Thursday, September 18, 2008

Dierbare goetertjies

As ek my sit iewers kry, is die honde by en op my skoot. Maar oor die naweek het ek bietjie naaldwerk gedoen en seker 60 keer vir hulle gese "nee wag bietjie" ..... "nou nie"... "gaan le daar onder"...ens. Op 'n stadium raak dit stil. Taffee le toe ewe gedwee onder die stoel maar Didi is nerens. Ek wonder toe waar die mannetjie kwaaddoen en gaan soek... en kry hom in Teddie se arms... "ounooi as jy my nie wil vashou nie dan soek ek maar 'n ander mamma"..... Taffee pleit ... "kom speel met my boetie"... nadat hy gesien het hy gaan nie ook kan opklim nie...

Ek kry die squiky balletjie onder die bed en gooi dit vir hulle. Hulle het ure met die bal gespeel en tekere gegaan. Hoop julle kry die videotjie hoop. Ek wil net bietjie van die groot pret deel.

Moet net by se die balletjie squik nou nie meer nie. Hulle het hom doodgespeel :-)

Tuesday, September 16, 2008

A star is born

Ek het nog nie Alessia se verjaarsdag foto's met julle gedeel nie. Dalk moet ek dit doen voor sy twee is... :-) Lorraine en Angela kyk hoe die klein missy eiehandig haar persent oopmaak. Toe die persent oop is het sy op die boks geklim... en was heel gelukkig daarmee. Sy was te vinnig om 'n foto te neem.

Belangrike dinge eerste. Ons moes eers kersie doodblaas en koek eet. Hier is sy die middelpunt van aandag. Sy maak seker mamma Angela doen die ding reg

Na koek en tee is die keyboard aanmekaar gesit en die keer was daar baie hande om te help. Sy het dadelik op die stoeltjie geklim en alles getoets en ondersoek


Toe druk sy haar eerste note en stel sommer die ritme en als.... soos 'n regte pro


Enigste ding is... sy moet nog die verskil tussen 'n telefoon en mikrofoon leer.

'n Sterretjie is gebore. Ek dink ons kan ons regmaak vir groot dinge. Hannes vertel sy vat sy vinger sodat hy die note druk vir Twinkle twinkle little star en sy sing saam... Ek kan die dingetjie opvreet!!!

Friday, September 12, 2008

Lief en leed

Ons omgeegroep het nog nie amptelik weer begin na die lange somermaande nie, maar toe ons hoor Vanesa moet hospitaal toe om 'n gewas van haar pankreas te verwyder, het ek Amelia, Heleen en Vanesa dit nodig gevind om bymekaar te kom en hande te vat. Ons het heerlik geklets en bietjie gehuil en baie gebid en daarna Chilli's op horings gaan neem om aandete saam te eet. Vanesa word vandag in Khalifa hospitaal opgeneem en more geopereer. Sy sal 'n paar dae in intensief wees en daarna tien dae in die hospitaal en 'n maand by die huis. Ons sal kom kuier Vanesa. Jy kan solank die personeel waarsku.


Groot bos blomme vir jou. Ons dra jou in ons gebede.

Thursday, September 11, 2008

New Zealand se berge

Psalm 76:5 Die glans waarmee U verskyn het, was skitterender as dié op die hoogste berge

Psalm 65:7 U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan;


Psalm 95:5 Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne



Psalm 104:13 Uit die hemel laat U dit op die berge reën, die aarde word versadig deur die reën wat U gee


Psalm 121:1 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

Tuesday, September 9, 2008

Wat laat Annie sing

WAT LAAT MY SING:

die reen, - I'm singing in the rain... I'm singing in the rain. and always dancing. kan myself eintlik nie sien sing sonder om te dans nie. 'n mooi lied in die kerk - ek gaan sommer uit in die foyer en sing en dans daar. '

n txt van my dogter-dit het soms n traan by.

'n vliegtuig wat opstyg en in die verte invlieg - beteken iemand op reis.

Die geur van koffie op n koue wintersoggend in Queenstown.

Die voels se gesing met sonsopkoms wat vanoggend die mooiste mooiste donker skyn pink was.

En ja natuurlik ek het n kar weer. dit laat my jubel!!!!!!!!!!!!!!!!!!:-0
Was die 12e Julie in ongeluk. Vrou het besluit die agterkant van ons kar was nie mooi genoeg nie toe vou sy hom op. Omdat dit so 'n ou model was besluit die insurance toe dat dit 'uneconomical' is om die kar reg te maak. Daar was structural damage aan die kar. Met die dat ons net die bietjie geld gehad het wat dit assuransie ons gegee het en rerig nie ekstra kon bysit nie was dit maar 'n gedoente. Op die ou end vanoggend besluit ek gaan maar vanaand auction toe. daar was 'n kar wat ek in belang gestel het. Vat toe n vriend saam wat dit al gedoen het. Gerhard het gewerk, en toe siedaar..... Na paar minute het ek 'n kar.
Het vanoggend ook die ok gekry vir my rug. Het ligamente in my pelvis geskeur, spiere in my rug tussen my blaaie en aan linkerkant van my nek gerek, my polse seergemaak en my een voet.
Moet nog versigtig wees en nie die legpress gebruik vir nog 'n week by die gym nie. Verder is ek piekfyn. Ek het nou weer wiele.!!!!!!!!!!!!!!
Baie lief vir julle
Annie

Ons is lief vir jou ook Annie. Kyk mooi na jouself jongie. Klink my jy het ook 'n goeie diens gehad... so in die stilligheid. Ons het nie eers geweet nie.

Dit laat my dink: iewers is daar altyd iemand wat bietjie swaar kry en as ons so in mekaar se gedagtes inkruip, bid ons vir mekaar sodat ons nooit sal ophou sing nie.
Die foto's is Annie by die ingang van die paleis museum in Al Ain saam met die wagte in hulle tradisionele drag wat glad nie omgegee het dat ons Annie saam met hulle afneem nie en nogal voorgestel het ek neem die foto teen die agtergrond van die vorige Sheikh se foto.

Die volgende foto is ek in Annie die oggend na die koffiedrink op die toonbank in 'n sopnat Queenstown. En ek en Annie en Corli besig om regte Duite worse in sulke driehoekige broodrolletjies te eet by die mark in Christchurch. Die sonnetjie was besig om te verdwyn agter nog wolke en koue. New Zealand is so ongelooflik mooi maar heeltemal te na aan die Suidpool vir my. Maar dis alles wonderlike herhinneringe. Ons het selfs op so yskoue dag rooomys in die fliek geeet. Onthou julle... Lakehouse... dit is een van my gunsteling flieks.

Friday, September 5, 2008

Wat laat Riza sing

Ek het Riza en Annie getag om te vertel wat hulle laat sing en van albei reaksie gekry. Ek plaas dit in die volgorde wat ek dit ontvang het.
Riza het begin sing toe sy speenoud was... en ek wou nou 'n storie daarvan maak maar besluit om net dit te plaas wat sy self se. Die eerste foto is nie so baie goed nie en nog gescan ook maar sy was 9 of 10 to die foto geneem is en die hele karavaanpark se mense kom luister en saam sing het. Die tweede foto is tydens haar kuier hier in Abu Dhabi en ek kon haar omtrent nie kry om huis toe te gaan en die singstar bietjie te los nie. Die derde foto is vroer die jaar voor die erediens geneem in die kerkie waar Riza die "Worship leader" is.

Sy se: Mam het gevra wat my laat sing op mam se blog,
wel wat my laat sing soos ek verlede jaar in my testament/getuienis met die jeug
gedeel het is dat ek altyd sou opge-eindig het om te sing, want ek's mal daaroor
en vir my sing ek nie net as als goed en mooi gaan nie, maar ek sing graag as my hart breek - vandat ek vir Jesus leer ken het, het ek meer om oor te sing

En jy sing so pragtig meis!!

Wednesday, September 3, 2008

Ons Kroon

Gedog ek deel die met julle.Nes mens dink jy is ok dan span die Duiwel sy perde in om seker te maak hy doen groot skade om die vreugde van mens wees te steel... dan is daar motor ongelukke en beserings en siek kinders en hondjies wat opgooi nadat hulle 'n skoen opgevreet het en al sulke dinge...

Maar Ons Groot Kroon is vir altyd en vir altyd.


Baie dankie Muriel (van Rensburg) vir die deel van die stukkie kosbaarheid.