Wednesday, July 22, 2009

Handskrif

Ek is getag deur Sandra om my hanskrif te wys. Dis nogal interessant hoe hard die onderwysers op skool gewerk het om ons mooi te laat skryf. My "aanmekaarskrif" is heeltemal anders as my drukskrif. Die een le netjies vooroor en die ander een val so half agteroor...Wat sou dit nou se? Speel saam Riza en Elma, Muriel, Desire en Vicky

Sien uit om julle handskrifte te sien.

Friday, July 17, 2009

Ons meisies

Ek het so lanklaas geblog dat ek sommer net lus was om so mengelmoes van fotos op te sit van sommige van ons meisies se doen en late en laggies en vreugdes. Dit was so fees om Riza hier te he en deur die loop van haar vakansie... en my werk na die wonderlike lang rus, het ek ook die mooi fotos van Elma en haar dogters en kleindogters ontvang. Oor die kleindogters vertel ek met sulke stywe kiewe van die jaloers.... :-) maar intussen geniet ek klein Alessia asof sy my kleindogter en nie my niggie is nie. Hier wys Ilke en Amika, Xenia.... kyk net hoe groot het die klein asjas geword, en Natalie, almal tande. :-) Mooie foto van Riza ook. Lekker uitgerus en ontspanne.

Ons het allerhande pret gehad met sagte speelgoed...en etes en Wii en malls. Die foto van Nelmari en Elriza by Atlantis. Ons het ook die nuwe reuse Dubai mall gaan besoek. Mens loop jouself heeltemal gedaan in die plek. Ek het my werkskoene aangehad wat ek uiteindelik moes veruil vir gemakliker plat seilskoene, maar nie rekening gehou met die harde hakke wat my hakskene so rou gekou het dat ek sommer nog 'n paar Crocs ook gekoop het.

Ek het hierdie laaste twee weke ook in Dubai gewerk en dit was tog te lekker om ook saam met Hannes en Angela en Alessia te kuier. Kyk die vrolike klein meis...en die nuutste gier is grimering en dan veral lipgloss. Die foto hier onder wys die aanwending. Meeste daarvan beland in die mond natuurlik.

Hier is Elma en haar twee dogters, Erika en Natalie en kleindogters...eine trek my kiewe, Ilke en Amika...... een van die dae blog ek oor my eie kleinkinders. Ek is seker, maar intussen is dit sommer net lekker om mekaar te geniet en vreugde te put uit saamwees. Lief julle almal. Dankie maatjie Sandra vir so baie van die fotos. Jy is 'n baie goeie mamarazzi..:-)

Wednesday, June 24, 2009

As ons Groot Pa opdrag gee om huis te koop

Julle weet mos ek het gaan huis kyk in Greyton, so, ek kan nie se ek het nie daaraan gedink om 'n plekkie aan te skaf nie, maar nooit het ek gedink en sal in Johannesburg huis koop nie. Dalk het dit met jule ook al gebeur dat die een ding wat mens uitskakel as 'n opsie, baie keer juis dit is wat Pa weet vir ons die beste is. Toe ek Desember in Suid Afrika was, het Riza op 'n dag gese sy dink ons moet vir haar 'n blyplek kry en ek hoor Pa vir my se "koop 'n woonstel.".. en soos Moses begin ek so half met Pa redeneer oor waar ek die geld vandaan gaan kry ens ens.... Maar ons begin huis soek en ons bid dat ons die regte plek sal kry. En Hy sorg... om 'n lang storie kort te maak, keer Hy nie net deurdat ons aanbod op twee plekke deur die mat val nie, maar laat ook die aansoek vir 'n lening in Abu Dbahi seepglad verloop... en almal wat al moes aansoek doen vir lenings by banke by die huis sal kan waardeer as ek vertel dat ek sonder papierwerk, behalwe 'n handtekeing vir 'n debietorder, binne 15 minute in en uit by die bank is en binne twee dae die geld in my rekening gehad het.
Ek was al weer terug in Abu Dhabi toe Elriza met die hulp van baie goeie eiendoms agente, ons uiteindelik 'n keuse het tussen twee woonstelle in dieselfde kompleks. Die kompleks is boomryk en reg langs die rivier... pragtig en stil, met baie mooi tuine.

Ons aanbod op die duplex word aanvaar en die regmaak begin. Hier is so paar voor en na fotos. Ek het Elriza vrye hand gegee om verf en teels te kies. Ons het teels onder in die woonstel en houtvloere bo....ons is altwee baie in ons skik. Riza se kamer met die geel saam met die blou lyk baie mooi. Ek hou ook van haar keuse vir 'n eetkamerstel.... net baie gou agtergekom dat die swart hout 'n paar keer 'n dag afgestof moet word. Dit gaan jou probleem wees Meis. Die studeerkamer lyk ook pragtig. Riza sit in haar groen en goue studeerkamer en voorberei vir die eksamen.Na die toer in Ierland Skotland is ek Suid Afrika toe met die vaste voorneme om die eerste aand in my eie kamer te slaap.... en dit werk so uit. Dit was letterlik 'n kwessie van van die vliegtuig afklim en winkels toe saam met Wiehann, bed soek en op die ouens se gevoel speel dat ek in die koue op die vloer sal moet slaap as die bed nie die aand afgelewer word nie....en toe lewer hulle af en ek kan die mooi linne wat ek in Galway gekoop het gebruik....aaai, dis was sooo lekker...
Dis die lekkerste lekker om 'n plekkie in Suid-Afrika te he. Dankie Pappa vir die groot seen. Ons voel so bederf.

Thursday, June 11, 2009

Naomi se Rascal

Die tyd het toe uiteindelik aangebreek om die nuwe kleinding by Priscilla in Meyerton te gaan haal en ek en Riza pak die lang pad so voel voel aan/ Ek het maklik 15 jaar terug daardie pad gery. Maar ons kom daar uit en Riza en die klein dingetjie bond sommer dadelik. Hy het haar omtrent opgelek en sy oorweeg dit baie sterk om Naomie te laat weet dat ons toe nie die hondjie gekry het nie. Gelukkig... of ongelukkig, moes ons alreeds toestemming vra om Elriza se ander vier hier aan te hou. Sy oorhandig hom aan Naomie wat ons in Krugersdorp by die Mac Donalds ontmoet en hy en sy nuwe ounooi kry kans om kennis te maak



Terug by die woonstel word daar koffie gemaak met die kleintjie onder Naomie se arm.. :-) En hy word opgesoen

Dan drink ons koffie en Rascal leer sy nuwe mandjie ken. Hy is heel tuis.. en baie moeg

Naomie het vir hom sy eie kombersie gehekel. Willie het gewonder of dit nie te groot sal wees nie en Naomie was seker dat dit is nie. Die kombers maak hom heeltemal mooi toe... en dit lyk nie of dit hom pla nie. Snoesig kruip hy onder die kombers in en raak aan die slaap.


Mag die nuwe asjas in die huis vir julle groot vreugde bring en Naomie... soos jy gese het, baie seer heelmaak.


Met liefde

Friday, May 29, 2009

Ek het my kasteel gevind

Julle weet soms voel mens mos jy hoort eintlik in ‘n ander tydsvak. Of dit nou is omdat ek in my vorige lewe as ‘n lady…of prinses, in ‘n kasteel gewoon het, of sommer net omdat daar drome in elkeen van ons ingeplant is… weet ek nie, maar vandag het ek gevoel hierdie wonderlike mooi kasteel is my plek. Ek hoef niks verder te se nie. Die kasteel van buite

Page1

van binne,


Page2


Page5

die tuine…selfs ‘n walled garden (secret garden :-))

Page3

Die blomme …alles.

Page4

Droom lekker saam met my... lief julle

Sunday, May 24, 2009

Mooiste geboue

Die sprokie duur voort met die mooi geboue uit ‘n hele paar eeue gelede. Dis so lekker om na die geboue te kyk en te weet dat baie vorige geslagte dieselfde gedoen het. Ek sal later vertel van die Lochness monster wat ongelukkig besig was die dag toe ons gaan kuier het... maar dan het ons nie die Whisky ding gedoen nie


UK DDTT toer 022

Ons het tot by Inverness gery. Dit was die hoofstad van die Viking tyd… kan julle dink. Hierdie is die binnekant van die mall.. Mens wil net koop maar die tasse is bietjie klein.. Ek het wel nog CD's gekoop vir luister in die kar. En deur die musiek het ek 'n hele klomp geleer van die Skotse kultuur en wat die mense laat sing

UK DDTT toer 036

Hierdie is een van die baie straatjies van een van die baie dorpies waardeur ons gery het. Ek kan nie genoeg kry van hoe oud dit is nie.


UK DDTT toer 040


Hierdie is die stadshuis in Inverness en dis nog in volle gebruik. Daar is kantore van Advokate en prokureurs

UK DDTT toer 038

En kyk hierdie kerkgebou. Ek het julle vertel van die klooster by Jedburgh wat 84 jaar geneem het om te voltooi... hoe lank sou hulle aan hierdie kerk gebou het? As mens deesdae in die strate van Abu Dbabi of Dubai ry, lyk die strate van een week na die volgende totaal anders soos die geboue soos paddastoele opspring... en dalk sal hulle ook net so lank soos paddastoele hou.. nie 5 eeue nie.


Hierdis is 'n ry van sulke ou geboue in Edinburgh. Ek geniet die feit dat dit nie monumente is nie, maar dat mense nog daar woon en shop en leef.. Dis baie spesiaal.

UK DDTT toer 091

Ek probeer gou weer gesels. Ek het eintlik 'n duisend dinge wat ek wil deel en foto's wat ek wil wys.

Friday, May 15, 2009

Eerste indrukke

Ek weet ek is baie ver agter met die eerste storie van ons kuier, maar my geduld word beproef deur baie swak netwerke. Dis nie dat ek nie graag hierdie met julle wil deel nie. Toe ons in London afklim, was dit 11 grade en die wind het yskoud gewaai. Ons het baie lekker gebly in die hotel in Heathrow.... een van baie moet ek se, en Costas koffie gedrink. WAar mens ookal in die wereld gaan ,eet ons by dieselfde plakke, drink dieselfde koffie en trek dieselfde aan. Die enigste goeters wat baie anders is, is die manier wat ons babbel en selfs in dieselfde taal, woorde uitspreek. Mens kan bv COMFORT en MUSHY PEAS se op baie maniere en mekaar amper GLAD nie verstaan nie. Dan het julle op Sandra se blog gelees van hoe ons tussen stasies en treine gehardloop het. Julle weet daardie liedjie van Lochner de Kock en Richardt van der Westhuizen... maar ons klim na twee en 'n half uur stokflou gehardloop by Watford stasie af en daar is 'n fietswiel aan 'n heining vasgemaak. Toe wonder ons.... is die res van die fiets gesteel, of wat... en ek hou my sak stywer vas. Ons is, soos julle op die foto kan sien... ook Engeland uit en Skotland in... mens kan amper se die wind waai ons uit die een land in die ander land in. Die huise is stokoud... pragtig. Julle gaan nog moeg raak vir al my straattonele , maar Niel, jy sal vir jou mam prentjies maak daarvan ne? Dit voel heeltyd of ek in 'n sprokie is. Alles is pragtig groen, en julle sien ook stukke van die muur wat die Romeine gebou het as die verste Noordelike grens van hulle ryk... Ek sal fotos wys van die kastele en dinge, maar sien solank die foto van die Abby by Jedburgh.. ek het eers gedink dis 'n tronk, maar toe nie. Die tronk kom nog....die Abby het 84 jaar geneem om te bou. Dis sover my storie en mengelmoes van fotos... Ek sal beter doen met die stories en geskiedenis, want soos julle weet, is die geskiedenis van die amazing land, baie indrukwekkend. So deurmekaar soos die eerste inskrywing klink, so oorweldig het ek die eerste twee dae gevoel deur alles wat ek sien en ervaar. Lief julle almal..