Monday, November 24, 2008
Droomland
Die boodskappe het alles die laaste ruk gegaan oor rus en tot stilstand kom en vrede in mensself he. Sandra het geblog oor die trip dreamland toe met die kinders klik hier. Sy het ook vertel van die baie ure wat ons op die pad in die verkeer spandeer het soontoe. Ek kyk my fotos so en daar is niks mense op nie... se dit vir julle iets? Ek vind altyd vrede en rus in die natuur, en in die dieretuin. Kyk net wat het hulle hier by dreaamland.. dierbare ponies/ perdjies
En die kostelikste opvreetbare twee weke oue baba apie waarmee al die ander apies in die hok wil speel en wat net ogies vir haar mamma het. Ek kon maklik die heeldag by die hok sit en die dingetjie dophou.
Kyk hoe probeer sy grootaap wees en eet wat haar ma eet. Die drade was erg in die pad en op die beste van dae is ek nie so goed met die fotonemery nie
Maar sy is besig hoor... mens kon amper die mamma hoor sug
En ek weet mens moet jou verbeelding gebruik, maar glo my as ek vertel, sy sit hier op haar ma se stert... is dit nie cute nie
Mens moes die voels kon teken. Dis 'n komposisie van vorm en kleur.. so jammer oor die draad voor die lens.
En die troupant... vry. Geen hok wat hom ninne hou nie. Is dit nie mooi nie?
'n Plek onder die bome waar mens ver oor die see kan kyk en mooi dinge dink en diep dinge voel en drome waar wens. Die vrede kom koelblou in mens se woelige binneste le.
Mooiste stil blou see tussen sandpienk duine. Hoe mooi is die werk van U hande Heer
Loomlui middagete onder die bome. Nou is niemand meer laf nie. Ek sal nou niks verder se van die drie ure wat ons toe weer in die verkeer terug na Adu Dbahi spandeer het nie. Ek weet net dat daar altyd iewers 'n rusplek lang die pad is.
Saturday, November 22, 2008
Blog toekenning
Ek is so geeerd om die blogtoekenning van Sandra te ontvang en wat dit nog meer spesiaal maak is dat dit duer Desire ontwerp is, daarom is dit sommer vir my dubbele vreugde om die toekenning te ontvang,
Desire, jy verdien 'n goue toekenning vir jou blog en al die pragtige kreatiewe dinge wat jy doen. Dankie vir die uitstekende idees.

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde
toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem
hulle name en link na elke blog.
* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys
met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.
* Wys ook die reels van die toekenning
Desire, jy verdien 'n goue toekenning vir jou blog en al die pragtige kreatiewe dinge wat jy doen. Dankie vir die uitstekende idees.

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde
toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem
hulle name en link na elke blog.
* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys
met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.
* Wys ook die reels van die toekenning
My spesiale vriendin Sandra by uitentuis is 'n waardige ontvanger van die toekenning maar verdien dit kruis en dwars vir haar blog wat soos 'n joernaal lees. Ek gaan steeds soms terug na vorige inskrywings vir inligting. Maat, ek sou die toekenning weer gee as ek kon.
Muriel het ook reeds die toekenning ontvang. Jy is 'n kosbare blogvriendin en ek geniet jou inskrywings en kommentaar op my blog so baie. Ek sou dit weer vir jou ook gee.
Thea, ek kan so lekker sit en teedrink by jou en kuier op jou keurige blog. Jy is 'n waardige ontvanger van die toekenning. Ek sou dit ook vir jou gee.
Ek het Dorette se blog ontdek en geniet die kleurvolle inskrywing oor Franco se dingetjies. Ek gee vir jou die toekenning. Dankie vir jou gereelde kuiers op my blog.
Dis heerlik om blogvriendinne te he. Julle is almal vir my baie spesiaal.
Lief vir julle
Wednesday, November 19, 2008
Nicholas is een jaartjie oud
Tuesday, November 18, 2008
Huiswerk
Muriel het my getag vir die...
Sunday Stealing's McDanger Meme
What are your nicknames:
Maine en Chammy... maar net omdat my naam so lank is
What TV gameshow or reality show would you like to be on:
Neeee... nie vir my nie. Ek kan my naam so met 'n plank slaan so op 'n warm plaat
What was the firt movie you bought in VHS or DVD:
Ek kan nie onthou nie... Nell...??
What is your favourite scent:
Lily of the Valley en Mirre
If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
Ek sal 'n eiland in die son koop
What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Bagshot....
Do you trust easily?
Ja, en ek het ook al my vingers rooi gebrand.
Do you generally think before your act, or act before you think?
O jinne... ek moet myself tot stilstand forseer om te dink
Is there anything that had made you unhappy these days?
As die kinders nie ok is nie
What is your favourite fruit?
Mango's. Vesels en al
What websites do you visit daily?
Blogs
What have you been seriously addicted to lately?
Tee... nog altyd. Sandra wou al vir my 'n drip opsit.:-)
What's the last song that got stuck in you head?
Klomp.. ek het 'n hele hitparade in my kop
What is your favourite thing to wear?
Katoen... sag en fyn
Do you think Rice Krispies are yummy?
Ja, ek lief dit
What would you do if you saw $100 lying on the ground?
Ek sal dit ook optel... en dan seker soek of iemand dit soek en sleg voel vir die een wat dit verloor en en dit seker nie spandeer nie.
What items couldn't you for without during the day?
My laptop en my kar... FROG
What should you be doing right now?
Wat ek behoort te doen is werk, maar wat ek graag wil doen is kuier
Ek tag vir Sandvlooi en Dorette... doen julle huiswerk meisies
What are your nicknames:
Maine en Chammy... maar net omdat my naam so lank is
What TV gameshow or reality show would you like to be on:
Neeee... nie vir my nie. Ek kan my naam so met 'n plank slaan so op 'n warm plaat
What was the firt movie you bought in VHS or DVD:
Ek kan nie onthou nie... Nell...??
What is your favourite scent:
Lily of the Valley en Mirre
If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
Ek sal 'n eiland in die son koop
What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Bagshot....
Do you trust easily?
Ja, en ek het ook al my vingers rooi gebrand.
Do you generally think before your act, or act before you think?
O jinne... ek moet myself tot stilstand forseer om te dink
Is there anything that had made you unhappy these days?
As die kinders nie ok is nie
What is your favourite fruit?
Mango's. Vesels en al
What websites do you visit daily?
Blogs
What have you been seriously addicted to lately?
Tee... nog altyd. Sandra wou al vir my 'n drip opsit.:-)
What's the last song that got stuck in you head?
Klomp.. ek het 'n hele hitparade in my kop
What is your favourite thing to wear?
Katoen... sag en fyn
Do you think Rice Krispies are yummy?
Ja, ek lief dit
What would you do if you saw $100 lying on the ground?
Ek sal dit ook optel... en dan seker soek of iemand dit soek en sleg voel vir die een wat dit verloor en en dit seker nie spandeer nie.
What items couldn't you for without during the day?
My laptop en my kar... FROG
What should you be doing right now?
Wat ek behoort te doen is werk, maar wat ek graag wil doen is kuier
Ek tag vir Sandvlooi en Dorette... doen julle huiswerk meisies
Friday, November 14, 2008
Groot bederf
Ek is so heerlik bederf op my verjaarsdag dat ek net met julle wil deel hoe spesiaal julle almal vir my is en so baie dankie se vir al die baie mooi wense. Dis amper soos Asterix en Cleopatra waar hulle die argitek op die ou end met goud toegooi. Net, almal se mooi wense en daar wees, is ver meer werd as goud. Ek het hierdie pragtige foto van ons klein Brookes gekry. Dankie Steven, David en Nicholas... julle is baie pragtig en kosbaar vir hierdie Oma. En vir almal wat nie weet nie, dis waarom DJ my Grandma "C" noem..en ek hom uncle DJ. Kan mens nie die drie gesiggies net opsoen nie!!!
Pragtige bos blomme van DJ en Riza. Thank you so much you two. I so love and appreciate you
Donkerpienk ruiker van die Omgeegroep. en 'n pragtige glas vaas waaroor ek so bly is. Lank terug het my stout swart kat Jay, my ander glasvaas gebreek.... en ek mis die stoutert nog steeds.;-)
Kyk al my pers en pienk en wit en goud balonne wat elkeen 'n vreugde boodskap dra!!
Dankie maat en Nelmari vir julle liefde en omgee en vir die groot moeite om die woonstel te kom mooimaak. Dit was so lekker verassing toe ek die deur oopmaak en met balonne en blommegeur begroet te word
Ons het gaan uiteet om die heerlike dag reg af te sluit en Nelmari het spesiaal hierdie foto van my en Sandra geneem... tien jaar later... and see uncle DJ... no wine. Only Chai tea :-)
Die lekker het nog vandag aangehou. Hannes kom kuier met 'n yslike boks onder die arm... 'n klankstelsel om by die nuwe TV te pas... en ek is sooo dankbaar hy kom saam met die deftige persent om dit te maak werk. So baie dankie Oubaas en Angela en Missy vir die groot geskenk.
Nou is ek deftig!!! en ouer.
Mooiste kaartjies en scrapblad kaartjie van die Omgeegroep meisies. Baie dankie. Ek het dit in my album gesit. My nuwe scrap album :-)
Daar is ook 'n spesiale feetjie van ver. Haar naam is Daine..
Hoe kan mens nie lekker verjaar nie.
Dankie aan almal wat gebel en gesms en gemail en geblog het. Julle is wonderlik.
Lief vir julle almal
Monday, November 10, 2008
Waar my wortels le
As mense my vra dan se ek ek het op hierdie plaas in die Vrystaat grootgeword. Hierdie plaas, Bagshot, het nooit aan die familie behoort nie. My Oupa Sarel het by die 45 jaar die plaas bestuur en daarom sal julle verstaan dat ons maar almal voel asof die plaas van altyd af "ons" plaas was. Ons het bykans elke vakansie plaas toe gegaan. Dis my hartplek. Hannes het hierdie foto's geneem toe ons een jaar op Harrismith familiereunie gehou het en ons besluit het die 33 km plaas toe is nie te ver om te ry nie. My oupa en ouma was toe lankal dood en niemand het op daardie stadium op die plaas gebly nie.
Die opstal as mens om die stalle gery kom. Dit was winter en bibberkoud. Kyk net hoe blou en skoon is die lug. Op hierdie stoep is daar darem lekker gekuier en gesels en tee gedrink en rugby geluister. My oupa en die ooms het baie jukskei gespeel op die stuk gras... ek weet... dis nou baie dood en geel, maar net tot die eerste lentereens geval het.
Hierdie is die buite geboue. Later, toe ouma meer slaapplek nodig gehad het, het die kombuis na buite geskuif en is die spens in 'n slaapkamer omskep. Ons was sommige kere oor Kersfees tussen 35 en 40 mense op die plaas. Dit was so wonderlik en niemand was in mekaar se pad nie. Die ander buitekamers was die delkokamer... ek weet nie waar die naam vandaan kom nie, maar oupa se gereedskap was daar... en olie. Dit het so lekker vreemd geruik daarbinne en natuurlik was ons nooit alleen daar toegelaat nie. Die deur was altyd gesluit. Die middelste kamer was die strykkamer. Ek onthou die skoon reuk van wasgoed wat in die son drooggeword en dan natgespat en gestyk is.
Ons het soveel keer op 'n veilige afstand staan en kyk hoe die rieme by hierdie boom gebrei word. Die rieme is oor die tak gegooi, en aan die klip vasgemaak. Dan steek hulle 'n stok deur die ysterboog en loop al in die rondte tot die rieme baie styf opgewen is. Die stok... meer soos 'n paal, is dan uitgetrek en dan spin die klip tot die rieme afgedraai is. As daardie klip jou tref wanneer dit so afspin, gaan jy reguit deur die poorte...
Hierdie was soort van die "gastehuis" op die plaas waar die werkers geslaap het. Hulle strooise was baie ver van die werf af en hulle het liewer in die week oorgeslaap. Dit was so deel van die plaaslewe om saans die gloed van die buitevure teen die aandlug te sien en veraf stemme te hoor. Ons was soms vroeg genoeg op om saam met hulle die koeie te melk, of dan liewer soos ek, op die kraalmuur te sit en die melkery dop te hou. Ek was doodbang vir beeste. Ek het een of tweekeer probeer om te melk, maar kon nie 'n druppel melk uitkry nie.
Die krale ...waar ek meer tyd bo op die mure as binne in die kraal spandeer het. Ek het een keer saam met my "ouboet oom" Chris, van warm miskoek na warm miskoek gehardloop om my yskoue wintervoete warm te maak, maar die ding was die stink!! en dan moes ek my voete onder die buitekraan was. In die winter het die water in die pype geys en kon mens eers teen elfuur water uit die kraan kry.... yskoue water. Lekker vir drink maar nie vir was nie... Die miskoekritueel het toe nie by my inslag gevind nie. Op die agtergrond is die skuur. Ook 'n lekker skelm speelplek want as oupa ons daar gevang het was ons in GROOT moeilikheid. Die lekker het net gehou tot mens in die aand in die bad klim en die fyn snytjies oor mens se hele lyf water slaan... Ons het geblink van die vaseline wat die meitjies ingevryf het as ons uit die bad klim.
Die toneel met die stalle voor in die pad het of hartseer of groot vreugde beteken... hang af of mens deur die voor- of die agterruit van die motor daarna gekyk het, want dit is die pad van die hek af... of na die hek toe. As ek stress of my emosies kry die oorhand en my siel soek stilte, dan vlieg ek met my gedagtes plaas toe. Dis waar my wortels le..
Monday, November 3, 2008
Kan ek nou die boks weggooi?
As julle na die tv kyk sien julle seker duidelik ek het 'n paar stadiums van nuwe tegnologie gemis.Niks fout met die ou nie, dis net die klank wat partykeer swakkerig is. Ek hou nie daarvan om iets wat nog werk te vervang nie... maar ek word beter daarmee...
En ek het regtig nie Gitex toe gegaan om iets te koop nie. Nuwe tegnologie trek my nie, dit stress my op, want as ek die knoppies en remotes en dinge so kyk en ek weet glad nie wat vir wat is nie, kry ek byvoorbaat die bewerasie. Die goed laat my stupid voel. Maar na ek 'n paar keer elke dag by die fancy "TV's" verbygeloop het, het ek begin dink dit sal nie sleg wees om sulke klank en beeld te he nie en op die ou end het ek myself oortuig.
Ek sukkel die grote lomp boks vrou alleen by die trappe en piepklein hysbak in en kan nie wag om die nuwe "TV" te toets nie want die verkoopsman se dis "plug and play"... ja ja..
Ek kry die voetstuk aangeskroef en alles. Die skerm vra of hy die programme outomaties moet soek en ek se ja... maar al wat hy vind is 'n sneestorm en geruis van wind... hy se vir my die antenna is nie ingeprop nie en daar is nie 'n manier wat ek kan terug praat en se... "HY IS!!!" nie.. so ek bel liewer die volgende dag ons Call center. Die eerste vraag wat die slim pop my vra is of dit HD is... Hi Definition... ai en ek is so bly ek kan nie vraag antwoord, want die verkoopsman het my geluk gewens met die aankoop van die nuutste tegnologie. Haar antwoord... "e-vision don't support HD ...AT ALL..." ek vra wat beteken dit... en sy se ek kan nie e-vision opvang nie...:-( Ek vra wat maak ek nou en sy is so gaaf... sy se ek moes gevra het. Wat moes ek gevra het? "Kan ek "TV"kyk op die "TV"? Selfs vir my klink dit baie stupid. Al my plesier met die aankoop loop by die trappe af. Ek soek die kwitansie om 'n nommer te kry dat ek vir die Handelaar kan se hulle moet die stupid nuttelose TV asseblief terugvat, maar die handelaar is net in Dubai en meer as dit... die kwitansie se " goods once sold will not be exchanged or replaced.... " Ek pak my teleurstelling uit by Sandra en Nelmari en die slim kind gee 'n sprankie hoop... "tannie kan dit instel op "standard tv" ... ek stel haar sommer by ons Call center aan..
Sondagoggend stap ek by ons e-vision kantoor is en vra dat 'n tegnikus asseblief kom help. Die ou agter die toonbank beduie wat ek sommer self kan probeer en die toweroplossing... mens kyk e-vision op video, nie tv nie.. En ek gaan huis toe en doen wat ek beduie is en SIEDAAR!!! :-) Toe die tegnikus bel vir 'n afspraak kan ek vir hom se dis ok ,ek het sommer self reggekom.
Net om te wys die nuwe TV werk... en ek het 'n TV wat VOOR die nuutste tegnologie is!!! Die Hi Definition tegnologie is in die toetsfase en ek is reg daarvoor. Ek dink dis die eerste keer in my lewe dat ek voor en nie agter is nie... Ek is net dankbaaar dis nie geld in die water nie, want ek het noual gesien hoe kyk ek net dvd's op die fancy TV.
Subscribe to:
Posts (Atom)


