Saturday, January 10, 2009

Totsiens en hello

Dis vervlaks aaklig om totsiens te se. Mens moet senuwees en 'n hart van staal he om dit te oorleef... of tenminste dan tydelik. Dis makliker om diere te groet as die mense so na aan mens se hart. Ek het nie eers laaste groetfotos geneem van my geliefdes nie. Ek konsentreer te veel op deur die afskeid kom. Riza se viertjies het so op my laaste oggend lekker styf teen mekaar in die sonkolletjie gesit. Die bietjie warmte was nodig na die vorige nag se storm wat die temperatuur sommer drasties laat val het... welliswaar net tydelik.


Bonita het die heel vakansie by my geslaap en as my oe oopgaaan in diee oggend styf teen my kop le en kliphard gespin.. Die ou vroutjie word ook nou oud.


Terug by die huis wil Didi net op my skoot sit. Die stoelsittery is nie op mails te lees nie, maar hy weet dis waar ek gaan wees. en Taffee wil fetch speel. En as ek nie meer die bal wil gooi nie, dan rol hy sommer vir homself die bal van die stoel se rugreeling af en speel fetch met homself

Dee sit hoog en droog op die tafel... buite bereik van die besige Chihuahua boeties sodat hy naby my kan wees.
En toe doe groot bederf van 'n kuier van Hannes en Angela en Alessia..die aspatat word so groot. Sy sit soos 'n wafferse dame op die stoel en wieg

en toe ons nie haar kersgeskenk wil aanmekaar sit nie, klim sy sommer bo-op en lyk asof sy lesse gehad het in kryt vashou en teken. Kyk die konsentrasie.

Hannes probeer my fotoprogram uitsorteer. Sy ousus is eintlik rekenaar gestremd.



Ag dankie weer vir almal se liefde by die huis en weer terug in Abu Dhabi. Dankie vir William en Sandra en Liam en Armand en Vanesa vir die oppas van die huis en diere. Ons skuld julle groot

En sien, ek het 'n baie wonderlike L'Occetaine persent van Hannes en Angela gekry... dankie dankie.. X X X


Ons sal daarwees vir mekaar deur die jaar. Didi en Taffee en Dee se BAIE DANKIE

18 comments:

Muriel said...

Hi Charmaine, jou hondekinders het seker amper mal geword toe hulle jou sien?

Siestog en nou gaan die in SA jou weer mis!

So kom elke goeie ding op 'n einde. Maar julle is gelukkig, julle het die beste van 2 wêrelde!

Alessia groei nou so vinnig, ons moet 'n baksteen op haar kop sit!

Is Hannes regtig jou boetie?

Mooi bly
x x

Anonymous said...

Hi Muriel, ja ek en my dierekinders aan die kant was ewe bly om mekaar te sien... :-) Ja, Hannes is regtig my boetie. Lyk hy te jonk om te wees?? Ek weet, ons het vreeslik baie seeninge.
Geniet jou naweek.
X X

Anonymous said...

Ja die diere kinders is n ander ding as jy dier behep is soos ek. My hasie is toe ook nie meer met ons nie en ek kry baie swaar om die hok skoon te maak en weg te sit. Verlang baie na haar. DDTT is nou ernstig in die beplanning stadium. Hou julle email dop.
Annie

Muriel said...

Annie ek is baie jammer om te hoor van jou hasie!!! Sterkte :(

Ja Charmaine jou boetie lyk nog baie jonk! Maar daarmee bedoel ek glad nie ons twee is oud nie. Ons is nog "spring Chickens" haha
Nou verstaan ek hoekom jy so erg is oor Alessia en haar ouers! Dis lekker om jou boetie so naby jou te hê!
Jy is lekker bederf met daai geskenk!!!

Mooi bly!
x x

Anonymous said...

Dit is soos jy se dit is nooit lekker om te groet nie, en dan nog die senuwee dinge wat saam die vlieg gaan is weer 'n ander strorie. Maar mens moet daar deur en dit is altyd lekker om aan die anderkant terug by jou eie plekkie te wees of hoe.
Jou kinder diere is te pragtig, Christiaan reken hier op my skoot ...Ag Shamepies hulle is te mooi mamma !!

Lekker week

Charmaine said...

Ag Annie, so jammer oor jou hasie... ((( drukkie))) :-( Ek is bly om te hoor die DDTT is in die beplanning. Ek sien uit daarna. Dit was nou sommer baie lekker om weer van jou te hoor. Sterkte vir jou en he 'n lekker week.

Muriel, Hannes is net 7 jaar jonger as ek.. :-0 Maar ja, ek het baie myle op. Angela is 13 jaar jonger as ek maar sy kan deurgaan vir 30. Hulle is baie na aan my hart ja. ;-)

Mariette, julle sal moet kom kuier dat Christiaan met hulle kan kom speel. Ek moet Taffee se bal wegsteek in die aand dat hy tot rus kan kom. Hy dink solank hy die bal sien moet hy speel. Dit is lekker om terug te kom na mens se eie goed ek stem. Geniet jou week.

Nimsi se Blog said...

Het nou vreeslik lekker hier by jou gekuier.
Nimsi

Thea said...

Hello Charmaine! Afskeid neem is nooit lekker nie!! Ek kan sommer hoor en sien jou hondekinders is baie bly om hulle ma weer te sien en jy vir hulle!!

Teen hierdie tyd voel dit seker ook al weer vir jou of jy omtrent nie weg was nie! Hoop jy werk jou nou nie oor 'n mik na die lekker lang vakansie nie?!

Sandra said...

Ek's seker dat daai 3 diere-seuns van jou baie bly is om hulle mamma weer terug te he. As hulle die foon kon gebruik het sou jy seker hope oproepe en sms gekry het!

Anonymous said...

Jou honde kinders is tog te cute! En dan praat ek nie eers van klein Alessia nie ... sy is te pragtig!

Desire Fourie said...

Hello Charmaine. So bly jy's weer veilig terug by die 'huis'. Daardie hondekinders van jou is te ougat. 'n Mens wil hulle net opvreet. Geniet hulle. Alles van die beste en wat mooi is vir 2009. Met liefde van Desire

Charmaine said...

Hallo Nimsi en dankie vir jou inloer op my blog. Hoop ek sien sommer baie meer van jou. Ek dink die twee katte op jou foto is pragtig..:-)

Thea ja, dis amazing hoe mens oorskakel van een wereld na die ander... ek is volstoom aan die werk jongie. Jy kan glo ek geniet die drie seuns van my vreeslik..

Maat ja, as ek hulle kon sms sou ek seker 'n plaas se geld vir die telefoon betaal het. Nee, twee plase sin. Ek betaal al klaar een plaas

Dankie Paula, moet se die klein Alessia is diep onder onse velle in. So lekker om weer die warm hondelyfies vas te hou. Dee, my gemmer, slaap sommer op my bors. :-)

Desire, my dierekinders is CUTE jong. Lifde vir jou ook

Anonymous said...

Mam, dit was nie lekker om baai te se nie, en ek mis mam vreeslik. Koppie tee?

Anonymous said...

ja asseblief my meis... tee sal lekker wees.. ek mis jou net so baie

Dorette said...

Dis maar die sleg van kuiers ne! So lekker soos dit is om weer bietjie by jou eie huis tussen jou goedjies is, so sleg is dit om te moet groet.

Ons is bederf dat my ouers redelik naby bly en ons hulle gereeld kan sien, maar my skoonouers is 'n dagreis ver en ai! die verlange raak maar baie. (Veral nou met die kleine prinsie by, was Ouma Elna se hart baie seer met die groetslag).

Sterkte vir die nuwe jaar!

Charmaine said...

Dorette, ja dis altyd lekker om in Suid Afrika te wees en ek mis die mooi en groen en vars, maar my goedjies hier in Abu Dhabi maak dit huis vir my. Mooi nuwe jaar vir jou ook jongie. Hoe gaan dit met kleinman se tandesny?

Jan and Miekie said...

'n Mens se huis is maar waar jou hart is ne. Ek kan sien jou dierekinders is diep in jou hart... Dis seker lekker om weer in jou eie omgewing te wees. Ons het ook BAIE en LEKKER gekuier die vakansie, maar nou is dit op 'n end. Ek het gister gaan "skoolhou" net om uit te vind ek word eers Donderdag verwag! Ek is bly oor vandag se ekstra tuisblydag: nou niks meer kuier nie behalwe om gou op datum te kom met 'n paar blogs. Vandag wat vandag is, moet ek regtig BAIE voorbereiding doen, anders gaan die jaar 'n nagmerrie word. (Names Dorette: Franco het nou amptelik 3 tande, maar daar is nog 'n paar wat spoedig aan die kom is!)

Charmaine said...

Hi Miekie, Dankie vir die update oor klein Franco se tandjies. Ek is bly vir hom en die mamma en pappa. Jy moet die skoolhouery sommer baie geniet die jaar en goed wees vir jouself ook so tussendeur.