...

En weet jy, AL wat ons (ek sê ons, want ook hierdie kant is geduld 'n kwessie!)...wel, AL wat ons gaan regruk, is om daaraan te werk, né.

(En nie te bid nie soos die ou wat gevra het: "Liewenheer, maak my tog geduldig. NOU!!!")


"... nou kan ek nie wag dat sy nog groter word en meer slaap nie :-)))" Hmmm....wees mar net geduldig, Charmaine!

Jan and Miekie said...

Amen! Ek sukkel ook maar met die geduld ding! Ek hou die urn (dis darem veronderstel om 'n termos te wees ook) heeldag aan want ek is te ongeduldig om te wag vir die ketel.
Ek wonder ook wat het geword van al die tyd wat ons spaar met kitskoffie, two minute noodles, mikrogolwe ens. Hoe het ons ma's alles gedoen gekry sonder outomatiese wasmasjiene en elektriese klitsers? Ons het seker nou ekstra tyd om te mors... of om beter dinge te doen, maar dit gaan meer self-dissipline verg!
Ek is besig om die studeerkamer op te ruim en daar is 'n stapel ou selfoonlaaiers, modems, stiffies en sulke diverse goed wat wag om by Picknpay gedump te word... dit voel baie verkeerd om ontslae te raak van die nog-werkende goed, maar wie op dees aarde wil een van daardie tjiieeeeng- tjieeeeng modems hê? Wie het nog genoeg GEDULD vir daardie antieke goed?

Nimsi se Blog said...

O ja ek stem vir geduld! Charmaine, jy moet die ongeduld beleef in die oggendverkeer hier in Pretoria... nee kyk, wag doen ek ook nie goed nie hoor.

Nimsi se Blog said...

Dankie vir jou kantlyn inskrywings.

Sandra said...

En so het ons geduldig gewag vir 'n nuwe blog inskrywing ook maat .... :-).

Mens het meer as die normale hoeveelheid geduld in hierdie dorp nodig.

Charmaine said...

Mariki,
dis waar ons moet daaraan werk, maar waar almal om ons so ongedudlig is? Dis 'n masiewe uitdaging...maar ons kan, met ons Pa se genade. Ek sal die klein kat geniet terwyl sy so speel:-)

Miekie weet jy as ek terug dink aan die plaas waar alles met die hand gedoen is, tot die wasgoed was, en hoe daar tyd was vir seep kook en ham pekel vir die winter, botter karring en brood bak, knofyt kook en groente en vrugte inle vir die wingtermaande en daar was tyd vir kuier en gesels en klere maak en meelsakke jik om vadoeke te maak en en en... dan wonder ek of dit nie juis die tegnologie is wat die tyd so opvreet nie? TV, Internet...en stuff??

Nims ek weet, ons het dit almal nodig en o ja, ek dink ek kan by my vorige lysie van tydopvreters bylas die tyd wat ons in die verkeer spandeer en die eise wat dit aan ons stel. Jinne ek wil plaas toe gaan....

Ek werk aan 'n nuwe kantlyninskrywing Nims. So bly jy lees dit :-)

Maat dankie vir die geduldige wag vir die nuwe blog.. jy stel so goeie voorbeeld met die gereelde inskrywings. :-) En ja, ek soek 'n plek waar mens geduld kan koop in die dorp van ons. Waar?? Hoe??

Desire Fourie said...

Hello Charmaine. Dankie vir die besorgdheid, maar ek is piekfyn. Net aan die gang met die lewe ... soos jy tereg hier bevestig dat die lewenspas al hoe vinniger raak en somtyds maar net somtyds raak 'n mens agter. Ek en manlief was baie uitstedig met al ons fisiese aktiwiteit en het gister van die Oos-Kaap teruggekeur waar ons weer die Knysna Bosmaraton gedoen het en ook vir familie en vriende in die Oos-Kaap gekuier het. Ons is mos ou Oos-Kapenaars. Dan is ek ook dol besig met al die Scrapbook konferensies wat ek oral in die land aanbied. Ek vlieg reeds alweer more-oggend Durban toe vir 'n scrapbooking naweek in die Natalse Middelande en dan bied ek weer 'n konferensie in September in Welkom aan en dan weer in Oktober in Durban. So my blog bly 'n bietjie agter met al die doenighede.

Zibi is te oulik en ek kan net dink hoe die hondekinders deurloop onder haar en seker ook maar tonne geduld aan die dag moet le.

Julle moet mooi bly.

Desire

Charmaine said...

Hi Desire, Bly jy is net besig:-) Dit klink lekker positief en ek is sooo lus om eendag een van die scrapacanzas by te woon. Ek sal nog. Geniet en sterkte.

Desire Fourie said...

Hi Charmaine. Ek wou net baie dankie se vir jou comments op my blog en die mooi dinge wat jy altyd in hulle se. Hoop dit gaan goed met julle.
Mooi bly.
Desire

Thea said...

Hi Charmaine! Hier is darem nou al baie lank stilte op hierdie blog! Die klein kat is seker nou al yslik groot! En ek sal graag wil weet hoe jy die vakansie beleef het en van jou foto's wil sien (al het Sandra daaroor geskryf). Wil jy nie maar vir ons 'n ou inskrywinkie maak nie? :-)