Ek wil baie graag met julle kontak hou met die blog en ek het lanklaas iets geplaas ek weet, so hierdie net om te sê ek is nog hier. Dis net gremlin tyd met rekenaars en kameras wat oppak. Ek het al gewonder of die een ding vir die ander ding sê ek gaan oppak en dan besluit die volgende ding dat dit dan sulke tyd is. Gelukkig is dit nog nie volsterkte somer in die land nie, want die lugreëlings werk nie. Die kamera se liggies gaan nie meer af nie en vries... soos die rekenaar. So een vir een gee ek aandag aan die dinge en hopelik sal die lugreëling ou sy foon vandag antwoord, want die naweek is verby.
Die dae breek nog koel in hierdie woestynland. Die son laat so sagte glans oor die geboue en ons weet Vader is in beheer, hier, daar by die huis waar dit nou herfs word en die natuur gereed maak om te rus.... en oral anders in die wêreld. Julle is in my hart en in my gedagtes. Lief julle almal.

No comments:
Post a Comment