WAT LAAT MY SING: die reen, - I'm singing in the rain... I'm singing in the rain. and always dancing. kan myself eintlik nie sien sing sonder om te dans nie. 'n mooi lied in die kerk - ek gaan sommer uit in die foyer en sing en dans daar. '
n txt van my dogter-dit het soms n traan by.
'n vliegtuig wat opstyg en in die verte invlieg - beteken iemand op reis.
Die geur van koffie op n koue wintersoggend in Queenstown.
Die voels se gesing met sonsopkoms wat vanoggend die mooiste mooiste donker skyn pink was.
En ja natuurlik ek het n kar weer. dit laat my jubel!!!!!!!!!!!!!!!!!!:-0
Was die 12e Julie in ongeluk. Vrou het besluit die agterkant van ons kar was nie mooi genoeg nie toe vou sy hom op. Omdat dit so 'n ou model was besluit die insurance toe dat dit 'uneconomical' is om die kar reg te maak. Daar was structural damage aan die kar. Met die dat ons net die bietjie geld gehad het wat dit assuransie ons gegee het en rerig nie ekstra kon bysit nie was dit maar 'n gedoente. Op die ou end vanoggend besluit ek gaan maar vanaand auction toe. daar was 'n kar wat ek in belang gestel het. Vat toe n vriend saam wat dit al gedoen het. Gerhard het gewerk, en toe siedaar..... Na paar minute het ek 'n kar.
Het vanoggend ook die ok gekry vir my rug. Het ligamente in my pelvis geskeur, spiere in my rug tussen my blaaie en aan linkerkant van my nek gerek, my polse seergemaak en my een voet.
Moet nog versigtig wees en nie die legpress gebruik vir nog 'n week by die gym nie. Verder is ek piekfyn. Ek het nou weer wiele.!!!!!!!!!!!!!!
Baie lief vir julle
Annie
Ons is lief vir jou ook Annie. Kyk mooi na jouself jongie. Klink my jy het ook 'n goeie diens gehad... so in die stilligheid. Ons het nie eers geweet nie.
Dit laat my dink: iewers is daar altyd iemand wat bietjie swaar kry en as ons so in mekaar se gedagtes inkruip, bid ons vir mekaar sodat ons nooit sal ophou sing nie.
Die foto's is Annie by die ingang van die paleis museum in Al Ain saam met die wagte in hulle tradisionele drag wat glad nie omgegee het dat ons Annie saam met hulle afneem nie en nogal voorgestel het ek neem die foto teen die agtergrond van die vorige Sheikh se foto.
Die volgende foto is ek in Annie die oggend na die koffiedrink op die toonbank in 'n sopnat Queenstown.
En ek en Annie en Corli besig om regte Duite worse in sulke driehoekige broodrolletjies te eet by die mark in Christchurch. Die sonnetjie was besig om te verdwyn agter nog wolke en koue. New Zealand is so ongelooflik mooi maar heeltemal te na aan die Suidpool vir my. Maar dis alles wonderlike herhinneringe. Ons het selfs op so yskoue dag rooomys in die fliek geeet. Onthou julle... Lakehouse... dit is een van my gunsteling flieks.