Wie het nou al ooit gehoor van 'n wit grot vol goud. Ek kan nie besluit of dit ys of marmer wil wees nie. Gedagtes van se nou maar dit was regte goud en alles myne... wat sou ek daarmee doen?
Showing posts with label Wafi Valke. Show all posts
Showing posts with label Wafi Valke. Show all posts
Monday, October 6, 2008
Kaleidoskoop van kleur
Daar is mos soms tye wat daar temas is... soos toe ons die feetjie week gehad het. Nou is dit kleure en kreatiwiteit. Net waar ek lees, is iemand besig om te vertel en te wys watter wonderlike dinge daar geskep word. Sou dit nou die begin van lente wees wat almal so inspireer? En praat van inspirasie... die pragtige glaskolom en venster is in Wafi mall en kan maar inspirasie voorstel sou ek se.. of 'n droom. Mooi kleurvolle droom met geel vir son, goud en vreugde en blou vir gees en diep dink of diep delf tot mens kan uitstyg bo dit wat mens onderkry.
Dan 'n koffieplek so langs die venster wat mens laat voel jy is in 'n kerk van soorte.. mens kan jou binneste oopmaak vir die mense saam met jou en kleurvol oor alles gesels. Spatsels onthoue en strepe planne met hier en daar rooi skaterlag om alles op te vrolik.

Wie het nou al ooit gehoor van 'n wit grot vol goud. Ek kan nie besluit of dit ys of marmer wil wees nie. Gedagtes van se nou maar dit was regte goud en alles myne... wat sou ek daarmee doen?
Miskien reis na koel plekke waar dit stil en rustig is soos in die tuin by die valke hospitaal. Of dalk sal ek die huisie in Greyton koop en restoureer. (Ek het die foto van die tuin deur die venster geneem omdat dit naby 50 grade was buite. )Nou het dit deel van die drome geword ... mens kan jou verbeel dis 'n oase of 'n tuin iewers by die huis of net waar mens wil wees, want die weerkaatsing in die glas maak alles so half onwerklik.
En so vlieg my gedagtes hoog en ver saam met hierdie pragtige valkie na waar alles perfek is. 'n Plek waar mens nie vrae vra nie omdat jy weet wat jy wil weet. Geen pyn of verslawing, armoede of ellende nie... waar ons in harmonie saamleef, regtig omgee vir mekaar...
En net voor julle dink dat ek lid is van die SS of op een of ander trip is... eintlik wou ek sommer net die anderste foto's met julle deel. Lief julle.
Wie het nou al ooit gehoor van 'n wit grot vol goud. Ek kan nie besluit of dit ys of marmer wil wees nie. Gedagtes van se nou maar dit was regte goud en alles myne... wat sou ek daarmee doen?
Subscribe to:
Posts (Atom)

