Ek was al weer terug in Abu Dhabi toe Elriza met die hulp van baie goeie eiendoms agente, ons uiteindelik 'n keuse het tussen twee woonstelle in dieselfde kompleks. Die kompleks is boomryk en reg langs die rivier... pragtig en stil, met baie mooi tuine. 
Ons aanbod op die duplex word aanvaar en die regmaak begin. Hier is so paar voor en na fotos. Ek het Elriza vrye hand gegee om verf en teels te kies.
Ons het teels onder in die woonstel en houtvloere bo....ons is altwee baie in ons skik. Riza se kamer met die geel saam met die blou lyk baie mooi.
Ek hou ook van haar keuse vir 'n eetkamerstel.... net baie gou agtergekom dat die swart hout 'n paar keer 'n dag afgestof moet word. Dit gaan jou probleem wees Meis. Die studeerkamer lyk ook pragtig. Riza sit in haar groen en goue studeerkamer en voorberei vir die eksamen.
Na die toer in Ierland Skotland is ek Suid Afrika toe met die vaste voorneme om die eerste aand in my eie kamer te slaap.... en dit werk so uit. Dit was letterlik 'n kwessie van van die vliegtuig afklim en winkels toe saam met Wiehann, bed soek en op die ouens se gevoel speel dat ek in die koue op die vloer sal moet slaap as die bed nie die aand afgelewer word nie....en toe lewer hulle af en ek kan die mooi linne wat ek in Galway gekoop het gebruik....aaai, dis was sooo lekker...
Ons het teels onder in die woonstel en houtvloere bo....ons is altwee baie in ons skik. Riza se kamer met die geel saam met die blou lyk baie mooi.
Ek hou ook van haar keuse vir 'n eetkamerstel.... net baie gou agtergekom dat die swart hout 'n paar keer 'n dag afgestof moet word. Dit gaan jou probleem wees Meis. Die studeerkamer lyk ook pragtig. Riza sit in haar groen en goue studeerkamer en voorberei vir die eksamen.Dis die lekkerste lekker om 'n plekkie in Suid-Afrika te he. Dankie Pappa vir die groot seen. Ons voel so bederf.


18 comments:
Baie Geluk Charmaine en Elriza met julle pragtige plekkie. Ek weet sommer jy gaan lekker daar bly Elriza.
Geniet jou kuiertjie by jou ma en as jy terug is hier kom ek eendag op n reendag by jou teedrink!
Baie geluk julle 2. Glo julle gaan baie vreugde ervaar en beleef in julle nuwe bly plekkie.
En ek is mal oor die kleur wat jy vir die plekkie gegee het Elriza!
groetetjies
Hi Nimsi, jy kan glo ek geniet haar vreeslik... en ja, jy kan gerus gaan teedrink. As sy terug is sal sy ook 'n sitkamerstel he..
Mariette, dankie...ek dink ook sy het goed gekies en dat alles pragtig lyk. Ek sou nie so braaf wees met die kleur nie, moet ek nou erken:-) te oud of iets
Die plekkie lyk mooi maat. Daai stop in die reen by Galway was die moeite werd ne :-)
O ja maat. Al die stoppe was die moeite werd. Ek is baie bly ek het nie die swaar dra en vol tasse ontsien nie.
Julle plekkie lyk pragtig Charmaine!! Ek is so bly vir jou/julle. Lieflike kleurskemas!! Ek kan my net indink hoe lekker jy moes geslaap het tussen daai Ierse linne!
Wow Charmaine geluk met die aankoop, en ek is bly alles het so goed afgeloop.!!! Dit lyk pragtig ek is heeltemal mal verlief op die kleure en natuurlik die mooi linne!!
Baie geluk met jou verjaarsdag Riza! Mag jy 'n pragtige jaar vorentoe hê!
Liefde
x x
Prentjie-, prentjiemooi!!
Charmaine, ons Vader is darem net onoortreflik!!
Thea baie dankie. Dit was alles so spesiaal. Ek het regtig lekker geslaap onder die mooi linne.
Dankie Muriel en dat jy onthou van Elriza se verjaarsdag. Sy sal bietjie moet blog lees. Sy sal so bly wees julle hou van haar kleurskeme. Ek moet erken ek het nogal op 'n stadium bietjie genip ;-)
Baie dankie Mariki :-) amen... ons Pa is onoortreflik!!
Hi julle, baie dankie vir al die mooi wense en die seen oor ons plekkie ek is ook bly dat julle van die kleurskemas hou ja ;-)
Riza
Sien Charmaine, mens is nooit te oud om KLEUR te eksperimenteer nie...
kyk bietjie na die "before" fotos en dink aan die gevoel wat die prentjie gee..en dan kyk jy nou na die "gekleurde" prentjie..dit gee TOTALLY weer 'n ander gevoel nê!
Sien mens is nooit te oud vir KLEUR!!!
Stunnig Elriza STUNNING!!!
Haai Sandmensies... dankie ja, Vicky jy sal van haar kleurskema hou :-) Mar jy is reg... die plekkie is 'n fees en kan net beter word. Ek sien toe ook ek is nie te oud vir kleur nie...dankie ne. Ek sal dit onthou
Charmaine jy is so reg met hoe ironies dinge somtyds kan wees. Toe ons huis gesoek het hier in Johannesburg, het ek net gese ons kyk glad nie na dubbelverdiepings nie, want ek wil kan hoor wat by my voordeur aangaan. Wel net die teenoorgestelde het toe gebeur. Die laaste huis wat ons na kyk was toe 'n dubbelverdieping en ons was dadelik verlief en bly nou al meer as 'n jaar en half baie gelukkig in die dubbelverdieping. Julle het die dupleks baie mooi opgetooi en ek hou van al die opbeurende kleurskemas. Bly jy kon toe jou kop hier in SA weer neerle. Mooi bly.
Hi Charmaine
Jammer ek kom nou eers by jou pos uit. Die woonstel is pragtig! Ek kan net dink hoe lekker jy daar geslaap het. Thelwyn en Dorette het 'n woonstel gedeel toe hulle studeer het. Hulle het die plekkie mooi gemaak en dit was altyd vir my en Jan lekker om daar 'n holte vir die voet te he as ons bv. na werk in die stad moes wees en eers wou stort of ten minste koffie drink! Geniet julle plekkie!
NS. Dorette-hulle trek een van die dae - ook 'n lang storie, van koop aan, koop af, weer aan,weer af, weer aan-"Ons trek Vrydag " / "Ons trek nie meer Vrydag nie" tot gisteraand "Goeie nuus ons trek wel Vrydag" Ons Pa sorg.
Hi Desire,
Jy is reg. Ons het soms vooroordele wat nie noodwendig waar word nie en as gevolg daarvan kan mens uitmis op goeie dinge. Gelukkig weet ons Groot Pa beter ne? :-)
Dit is baie lekker om te weet mens het 'n holte vir jou voet in Suid Afrika
Hi Miekie, Trek is seker een van die pynlikste mees ontwrigtende ervarings vir my. Ek weet nie of julle ook so voel nie, maar baie sterkte daarmee en sien uit om fotos op die blog te sien om die nuwe plek te sien.
Liefde en groete vir jou en joune. En dankie vir die mooi fotos wat jy met ons deel
Woww ... absoluut pragtig! Ek is mal oor die kleure!
Hi daar
Julle plekkie lyk regtig stunning, ek het so lanklaas met jou gepraat en werklik nie gedink dat die plek al reg is nie. Geniet dit en ja dit is lekker om te weet dat daar iewers in SA ietsie is wat aan jou behoort.
Baie lovies
Heleen
Hi Paula, skuus ek het nie geweet jy het comment nie. My yahoo het my nie gese nie. Baie dankie vir die mooi kompliment jongie
Heleen, mis jou weet jy. Wanneer kom jy terug? Ons geniet die regmaak... ek so van 'n afstand af. Maar Riza is oulik en daaar is ook nou 'n sitkamerstel en paar los matte. Dis waar...dis lekker om 'n holte vir mens se voet te he
Post a Comment