Saturday, May 9, 2009

Opera en Simfonie bederf

Wanneer die mense in die land 'n konsert aanbied, dan nooi hulle die bestes en betaal mens baie duur maar word bederf met die mooiste van musiek in die mooiste van plekke en vir 'n kort rukkie voel mens regtig skatryk. Corinne bel Maandag en vra of ek en Sandra nie lus het om saam met haar na die Italian Opera Gala te gaan waar die "Orchestra of the Teatre La Fenice di Venezia " arias uit operas soos Rigoletto, Tosca, Nabucco, Carmen, La Traviata en La Boheme, om net 8 van 14 te noem.... want dis die wat ek darem so bietjie ken sien... ;-) uitvoer nie. Ja natuurlik wil ons...graag. Dit word in die Emirates Palace se ouditorium aangebied waar mens R220 vir 'n glas wyn en R70 vir 'n glas vrugtesap betaal.
Wat trek mens aan... vra Corinne later die week vir my met sms. Sy se sy het net Sondag klere. Maar julle weet mos mense trek enige ding aan deesdae, van deftige swart tot jeans, so ons trek aan wat in ons kaste is en loop ook vir Amelia daar raak... Sandra neem fotos en dan deel sy dit so vrygewig met my, want my kamera le natuurlik by die huis.
Die orkes word gedirigeer deur 'n jongman van 33, Juraj Valcuha van Slovakia. En ek het gedink die dirigente is soos Presidente, ou manne... maar nou weet ek beter.
Opera sangers soos Marcelo Alvarez , 'n tenoor uit Italie, waar anders, Julia Gertseva uit Leningrad.... 'n pragtige dramatiese mezzo-sopraan stem, Inva Mula uit Tirana... eerste keer in my lewe dat ek van die plek hoor, maar met so 'n soepel sopraan dat mens hoendervleis kry, Franco Vassallo, 'n bariton uit Milan, Italie. En as ek slim klink, ek skryf die name uit die program neer. :-) Maar hoewel mens nie hulle name kan uitspreek nie, kan die mense sing!!!
Die konsert ouditorium is pragtig met die interessantste beligting. Die sommer net 'n fees van luukse aand.
Elkeen van die sangers het twee of meer arias alleen gesing, die twee manne het 'n duet uit Don Carlo gesing... Vir 'n grand finale het al vier die sangers saam met die orkes afgesluit met 'n aria uit La Traviate en 'n staande ovasie van die amper 1000 mense gekry. Hulle moes die stuk drie maal herhaal voor die aplous uitendelik bedaar het. Dit was so amazing en so af en toe is dit darem 'n heerlike spesiale, elke sent werd ervaring. Dankie vir die voorstel Corinne en vir die fotos maat. Ons maak verseker weer so.... net eers spaar

7 comments:

Thea said...

Dit moes 'n belewenis gewees het Charmaine! Vir só iets sal ek ook my hand bietjie dieper in die sak steek.

Charmaine said...

Hi Thea, dis waar jong. Soms knyp mens oe toe en tel nie die sente nie. Mens kan die ervaring nie in geldwaarde omsit nie.

Muriel said...

Fantasties, ek stem mens kan so iets nie in geldwaarde omsit nie Charmaine!!

Hoop jy het 'n wonderlike moedersdag gehad!

Liefde
x x

Sandra said...

Dit was 'n lekker bederf ja en ons moet dit meermale doen.

Nimsi se Blog said...

Dankie dat jy dit met ons ook deel Charmaine. Die foto's is baie goed!
Is daar ooit mense wat versnapperings geniet teen daai prys?

Charmaine said...

Ja Nims, inderdaad betaal mense en geniet die versnapperinge. Hulle kry nie eers sooibrand nie. Ek verstom my ook altyd aan die feit dat daar mense is wat glad nie sente omdraai nie.

Charmaine said...

Muriel, ek het 'n heerlike moedersdag gehad en ek sien jy ook. Dis lekker om te weet..en ja, soms maak die prys nie saak nie ne.

Maat, ons sal verseker weer so maak. Dalk ballet volgende keer.