Saturday, March 21, 2009

My besige weke

Nou nie dat enige week in hierdie jaar 2009 al as rustig geklassifiseer kon word nie. Dit is regtig nie snaaks soos die wiele van die tyd oor die dae en weke en maande rol hierdie jaar nie. Ek wil nie eers probeer voorgee ek hou by nie en die baie niks wat op die blog aangaan sal my in elk geval weggee. Ek weet darem ook dat ek erg bederf en geseen word so in die rondry en al en deel dit graag met julle.
Ek ry die laaaannng besige pad van Abu Dhabi af ... deur Dubai... deur die woestyn... ry Ras Al Khaimah skoon mis en kom sterk skemer by hierdie pragtige nuwe hotel aan. The Cove. Ek dink eendag moet ek weer daarheen teruggaan en die spa en swembad en see gebruik... is dit nie mooi nie...
Hierdie foto's het ek die volgende oggend geneem. En toe is ek eers spyt dat ek nie vroeer by die hotel aangekom het nie
Dan laatmiddag die volgende dag van Ras Al khaimah na Fujeirah . Die verkeer bestaan hoofsaaklik uit trokke, maar die ander voertuie ry teen die spoed van witlig by mens verby op regtig gevaarlike paaaie wat mens totaal opstress... maar kyk hierdie berge. Soos die see se kleure, het ek hierdie berge al in grou grys en vaal vuil wit en amper swart gesien, maar hierdie keer is die berge die kleur van die verf waarmee Elriza die nuwe woonstel se sitkamermure mee wil verf.... iets soos Freestate dusk. Of so dink ek?? :-) So baie mooi..
Dan kom ek stokflou by die hotel aan en in die kamer op die TV skerm word ek by my naam welkom geheet... die bed is oopgeslaan en daar is vrugte met komplimente van die hotel... lekkkeeerr voel ek soos 'n ryk vrou.... le lank in die warm skuimbad en bestel kos om in die kamer te eet.

Een week is verby en die volgende week is niks minder besig nie. Hierdie is vroegoggend mistigheid oppad Al Ain toe, maar waar ons gaan, skyn die genade van God se son oor ons en weet ons Hy laat ons nooit los nie. Hy laat die meetsnoere vir ons in lieflike plekke val.

19 comments:

Sandra said...

Dis twee mooi dele van die UAE daardie maat. Die hotel met die "huisie" effek lyk baie mooi.

Jan and Miekie said...

Die hotel lyk te heerlik. Daardie bed. Maar die beste is die fotos. Baie dankie. Ek het lekker saamgereis. My lang ryerey werk toe het ook sy perks: die mooi wolke ens. Jan het laas week vlakvarke oppad huis toe gesien.

Charmaine said...

Hi maat, dis beslis 'n plek waar mens weer kan heengaan. En die somer is op ons dan is die strande nie meer so goeie idee nie. Maar om tyd te kry vir so wegbreek.... :-(

Miekie, dis waar, mens moet die mooi dinge so langs die pad raaksien en waardeer, anders raak dit tedious om die minste te se. Ek het nog nie vlakvarke hier gesien nie... ai, ek wens... maar wel bokke wat sommer oor die pad voor die kar kan inloop. Ek het 'n foto probeer neem, maar was nie vinnig genoeg nie. Volgende keer..

Nimsi se Blog said...

Charmaine, dankie vir die deel, jou fotos is pragtig! Wens regtig ek kon vir so n ou wekie of wat saam met jou oor die woestyn vlieg...
Mooi week vir jou!
Nimsi

Anonymous said...

Hi Nims, dit sal baie lekker wees :-) Hoekom kan jy nie? maak planne dan kom jy. Ons sal jou so bederf

Charmaine said...

Ag kyk nou hoe skryf ek namens anon op my eie blog

Thea said...

Ai die uitsig op die see van die hotel af is darem maar baie mooi Charmaine!

En dan sien ek ons deel so ewe dieselfde van! ;-)

Anonymous said...

Dis beautiful mam, en mam is regtig geseen. die mure sou free state earth gewees het, maar gaan nou tuscan wees ;-) amper dieselfde. lief vir mam.

Charmaine said...

Hi Thea, ek het nie geweet jy is 'n Nortje nie... so leer mens elke dag meer van mekaar ne. Ja die uitsig is regtig beautiful soos Elriza se.

DJ en Riza,

as julle kom kan julle na daardie hotel toe gaan. Dit is baie spesiaal en anders... soos 'n dorpie. Ek sal sien hoe die kleur lyk wanneer ons uiteindelik kan begin regmaak en intrek meis..ek kan nie wag nie

Desire Fourie said...

Hi Charmaine. Hene maar dit lyk asof jy net nie van die laaang pad kan wegkom nie. Die hotelle lyk na regte oasis in die middel van die woestyn. Dis lekker as mens op die hande gedra word en die klientediens mens nie soos 'n mommer laat voel nie, maar eerder soos 'n spesiale mens. Mooi bly.

Dorette said...

Sjoe dis pragtig! Is bly dis sulke mooi hotelle - ek is maar 'n eie-huis mens, en was dit nie vir sulke tipe bederf nie, sou werkstrippies baie slegter gewees het!

Charmaine said...

Hi Desire, jy is reg, ek is nou Oueen of the roads.... ek dink ek moet bele in 'n klein helihopter ... of iets. :-) Jy weet ek doen klientediens opleiding... of het, voor ek met iPhones en ander dinge deurmekaar geraak het... en ek is so bewus van die ekstra wat mense insit. Die hotelle in die land doen nie sleg nie.


Dortette, ek hou ook van my huisie, en ja, die bederf in die mooie hotelle is altyd spesiaal. Maar as ek kon kies sou ek steeds by my huis wou wees.

Mariette. said...

Dit is pragtig Charmaine. Ons was nou die dag vir so paar dae daar en dit is regtig 'n fees vir die oog. Eks mal oor die eerste hotel waarin jy oor gebly het. -dis darm maar pragtig jong!

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

"The Cove" lyk pragtig! Ons sal defnitief moet plan maak om daar te gaan kuier!

Baie dankie dat Tannie die foto's en gebeure met ons deel.

Anonymous said...

Ja julle kan gerus gaan kuier daar. Dis vreeslik mooi. Maar maak gou want dit word WARM :-)

Muriel said...

Dis pragtig!!!!! Dankie vir die deel Charmaine.

Ag die wêreld is darem 'n mooi plek ons is regtig geseën!

Liefde vir jou!
x x

Charmaine said...

Hi Muriel, ons wereld is mooi. Die Arabiere het 'n gesegde. As ek vir hulle 'n kompliment gee, dan se hulle... " you have beautiful eyes" bedoelende oe wat die mooi raaksien... en mag ons almal altyd beuatiful eyes he om ons Groot Pappa se skepping te waardeer..
liefde vir jou ook
xx

Sandmensie said...

Sjoe die Cove is mooi..!Het jy dalk vergeet van die "Sloan's Inn"? In Al Ain man..jy is enige tyd welkom vir 'n teetjie of middagete of 'n oorslaap..dan hoef jy nie in die mis te ry nie..

Charmaine said...

Hi julle ouens... ja ek weet van die baie spesiale Sloan Inn,en as ek kan sal ek beslis. DANKIE VIR JULLE... MIS JULLE