Tuesday, March 10, 2009

Wie wil 'n iPhone he?

Vandat ek teruggekom het van my vakansie in Desember, is ek besig met die iPhone. Eers moes ek vir ses dae opleiding bywoon in groot geheimhouding... want as die kompetisie voor die vrystelling van die foon uitvind dat ons die kontrak met Apple gesluit het.... groot moeilikheid... weet nie wat sou gebeur nie, maar dit het my nogal aan my weermag dae by Militere inligting laat dink waar mens jou naam met 'n uitveer moes skryf.... :-). Dit was sommer ons grappie. Stap twee was om saam met die span, wat basies uit twee bestaan, rond te hol en te organiseer om ander mense opgelei te kry. Dit het so in fases gebeur van tegniese opleiding wat byna 'n data overload veroorsaak het, tot vrede maak met die foon tot gehook raak.... tot ander mense geinteresseerd kry. Sandra wil nie aan die foon vat nie, maar hoop ek sal een koop om ons deur Engeland te kry in Mei :-) en Greg was so effens skepties, want die foon is duur en so aan en daar is darem baie ander goeie fone op die mark
.

Maar kyk hoe raak hy en Crispin eers gewoond aan die foon. Dan word hy ekspert en kry Vicky by... en Celandrie, en dan speel almal tog te lekker saam.


Die foon is baie nuut in die UAE en ek moet se ek droom nou al snags van alles waarvan my nie-tegniese kop vol is. Ek dink ek gaan ook een koop... ek sal moet, want ek moet mos in oefening bly of hoe? Enige iemand vir die iPhone?

10 comments:

Thea said...

Ek is nog heeltemal onkundig oor hierdie nuwe foon Charmaine maar ek het gaan google en ek sien hy't 'n magdom "applications" op hom! So 'n alles in een tipe "gadget". Weet nie of hy al hier beskikbaar is nie, maar ek glo hy is seker. Sal bietjie na hom kyk as ek weer in die winkels kom.

Anonymous said...

Thea,
Dis nogal 'n amazing gadget. Selfs ek, wat glad nie 'n gadget mens is nie, is beindruk. Mens het iPod en internet en 'n foon..alles in een en ja, derduisende aplikasies wat die wonderlikste dinge aanbied. Kyk hoe verkoop ek die foon :-))) Dit is beskikbaar in Suid Afrika. Ek kon selfs die demo hier stel dat hy Afrikaans praat met my

Sandra said...

Maat jy moet maar dit op bestellings aankoop vir die mense, dis heeltemal te duur in SA. Wanneer het jy nou weer gese koop jy joune? :-)

Anonymous said...

hi maat... ek dink so gou as moontlik.:-) en nie slegte idee om vir mense te koop nie. Die enigste probleem is die kontrak wat saam met die foon kom. En dankie vir die foto's en videos wat ek nou so lekker op my blog kan gebruik. Jy is darem maar 'n ster

Anonymous said...

iPhone- speelding nie foon nie. Probeer bietjie vinng 'n sms stuur. Kannie mail kry nie. Koop ne tby Apple- en dan kla hulle oor Microsoft antitrust- nee wat nie vir my.

Nimsi se Blog said...

As dit by hierdie tipe van "gadgets" kom staan ek ook met my hande baie styf agter my rug gevou! Heeeeelemal te dom daarvoor!
Nimsi

Anonymous said...

Ek dink sms kan nogal 'n storie wees as mens bestuur... wat mens nie veronderstel is om te doen nie, maar mens kan mail kry. Sal jou wys... :-)

Nims ek weet, as jy die begin van verlede jaar vir my gese het ek moet mense gaan leer van fone en modems sou ek gese het... "in jou drome", maar dis nou presies wat ek doen en of ek wil of nie, ek leer nou van gadgets.... al sou ek eerder lip ice maak...as ek nou moes kies

Dorette said...

In ons huis los ek maar die gadgets vir Gert - hy geniet dit om so speel-speel agter die kap van die byl te kom, en dan kan ek net die kort allernoodsaaklik-om-te-weet weergawe kry!

Desire Fourie said...

Ek hoor en sien baie advertensies oor die iPhone hier op TV in SA ook maar ek het nog nie regtig dit van nader ondersoek nie. Wat is die voordele van so 'n foon, wat 'n gewone selfoon jou nie kan bied nie. Mooi bly. Desire

Charmaine said...

Desire die iPhone is eintlik drie in een. Dis 'n foon, 'n ipod en internet... plus SOVEEL applications... mens kan letterlik kies uit 15,000 + oor enige onderwerp onder die son. Eintlik moet mens van naderby gaan kyk. Ek het tot my banksake op die foon gedoen.