Monday, September 29, 2008

Die fase tussen ma-wees en ouma-wees

As mens nie meer kinders het wat klein is nie en daar is nog nie kleinkinders vir wie mens kan kinderpartytjie hou nie, dan is daar altyd die dierekinders wat bederf kan word. Die meeste bederf het nie van my af gekom nie maar van Nelmari. Taffee en Didi is 1 jaar oud vandag en daar is tafel gedek vir hulle met 'n koek in die vorm van 'n been, 'n singende kersie... sien Riza ek het die kersie gekry... balonnne en persente en alles Nelmari en Sandra het die verjaarsdag hoedjies gebring maar voor Nelmari dit kon opsit, hardloop hulle en soek skuiling my ounooi Sandra. Nelmari moes maar goed vashou dat die hoedjies tenminste vir die fotosessie op hulle koppies bly.. Taffee baklei die hardste.. Daarna is dit koek eet tyd. Die koek is in die vorm van 'n been met hondepuilletjie en roomkaas vir versiering. Die twee mannetjies het dit baie geniet. Didi het elke keer met sy stukkie koek kamer toe gehardloop en dit onder sy kombersie gaan "begrawe".
Vir persente het elkeen by Sandra en Nelmari 'n sokkerhemp en 'n Golfhemp gekry met blou strepe... ja ek weet dis eintlik bedoel om WP truie te wees maar hulle is Cheeta's. Ek het vir hulle squicky speelgoed gekoop. Hulle het ons omtrent doof gespeel daarmee. Dalk was dit nie so slim idee nie. :-(

En weet julle wat het ons gehad vir middagete? Nelmari het die wonderlikste sjokolade koek met Rasberry preserve gebak en vir nagereg pere en vla. Ook maar goed die honde verjaar net eenkeer 'n jaar...of is dit eenkeer in sewe jaar??
Gaan loer ook hier vir nog foto's.

Wednesday, September 24, 2008

My feite agtermekaar

Heel in die begin toe ek hier gekom het, ry ek een aand Spinneys toe om te gaan brood koop en sien die pragtige houtbank by die antieke winkeltjie. Ewe onnosel vra ek die Indiese verkoopsman wat kos die Arabiese bankie. "What Arabic bench" vra die ou my baie verbaas. Ek is net so verbaas dat hy nie weet hy het die bank in sy winkel nie en druk my vinger op die bankie... "That" se die man vir my en stik amper so verontwaardig is hy... "is NOT Arabic. There are no trees in the desert"... asof ek dit nie weet nie... "All wooden furniture comes from India." Ek moet darem net so bietjie van die res van die storie vertel. Die bank is swaar en toe ek by die huis kom, moes ek Sandra bel om asseblief haar sterk seuns te bring om die "brood" vir my te kom uitlaai en op te dra woonstel toe . Die is dus my "broodbank"... met kussings uit Suid Afrika, natuurlik.

Nou het ek weer my feite verkeerd gekry. Ek vertel vir Muriel die lamp is Arabies... weer nie... dis Persies. Ek kom agter ek hou sommer baie van Persiese goeters... matte, lampe, teels... Ek kan nog nie 'n mat koop nie, dalk eendag, maar ek geniet die lamp solank.

Die Persiese mall in Ibn Batutta is ook my gunsteling. Kyk net die pragtige mosaiek... en natuurlik... die lampe.


Ek het 'n vriendin wat die ongelooflikste navorsing doen vir haar blog (julle weet mos) en ek dog ek sal bietjie kyk wat ek op die internet kry oor antieke Persie. Die eerste ding wat ek raaklees is die gedig van 'n Persiese digter uit die 13 de eeu.

"Human beings are all members of one body.They are created from the same essence.When one member is in pain,The others cannot rest.If you do not care about the pain of others,You do not deserve to be called a human being."
A Quote from:
Mosleh al-Din Saadi Shirazi( 13th century Persian poet, from Shiraz )
So slim Pers!!! Sou hy die Bybel gelees het?
1 Korinthiers 12: 25,26

En sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat al die lede gelyke sorg vir mekaar dra;
As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly

Sunday, September 21, 2008

lekkergoed vir die hart

Sandra is terug van Suid Afrika af en het ons heerlik kom bederf met soetgoedjies van die huis af. Julle moet verstaan dat mens baie verskillende...en lekker lekkergoed hier kry, maar nie marshmallows met klapper en- geroosterde klapper nie... ook nie turkish delight wat soos sosatie op 'n stokkie geryg is en in sjokolade gedoop is nie.. en veral nie tuisgemaakte nougat met heuning en neute nie.. en defnitief nie Wilson's se caramel nie. Dis SOET drome wat my sommer baie ver teruggeneem het na my kleintyd. En terwyl ek so smul aan heeltemal te veel soetgoed.....in my gedagtes weer so kind word... was ek reg om die nuwe feetjies wat by my kom bly te verwelkom. Dankie maat... dat jy altyd aan elkeen van ons dink. Jy is kosbaar.


Ontmoet Feetjie Muriel... die oulikste, fraaiste vet feetjie (mens wil haar net 'n drukkie gee) wat trots en vol selfvertroue met grasie 'n baie spesiale boodskap van Muriel vir my saamgebring het. Dankie vir jou borrelende opregte vriendskap Muriel (vriendin)..Jy het 'n baie spesiale plekkie in my hart.


Hierdie is Feetjie Petra. Nie my naam vir haar nie... Sandra het haar met naam en al aangeneem... let wel... nie gekoop nie... by hierdie wonderlike feetjieland wat ek hoop sy nie te veel sal mis nie... dis nou Petra, want sy is sommer baie welkom hier in my huisie waar baie ander feetjies haar sal laat tuis voel. Sy het al klaar 'n plekkie in my feetjiehart verower met haar sagte jubbelende windklokkies. Dankie maatjie... al dink jy ek het 'n skroef of wat verloor... :-)


Onthou julle die liedjie uit ons kindertyd oor die feetjes wat op ligte voetjies saggies in die nag kom fluister? Ek dink ons hoor mekaar nie meer nie. Ons praat te veel en raas te hard. As ons stil raak en luister, kan ons mekaar se harte hoor fluister en leer om beter te verstaan... as hierdie bietjie stroperig is, blameer die soetgoed... :0

Thursday, September 18, 2008

Dierbare goetertjies

As ek my sit iewers kry, is die honde by en op my skoot. Maar oor die naweek het ek bietjie naaldwerk gedoen en seker 60 keer vir hulle gese "nee wag bietjie" ..... "nou nie"... "gaan le daar onder"...ens. Op 'n stadium raak dit stil. Taffee le toe ewe gedwee onder die stoel maar Didi is nerens. Ek wonder toe waar die mannetjie kwaaddoen en gaan soek... en kry hom in Teddie se arms... "ounooi as jy my nie wil vashou nie dan soek ek maar 'n ander mamma"..... Taffee pleit ... "kom speel met my boetie"... nadat hy gesien het hy gaan nie ook kan opklim nie...

Ek kry die squiky balletjie onder die bed en gooi dit vir hulle. Hulle het ure met die bal gespeel en tekere gegaan. Hoop julle kry die videotjie hoop. Ek wil net bietjie van die groot pret deel.

Moet net by se die balletjie squik nou nie meer nie. Hulle het hom doodgespeel :-)

Tuesday, September 16, 2008

A star is born

Ek het nog nie Alessia se verjaarsdag foto's met julle gedeel nie. Dalk moet ek dit doen voor sy twee is... :-) Lorraine en Angela kyk hoe die klein missy eiehandig haar persent oopmaak. Toe die persent oop is het sy op die boks geklim... en was heel gelukkig daarmee. Sy was te vinnig om 'n foto te neem.

Belangrike dinge eerste. Ons moes eers kersie doodblaas en koek eet. Hier is sy die middelpunt van aandag. Sy maak seker mamma Angela doen die ding reg

Na koek en tee is die keyboard aanmekaar gesit en die keer was daar baie hande om te help. Sy het dadelik op die stoeltjie geklim en alles getoets en ondersoek


Toe druk sy haar eerste note en stel sommer die ritme en als.... soos 'n regte pro


Enigste ding is... sy moet nog die verskil tussen 'n telefoon en mikrofoon leer.

'n Sterretjie is gebore. Ek dink ons kan ons regmaak vir groot dinge. Hannes vertel sy vat sy vinger sodat hy die note druk vir Twinkle twinkle little star en sy sing saam... Ek kan die dingetjie opvreet!!!

Friday, September 12, 2008

Lief en leed

Ons omgeegroep het nog nie amptelik weer begin na die lange somermaande nie, maar toe ons hoor Vanesa moet hospitaal toe om 'n gewas van haar pankreas te verwyder, het ek Amelia, Heleen en Vanesa dit nodig gevind om bymekaar te kom en hande te vat. Ons het heerlik geklets en bietjie gehuil en baie gebid en daarna Chilli's op horings gaan neem om aandete saam te eet. Vanesa word vandag in Khalifa hospitaal opgeneem en more geopereer. Sy sal 'n paar dae in intensief wees en daarna tien dae in die hospitaal en 'n maand by die huis. Ons sal kom kuier Vanesa. Jy kan solank die personeel waarsku.


Groot bos blomme vir jou. Ons dra jou in ons gebede.

Thursday, September 11, 2008

New Zealand se berge

Psalm 76:5 Die glans waarmee U verskyn het, was skitterender as dié op die hoogste berge

Psalm 65:7 U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan;


Psalm 95:5 Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne



Psalm 104:13 Uit die hemel laat U dit op die berge reën, die aarde word versadig deur die reën wat U gee


Psalm 121:1 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?