Friday, April 11, 2008

Siek dierekinders.

My Dee kat het mos die ewige groot nies en soms raak dit baie erg. So neem ek hom weereens Veearts toe en hy word opgeneem... kwotasie... DHS3000. Dis omtrent R6000 en ja, ek snak na my asem en verduidelik dat ek baie lief is vir hom en graag hom gesond wil hê maar dis 'n straatkat! En die veearts sê sy sal eers die basiese doen... dan later sien wat nog nodig is... ja asseblief. Sy ounooi is nie 'n miljoener nie.As ek bel om te hoor hoe dit met hom gaan... word ek deurgesit na die saal toe en dan praat ek met die saalsuster wat vertel dat hy goed doen en reeds sy tweede neusspoeling gehad het ens. Na twee dae kom hy huis toe met antibiotika en hy is sommer baie beter. Hier sit meneer op die bank en lek die pootjie waar die naald vir die narkose in was... siestog... En by die Elriza word Tavid ook in die hospitaal opgeneem met 'n erge ontsteekte magie... "hy het maar 'n sensitiewe magie ma"... sê sy ounooi Elriza. Na drie dae is hy ook darem weer beter en kom met 'n verband huis toe. Maer... maar beter. Kyk hierdie ogies... anders as Dee wat hom nogal nie aan kameras steur nie, is Tavid glad nie mal oor kameras nie. Hoop die diere bly nou gesond. Ek dink aan mediese fonds vir hulle almal maar 'n voorlopige kwotasie hier in die land se paaiement is genoeg vir 'n nuwe kar....

6 comments:

Anonymous said...

Nee maat jong dit lyk asof daai arme hond se ma hom oppiep!

Anonymous said...

Hy is sy ma se seuntjie... tot sy oubaas DJ se groot verdriet..:-)

Anonymous said...

Hy is sy ma se seuntjie... tot sy oubaas DJ se groot verdriet..:-)

Anonymous said...

hey, ek het nie die verband om sy armpie gedraai nie, die veearts het ;-)

Anonymous said...

I don't exactly know what you guys saying, but Riza told me a little bit and I have to agree with everyone - Tavid's a real spoiled little dog that think he's human Just look at the "mom" and "dog" face, you can see it. (She's cute though :-)) Why do I see my name on the comments?

Anonymous said...

DJ I think it is fair that I explain why your name is on the blog. Or no, I will let Riza tel you... Grandma "C"