My pa is dood binne twee weke na ek my eerste skooljaar begin het en ons het na 'n woonstel toe getrek vanwaar ek moes skool toe stap, want my ma het al 7h00 soggens begin werk. Ek was maar onseker want dit was oor die eerste robot en dan regs en dan oor die volgende robot en en so en so. Die eerste oggend toe ek by die robot staan en wag, was daar skielik die groot hond langs my...en ek wou net heeltemal lam raak van vrees want ek was bitterlik bang vir honde, maar ek het vreemd ok gevoel. Die hond het saam gestap tot by die skool...en die middag toe ek uitkom, het hy by die skoolhek vir my gewag ....en sowaar saam met my gestap tot by die laaste robot voor ek die woonstel bereik. Die volgende oggend was die hond weer by die robot en die middag weer by die skoolhek vir my gewag.. 'n paar dae na mekaar. Ek het heeltemal my vrees vir honde oorkom en kon later my hand op sy kop sit. Ek het baie gemaklik geraak met die pad skool toe. Een oggend was die hond net nie weer daar nie.

Toe ek 'n paar jaar terug vir Sandra kom kuier het hier in die UAE, het sy my Dubai lughawe toe geneem en baie vroeg oggend in stikdonker en baie digte mis, moes terug ry Abu Dhabi toe. Sy het maar baie voel voel gery en die volgende oomblik was daar 'n trok voor haar. Sy besluit toe, eerder as om verby te steek sal sy agter die trok aanry en die liggies volg en op die pad bly. Toe sy uiteindelik Abu Dhabi inry, was die die mis weg, maar ook die trok....
As iemand wat hier lees, dalkies alleen, bang en onseker voel, weet dan: Hy sal Sy Engele aangaande jou opdrag gee, om jou te beskerm, waar jy ookal gaan. Ps 91:11


13 comments:
Charmaine! Ek is so aangedaan. WHAT a God we serve!! O, ons ou klein, nietige mensies wat onverdiend en grensloos liefgehê word deur die ALMAGTIGE God van hemel en aarde....
Fantastiese versterking. Dankie, luglangs-vriendin.
Amen daarop Mariki. Ons God is met ons... Immanuel.Groete in Christus luglangs vir jou
Ontvang dit graag!
Ongelooflik!! Gee mens hoendervleis! Dankie vir die deel hiervan Charmaine.
Hi Charmaine, ek het al 'n paar keer hier ingeloer maar ek dink nie ek het al kommentaar gelewer nie. Maar, ek weet heelwat van jou doen en late af via Sandra se blog!!
Ek het nogal 'n paar dinge in gemeen met jou, behalwe dat ons albei Christene en Afrikaners is; my seun se naam is ook Wihann (anders gespel as joune sn), my boeties en sussie en ek noem my ma ook Mam, en my pa is ook dood 'n paar maande na ek skool toe is. En was jy nie ook 'n Kovsie nie?
Dis 'n wonderlike getuienis oor die honde!
Dankie Charmaine!!! So kan elkeen van ons sekerlik getuig van God se beskermende hand oor ons! Ek buig laag voor so n GROOT GOD!
Hello Charmaine. Baie dankie vir hierdie inspirende skrywe. Ek vir een glo ook dat daar altyd 'n berskermengel by ons is, as ons net onsself ontvanklik daarvoor maak.
Mooi bly
Hi Thea. ek ken daardie hoedervleis gevoel. Ek het die heeldag so heerlike warm gevoel van dankbaarheid gehad.
Desia...... :-) ja, ek is ook 'n Kovsie :-0 en ek het in Bloemfontein skoolgegaan... Lekkker dat jy hier by my kom inloer het. Bloemfontein is my hartplek. Hoor graag meer van jou..
Dis waar Nims... ons God is groot en waardig om laag laag voor te buig.Mens moet eer getuig van wat Hy vir ons doen dat ons mekaar se geloof kan versterk.
Ek stem saam Desire. Mens kan elke dag Sy hand sien oor ons. Amper soos die wolkkolom wat oor die Israeliete gehang het in die woestyn..
Mam het ons stories baie mooi gedeel, ek is seker God is baie trots op mam ;-) lief vir mam.Riza
Maat ons het engele om ons die heeldag en dis lekker spesiaal as mens Pappa se hand so op ons kan sien.
En Hy is trots op jou my skat. Sy hand oor ons is amazing. Lief jou.
Maatjie dis waar en ons weet dit so goed. Pa is goed vir ons.
Hi Charmaine! Ons gesin het ook weer opnuut ons Vader se liefde en genade ervaar Sondagnag. Ons seun was in 'n motorongeluk net na middernag en sy motor het 'n paal getref voordat hy op sy sy gekantel het. My kind het daar uitgestap met net 'n klein bietjie kneusplekke en 'n gebreekte wysvinger. Ek het seker al tienduisend keer dankie gesê!
Ek se saam met jou dankie Thea...dankie dankie Vader... Dis sooo wonderlik. OPns God is groot. Dink hoeveel engele was op diens en saam met jou seun in die kar. Nou het ek hoendervleis!!
Post a Comment