Sunday, September 9, 2007

Ibn Battutta

Ibn beteken "broer" en Battuta se naam was Mohammed... wel, is seker nog steeds. Hy is op 24 Februarie 1304 in Morokko gebore. Sy ouers was studente van Religious Laws... in die lewe... dat mens die godsdienstige wette moet bestudeer. Presies dit wat ons as Christene nie hoef te doen is. Ons is vry van die wet... dankie tog. Verder met die storie... Ibn Battuta het op 21 vir die eerste keer na Mekka gereis en toe byt die reisgogga hom. Oor die volgende 30 jaar het die man 117,000 km gereis en 40 verskillende lande besoek. Hy het meestal saam met karavane gereis en soms 'n jaar of wat in een plek gewoon en al die Islamietiese heersers van die tyd ontmoet. Hy het ook kennis gemaak met al die nuutste ontwikkeling in die verskillende lande. Niemand weet egter vir seker of dit wat Ibn Battuta gaan vertel en skryf het by die "huis" die waarheid of stories was nie. Die enigste bron oor die reise van Battuta, is deur homself geskryf.

Hy word nogtans beskou as die Arabiese weergawe van die Italianer Marco Polo en was belangrik genoeg dat 'n krater op die maan na hom vermoem is, en natuurlik 'n mall in Dubai.

Een van die boeke wat Battuta geskryf het heet:

" A Gift To Those Who Contemplate The Wonders Of Cities And The Marvels Of Travelling"
In die Egipte mall is hierdie Ibn's besig om sterre te kyk... dink ek. ??

Dis hoe mens voel as jy die mall besoek. Oral in die mall is die belangrike Ibn's van die verskillende lande. Ek het fotos van 'n paar en is nou nuuskierig genoeg om terug te gaan mall toe en te gaan soek na wie wat gedoen het om 'n volgende keer vir julle te vertel.

Die idee van die mall is dat mens soos Ibn Battuta deur die verkillende lande "reis"... en glo my... mens LOOP... Dis baie ver van China af Andulusië toe, want mens loop ook deur
Indië
Persië
Egipte
Tunisië

en Andulusië

Mens kan 'n paar stoppe maak vir koffie langs die pad en teen die tyd dat mens in Tunisië kom, is dit "aand". Dan eet mens allerhande goed wat mens ook eintlik nie mag nie, maar die energie is nodig, vir die terugreis tot in China waar die kar geparkeer is. Die laaste draaitjie is in Andulisië. Dis waar mens dan ook weer geld trek....



Die mall is pragtig en die teëls is regtig. Geen plastiek hier nie. Dis regtig 'n ervaring en ek gee nie om om Dubai toe te ry vir 'n besoek aan die mall nie. Ek het ook nou 'n rede om weer te gaan. ek het halwe werk gedon met die oplees van die werk van die verskillende wetenskaplike Ibn's. Sal julle op hoogte hou.

6 comments:

Anonymous said...

ek hou ook van daai mall mam, ek onthou nog die mooi skoene wat ek gesien het in Tunisie, maar toe's dit bietjie duur ;-( Lief vir mam, baie baie. Elriza

Charmaine said...

Ja ek onthou die duur skoene my meis.. ;-)Ons het al lekker gekuier in die mall. Baie lief vir jou ook.

Anonymous said...

'n Goeie idee- amper soos Monte Casino net met meer lande. Kan interesante idee wees vir hier.
Lyk of jy dit geniet darem ook sus.
Hannes

Anonymous said...

Dis baie interessant oubaas. En ja, ek geniet dit. Ek dink ook dit kan 'n goeie idee vir by die huis wees. Sal jou gaan wys as julle kom kuier.

Muriel said...

Wow dis 'n baie mooi mall!! Ek hou veral van die Indiese een!

Charmaine said...

Ja Muriel dis by die mall waar mens sommer so dae lank kan shop. Die Indiese mall is indrukwekkend, maar almal is.My favorite is steeds Persie. Jy moet die mosaiek sien om dit te waardeer. Jy en Thea sal maar moet kom kuier jong