Tuesday, May 12, 2009

Alessia se kuier

Alessia se kuier op Vrydag was weer vol heerlikhede en ervarings vir die besige klein aspatat. Hannes en Angela kom betyds vir vroee middag koffie en ons maak kleifeetjies… en ek vang Angela met haar mond vol yogurt brood :-) Alessia maak haarself met die honde se kombersies in hulle bedjie toe en die twee manne verstom hulle aan haar. Ek is net betyds met die kamera toe sy besluit die bed kan op enige plek in die huis wees… en daar gaat sy
Sy gaan weer saam met ons omgeegroep toe. Ons kry 'n dooie gecco onder die tafel en sy gaan wys almal wat inkom.
Dan is dit tyd vir saamsing. Sy geniet dit vreeslik baie. Op die foto les sy haar dors maar hou nie op met die bewegings nie.
Buite ontdek hulle 'n tor. Nicolas wys vir haar (tipies seunskind ne) en daarna is sy heeltemal bereid om die tor saggies te streel. Ek weet nie of dit goed of sleg is dat sy nie bang is vir goggas nie, maar een ding is seker, sy dra nie vrese wat ons as grootmense so maklik aan ons kinders oordra nie. Julle is goeie ouers Hannes en Angela.
Na die les klaar is, is dit tyd vir buite speel en klein meis ontdek saam met die ander kinders, die poel water van die spreiers op die driving range en toe begin die groot pret van spat en speel. Toe sy terug is by my, moet die nat klere uit.

Ek dink nie ek was om die draai nie, toe raak sy aan die slaap. Dankie vir die kuier. Ek gaan julle mis die volgende maand... Lief julle

12 comments:

Nimsi se Blog said...

Julle is twee besige ouma's daar in die woestyn Charmain! Ag sy is regtig die mooiste ou poppelopsie!

Geniet julle vakansie, reis veilig en ek tel die dae aan hierdie kant.

Ek wil n ietsie kleins vir die vroutjies daardie kant saamstuur, gaan jy plek he vir n platterige pakkie?
Hoeveel vroutjies in julle bidgroepie saam met Nelmari?

Muriel said...

Ons "engelkind"!! Sy is regtig dierbaar en ek sĂȘ weer daai gesiggie het my hart gesteel.

Charmaine julle moet julle reis geniet. Reis veilig en neem asb vir ons baie foto's!!

Liefde
x x

Thea said...

Kan sien die kleinding het haarself gate uitgeniet! Oulik die kleifeetjies ook.

Charmaine julle moet dit verskriklik geniet! Ek sien so uit om al die mooi foto's te sien! Sal aan julle dink en gaan julle mis.

Desire Fourie said...

Hello Charmaine. Alessia is darem besig om vinnig 'n pragtige dogtertjie te word en ek kan nie glo hoe vreesloos sy vir goggas is nie. Soos jy se dis so belangrik vir ons grootmense om nie ons vrese op die kleingoed te projekteer nie. Ek sien die hondekinders het nie 'n hulle katel uit die oog verloor nie en het Alessia en hulle bedjie oral gevolg.

Op 'n ander noot ... 'n mens het glad nie enige scrapbooking ondervinding nodig vir my Scrapaganzas nie ... daar is elke keer 'n hele paar dames wat scrapbooking vir die heel eerste keer by 'n Makaranga Scrapaganza doen. En julle groepie daar in woestynland is definitief al gesoute scrappers as ek so na hul handewerk kyk. Dit sal 'n groot eer wees om jou en dalk Sandra ook by 'n Scrapaganza te he. Mooi bly.

Anonymous said...

Sus, sy is soms te vreesloos, maar sy het 'n ekstra dollop lewe gekry toe sy geskep was!
Ons is te bly om haar te kan deel met haar tannie.

Charmaine said...

Hi Nims, Ons is ses in die groep saam met Nelmari en ja ek sal plak he vir 'n plat pakkie.. :-) Ek het weer fotos van jou seuntjie vir Sandra gestuur. Die dingetjie is pragtig ne. Ek geniet die klein meis so baie .. ek is maar haar ouma

(((Muriel)) ja sy is 'n engelkind. Ons gaan verseker baie fotos neem en die blogs so min of meer op datum hou. Ek sien sooooo uit!!!!

Thea sy is 'n besige klein meis die jong. En sy weet hoe om haar self te geniet. Sal aan julle dink daar is die verre lande

Desire die twee mannetjies van my het haar soos 'n skaduwee gevolg en hulle is heeltemal ok dat sy in hulle bed sit.:-) Sy is baie gek oor diere.

Dis goeie nuus dat ons ook kan gaan scrap en weet jy, mens weet nie wat die toekoms inhou nie, maar ek dink ek sit dit op my kalender vir volgende jaar. Jy moet dit sooo baie geniet.


Hannes ek is so dankbaar julle is so naby dat ek haar partykeer bietjie kan leen en geniet. Ek sien uit na nog vele meer sulke kuier. Ek haal my hoed vir jou af kleinsus... jy is 'n dapper mamma ;-)

Jan and Miekie said...

Is sy nie skattig nie! Hoe oud is sy? Ek is seker haar ouers is baie dankbaar dat julle haar "Ouma en Oupa" is! Geniet julle gate uit op die toer!

Charmaine said...

Miekie sy is 21 maande. Sy sal Augustus 2 wees. Sy is so vol dingetjies. 'n Regte klein Juffrou. Dankie, ons sal ons toer geniet. Ons is in London..en dis maar koud jong. Snaakse somer die.

Sandra said...

Die twee seuntjies Liam en Nicholas is mal oor haar - haar pa sal nou al moet begin beplan vir wanneer sy groot is.

Charmaine said...

Ja Oubaas hoor jy? Die ou mense het mos gese jy moet jou haelgeweer regkry ;-) Die kinders geniet haar regtig.

Anonymous said...

sy word net elke keer wat ek haar sien, groter en cuter, sien uit om ook bietjie met my familie weer te kuier in junie. lief mam, en wys bietjie hoe lyk engeland?

Mam said...

Hi meis. Ek sien ook uit dat ons almal weer so saam kuier in Junie. Ds sommer een van die dae. Engeland kom :-) Dis koud hier