Tuesday, January 20, 2009

Volstoom 2009

Oral waar ek lees sien ek dis nie net vir my wat 2009 so in overdrive is nie. Ek was skaars twee dae op kantoor toe pak ek weer my tas vir 'n vier dae lange kursus... en meer van die kursus sal ek liewer nie se nie. Net toe ek bly word dat die kursus verby is, hoor ek ek is weer drie dae hierdie volgende week in Dubai by die akademie... nog 'n kursus.. mens voel heeltemal buite beheer en as ek bestuur en die gevoel kom oor my, dan ry ek stadiger, sit musiek op en haal diep asem.. My asem skep in hierdie vroee stadium van die nuwe jaar is die herleef van die heerlike tyd in Suid Afrika waar ek net weer besef het hoeveel vrede die natuur in my kom bere... ek deel graag met julle.
Ons jaag so rond en op die ou end werk mens vir die toilet en die ashoop... so het my oupa altyd gese... en die Here se hy klee die lelies van die veld sonder dat hulle 'n steek doen... en maak dit mooi om ons... skep onder andere die mooisterooiste rose sodat ons vir mekaaar kan se hoe ons oor mekaar voel. (Wiehann het die mooi naby foto geneem van rose wat DJ vir Riza gestuur het om sy ma 'n les te gee in fotografie.)
As ek dit geweet het sou hierdie foto van die seepoele by Waenhuiskrans soveel beter uitgekom het... maar ek staan altyd verstom oor die detail van ons Skepper se handewerk..
Dan die wonder van aanhou ... hoe lank moes die seewater teen die rotse slaan om hierdie seegrotte uit te kalwe... as ons kan aanhou met uithou, is niks onmoontlik nie..
Hoe lekker om op die stoep van 'n lekker eetplek te wees met dierbares en vriende en 'n uitsig oor die Noordelike koppe van Johannesburg... of tussen die plante op Bredasdorp.

Mens kan ook in jou gedagtes langs die see gaan stap by Aghullas en diep ma en dogter geselsies he...
Of sommer net oor die see uitkyk en weet ons God is groot.

En dan die dag afsluit met 'n gesellige aandete by Ons Huisie by Bloubergstrand... warm vriendelike vuurtjie in die kaggel laat brand
en bewus wees van God se hand oor ons vir geslagte lank
En nou het ek sommer weer stoom vir die volgende fase van die besige vinnige jaar... hou vas ouens... lief julle almal...

19 comments:

Desire Fourie said...

Sterkte met al die kursusse. Ek hou van jou pa se seding: Ons werk vir die toilet en die ashoop ... baie waar. Mooi bly.

Charmaine said...

Hi Desire... lekker om van jou te hoor."-) Geniet die laaste deel van die week. Die naweek is om die draai.

Thea said...

Ai, darem altyd lekker om te kan terugkyk op 'n lekker vakansie en mooi herinneringe!

Sterkte met jou besige program Charmaine!

Sandra said...

Ons moet rustig raak maat en nie toelaat dat mense en dinge tyd vat nie. Bly jy het darem die Kaap bietjie geniet :-)

Mariette. said...

Ai Charmaine, Ek hoor wat jy se, dit voel self vir ons asof ons vakansie wat ons net nou die dag gehad het al maande terug was,-Ek is mal oor jou fotos,-Pragtig!
En ja God is groot ons is soms net te besig om sy grootheid in ons ale daagse bestaan raak te sien.En dankie dat jy ons net weer opnuut daarvan bewus gemaak het.

Liefies en lekker week verder.

Sterkte met die kurses.

Charmaine said...

Hi Thea, dankie jongie. Hoop jou seun se kar is uitsorteer. Weet jy my seun se kar is ook deur Desember gesteel. Die diewe maak seker hulle is nie sonder wiele in die nuwe jaar nie.Sterkte ook vir jou week.

Maat, ja, ek weet. En rustigheid kom nie van buite nie maar van binne. Ek werk weer daaraan. Die Kaap was wonderlik!!!

Mariette, mens moet maar sulke ruskansies neem soos julle ook en sommer 'n uithappie maak op die strand ne> Dankie, ek is bly jy hou van my fotos.:-)

Nimsi se Blog said...

Hello Charmaine,
Oe jou roos foto is pragtig! Die mooiste blom vir my. Ek gaan ook altyd na die natuur om gesus en heelgemaak te word. Baie sterkte met al die kursusse.
Mooi bly
Nimsi

Charmaine said...

Hallo Nimsi... ek kan nie regtig ooit 'n gunsteling blom kies nie maar rose is wonderlik. In my hart dink ek ek is 'n veldblom mens:-) Fyn blommetjies fassineer my. Lekker om van jou te hoor Nimsi

Nimsi se Blog said...

Hello Charmaine,
Wil net vir jou dankie se vir jou kantlyn inskrywings - wanneer ek soos vanmore voel - soos n donderstorm wat aan die broei is - dan kom lees ek jou kantlyn inskrywings.
Dankie
Nimsi

Anonymous said...

Haai Nimsi,ag....ek is sooo bly. Het juis gedink ek wil nuwe een opsit. Ek leer so baie lesse maar partykeer is ek nog eers besig om te sulk daaaroor en met ons GrootPa uitsorteer voor ek kan skryf daaroor. Ek bid sommer net vir jou vir groot rustigheid

Muriel said...

Hi Charmaine hier kom agteros ook in die kraal.
Ek het sommer nou vir myself inspirasie hier gekry. Ek moet stil word en myself gaan vind. Dit gaan ek verseker die week doen. Ek raak heeltemal verward as ek nie genoeg stiltetyd het nie!

Hei! maar jy raak nou professioneel agter die kamera girl!!! ;-) Ek sien jou vriendin het jou nou aangesteek!

Lief vir jou!!
x x

Muriel said...

Ek wou ook sĂȘ: Sterkte met die eksamens en al die besige dinge!

Oom Petrus said...

Hallo Charmain,
Op jou blog afgekom toe ek Nimsi se blog gelees het. God se natuur is wonderlik en bring altyd 'n rustigheid in 'n mens
Sterkte vir 2009

Charmaine said...

Hi Muriel... jy hol ook op die 2009 tredmill lyk dit my :-) Lekker dat jy kom inloer en dankie, die eksamen het nie te sleg gegaan nie... ook nie te goed nie:-) Maar ek is heeltemal ok daarmee. Hoop dit gaan goed met jou ook vriendin.

Hallo Oom Petrus, dankie vir die inloer en ja, geniet ons mooie land se natuurskoon. Selfs die stede kan dit nie verdof nie. Laat mens heeltyd weet ons God is by ons..

Jan and Miekie said...

Ag dankie dat ons julle toer kon meemaak! Ek onthou sulke spesiale oomblikke toe ons op 'n Kaapse toer was met die kinders in 1993! Ek het kort-kort gese: "O maar dis goed vir my siel". Die Here verkwik 'n mens darem deur Sy skepping! Mag die toer jou altyd bybly en die herhinneringe jou krag gee vir jou besige jaar!

Anonymous said...

Hi mam, met 2009 in volstoom is dit lekker om na die fotos te kyk van toe dit rustig was en toe mam hier was. Lief vir mam en mis mam.

Charmaine said...

Hi Miekie en Jan, Toer is heerlik... daar is soveel dinge om te sien en te ervaar, mense om te ontmoet en ja, dis wonder van die natuur. Dis mooi daar waar julle bly ook. Sterkte vir die week.

Ek mis ook die kuier en weet jy, ons was eintlik baie besig maar die rustigheid kom van binne van bymekaar wees. Mis jou ook my doggie

Muriel said...

(((Charmaine))) ek het so geskrik toe ek van julle nare ondervinding by Sandra lees!

Ek wou net vir jou 'n drukkie kom los!!!
x x

Anonymous said...

Hi Muriel.... baie dankie vir die dink aan (((drukkie))) vir jou ook. Vader het ons so beskerm. En daar was inderdaad Engele op ons pad met al die mense wat so goed was vir ons.

Liefde
Ekke