Friday, October 24, 2008
Lang blog stilte
Saturday, October 18, 2008
Baie geluk my meisiekind
En ek spring amper uit my vel so trots is ek op haar. En die volgende oomblik dink ek "my arme kind... en ook die worship leader van die kerk... hoe gaan jy dit alles hanteer" en ek vra hoe sy daaroor voel.
Sy se: " Ek het vir Pappa gese dis in Sy hande toe ek genomineer is, so dit maak nie saak hoe ek voel nie, dis Pappa se wil mam."
En so leer ek weereens by my dogter.
Baie geluk meis, ons is baie trots op jou. Pappa sal jou vlerke gee oom hoog te vlieg.
Lief vir jou
Mam
Thursday, October 16, 2008
Lank lank gelede...
Die voordeur van Huis Emily Hobhouse. Die formidabele vrou, Emily Hobhouse, nie die koshuis nie, het eintlik van my skooldae af 'n groot rol in ons opvoeding gespeel. As dogters in 'n meisieskool is ons gedurig daaraan herinner dat ons ons volk dra en dat ons 'n verskil kan maak ...soos die Engelse verpleegster wat vrou alleen kom werk en gaan pleit het by die regering in Engeland om die toestande waarin die Boerevroue en kinders geleef het in die konsentrasiekampe, te verbeter. Dit onderstreep nogal die leuse... "Everyone counts" Wanneer die skool verjaar het, het ons kranse gele by die Vrouemonument op die grafte van Emily Hobhouse en Pres Steyn, wat Oranje gestig het.Hierdie foto is van die "agterdeur" maar mens sien regdeur tot by die voordeur uit. Daar was geen manier om "in te sluip" as mens bietjie laat terugkom van 'n stadsaand (uit aand) nie..
Die Gesellie .. anderste naam vir sitkamer... waar ons die jongmanne wat kom kuier het kom koffie gee. In my eerste jaar het een van die seniors vir ons "tips" gegee om die kuier meer gesellig te maak en voorgestel ons gee partykeer die manne sop of warm sjokolade. En so gaan koop ek 'n blik Franse uiesop... klink mos interessant en romanties. Die ding is dat ek toe die helfte van die kuiertyd staan en wag dat die sop warm word op die warmplaat in die kombuisie. Almal wat in die gang afgeloop het en een of ander opmerking gemaak... " jig...!!! wat ruik so" en "wat die hoenders is jy besig om te kook"... met 'n neus wat opgefrommel tussen hulle wenkbroue sit... en "jinne eerstejaar... wil jy die man die hasepad laat kies"... en "wie probeer jy uitstink eerstejaar"... ens ens .. nooit weer uiesop gekoop in my hele ganse lewe nie..
Die trap na die voordeur waar die manne in die portaal die meisies deurgekyk terwyl hulle by die trap "afgesweef" kom... en die meisies lank genoeg tyd gehad het om die manne deur te kyk. As dit 'n blind date was, het mens nog tyd gehad om van besluit te verander en by die agterdeur uit te glip "klas" toe of "bib" toe en te maak of dit nie jy is nie. Ek sien die predecessors se fotos is nou opgeplak. Dalk is ek ook op een van die fotos, maar om eerlik te wees lyk dit nie vir my na 33 jaar se versameling nie... jinne ouens ek is oud.!!
Ek kan nie glo die waskamer lyk presies soos dit 33 jaar gelede gelyk het nie. Die plek was altyd onder water. Tydens een huisvergadering het iemand vir die soveelste keer daaroor gekla, tot een van die huisbestuurlede opgemerk het " maar juffrou, jy kan mos swem" en net so vinnig kom die antwoord terug... " ja, maar nie in sulke diep water nie.."
In hierdie gange het ons soms gesit en kitaarspeel en sing... ja regtig, sommer so op die vloer. Iemand neem die inisiatief en dan kom almal wat wil saam sing by hulle kamerdeure uit vir gangsing.. Eenkeer het pynappelbier uit my kamermaat se kas by die deur en in die einste gang afgeloop om ons amper by die trap te ontmoet.
Ek moet die storie vertel: ons was ses vriendinne wat in drie kamers langs mekaar gebly het en wanneer iemand van ons verjaar het, moes ons die ander verras met iets wat hulle nie verwag nie... nie koekies en koffie of sjokoladekoek nie. So het ons gebraaide varkworsies en tamatie en kaas broodjies en wafels en crumpets en ek weet nie wat alles gekry nie. My kamermaat Melody, wou ons met pynappelbier verras en die beste plek om dit in die geheim te brou, was haar klerekas Toe ons eendag by die agterdeur inkom waar ons ons fietse kon bere... merk ek op dat dit soos 'n brouery ruik... Melody se niks... sy kry net 'n bevlieging en storm die trappe drie drie op ... die pynappelbier het toe baie goed gegis... :-) en daardie aand het ons daarmee saam, roomkoek geeet.. kan jy glo. Die volgende dag staan daar op ons fyn blonde Engelse buurvrou uit Virginia se wereld se kamerdeur: " Please do not disturd. Seriously suffering from the after effects of Pine apple beer and cream cake. Gemeet aan hoe ek gevoel het, het ek op my tone by die kamerdeur verbygesluip om haar nie te steur nie. Lekker herinneringe. Ek dink ek moet maar plan maak om by die reunie uit te kom :-))))
Friday, October 10, 2008
Oktobermaand. Borskankermaand
10. Ek het leer vra dat Jesus vir ons sal bid soos Hy vir Petrus gebid het, dat die beproewinge wat op ons pad kom nie ons geloof sal laat wankel nie.Monday, October 6, 2008
Kaleidoskoop van kleur
Wie het nou al ooit gehoor van 'n wit grot vol goud. Ek kan nie besluit of dit ys of marmer wil wees nie. Gedagtes van se nou maar dit was regte goud en alles myne... wat sou ek daarmee doen?
Friday, October 3, 2008
Wednesday, October 1, 2008
Waar was jy in 1978
As ek bv vir my getoetse sonbril wil laat maak, gaan dit dubbeld my jaarlikste salaris van 1978 kos.
Dalk is daar iemand wat die blog lees wat weet wat die motoronderdele nou kos??
Mens betaal nou vir een romp wat ek in 'n maand verdien het. En dis nie die duurste romp op die hanger nie.
Hoe het ons ooit vir die prys geeet? Ek moet darem vertel dat mens in die land maklik nog 'n shwarma by 'n straatkafee koop vir omtrent R4, blikkie koeldrank kos R2. Mar dan kan 'n inkleurboek bv R110 kos... en ek het dit betaal, want dis vol van die mooiste feetjies en goeters.
Ek kyk die goed so en dink daaraan dat alles wat op die fotos is, reeds tot stof en as en roes vergaan het. Ons klou so vas daaraan en heg soveel waarde daaraan.. Ek wonder sommer wat sou die prys op die tag wees vir gesondheid, geluk, 'n goeie verhouding met 'n kind, of vriendin of geliefde.... as mens nou daarvoor sou moes betaal..


