Showing posts with label Droomland. Show all posts
Showing posts with label Droomland. Show all posts
Monday, November 24, 2008
Droomland
Die boodskappe het alles die laaste ruk gegaan oor rus en tot stilstand kom en vrede in mensself he. Sandra het geblog oor die trip dreamland toe met die kinders klik hier. Sy het ook vertel van die baie ure wat ons op die pad in die verkeer spandeer het soontoe. Ek kyk my fotos so en daar is niks mense op nie... se dit vir julle iets? Ek vind altyd vrede en rus in die natuur, en in die dieretuin. Kyk net wat het hulle hier by dreaamland.. dierbare ponies/ perdjies
En die kostelikste opvreetbare twee weke oue baba apie waarmee al die ander apies in die hok wil speel en wat net ogies vir haar mamma het. Ek kon maklik die heeldag by die hok sit en die dingetjie dophou.
Kyk hoe probeer sy grootaap wees en eet wat haar ma eet. Die drade was erg in die pad en op die beste van dae is ek nie so goed met die fotonemery nie
Maar sy is besig hoor... mens kon amper die mamma hoor sug
En ek weet mens moet jou verbeelding gebruik, maar glo my as ek vertel, sy sit hier op haar ma se stert... is dit nie cute nie
Mens moes die voels kon teken. Dis 'n komposisie van vorm en kleur.. so jammer oor die draad voor die lens.
En die troupant... vry. Geen hok wat hom ninne hou nie. Is dit nie mooi nie?
'n Plek onder die bome waar mens ver oor die see kan kyk en mooi dinge dink en diep dinge voel en drome waar wens. Die vrede kom koelblou in mens se woelige binneste le.
Mooiste stil blou see tussen sandpienk duine. Hoe mooi is die werk van U hande Heer
Loomlui middagete onder die bome. Nou is niemand meer laf nie. Ek sal nou niks verder se van die drie ure wat ons toe weer in die verkeer terug na Adu Dbahi spandeer het nie. Ek weet net dat daar altyd iewers 'n rusplek lang die pad is.
Subscribe to:
Posts (Atom)

