Ek hou sommer baie daarvan.
Sandra en Annie deur die venster van die Harry Potter trein tussen Fort William en Mallaig. Annie doen die "pose" ding.
In Inverness, die hoofstad van die Vikings, is hierdie winkel met die mooie vensters binne die mall. Ek kon sommer net neus teen die vester staan en "intuur" na al die kreatiewe kuns goeters binne.
Die vensterbanke van die ouer huise in Skotland is breed met prentjiemooi gordyntjies en meestal 'n mooi blom of ruiker... hierdie is op Holy Island in die suide van Skotland geneem.
Ook op Holy Island in die kerkie van St Mary... elke tweede kerk heet St Mary's... Ek weet baie mense deel die bewondering vir pragtige loodglas vensters.
Die St Mary's katerdraaltjie binne die kasteel in Edinburg spog eeue lank met die venster. So klein vestertjie wat amper teen die dak sit... vir lig glo ek. Mooi gekleurde lig in die grys weer.
St Mary haarself uitgebeeld in een van die vensters van Edinburg kasteel. Kyk die pragtige vlegsels.
Ek lees in die Bybel van die koning van Egipte wat so deur sy venster staan en kyk na Abraham wat sy mooie vrou, Sara, omhels... na hy gejok het dat sy sy suster is.... en van Isebel wat deur die venster uitgegooi is... van die jongman wat onder Paulus se maraton preek aan die slaap raak en hom dood val uit die venster, van Dawid se vrou, Migal, wat met wrewel deur die venster staan en kyk hoe Dawid voor die ark dans....
Toe ek jongmeisie drome gehad het oor hoe my huis eendag moet lyk, was een van die eerste dinge wat ek wou he vensters met bree vensterbanke waarop mens kussings kan sit sodat mens na die tuin kan kyk... soort van buite wees van binne... ek droom steeds oor daardie huis...
Hoe voel my blogmaats oor venster?


13 comments:
Maar is DIT nou vir jou 'n interessante onderwerp, Charmaine! Ons persepsies oor vensters -- leen homself tot lekker "sielkundige" bespiegelings (soos handskrif!) Het nog nooit só daaraan gedink nie, maar skielik moet ek nou my bokspringende gedagtes hokslaan....
Ek is baie sensitief oor lig/intesiteit van, en vensters kan min kere vir my te groot wees (net met die skoonmaakslag...) Ek sê elke dag vir die Liewenheer dankie oor die heerlike ligte en helder huis waarin ons tans bly. Het nie so uitsonderlik baie of groot vensters nie, maar die plasing is so slim gedoen.
En nou het ek jou vraag nog net op "letterlike en realistiese" vlak geantwoord...!
O ja, en dankie vir die alte oulike en mooie foto's. Beslis die moeite werd om hulle te versamel, hoor.
Nou het ek die hele trippie weer gedoen maat ;-). Waarnatoe gaan ons volgende se jy?
Ek hou ook van groot venster en as hulle kan uitkyk op die see dan het ek my perfekte huis met vensters gekry.
Ai dit is mooi Kiekkies! En 'n baie interessante onderwerp - vensters.
Ons kyk nou nie te gereeld by ons vensters uit nie, want soos die bure se die hele India le hier voor ons (maar gelukkig nog net vir 'n rukkie want die nuwe kamp is amper klaar gebou)
Elkgeval. Hierdie venster onderwerp van jou laat my dink aan die spreuke van die Bybel wat se,
'Jou oe is die vensters van jou siel'....en jy sal nie glo hoe baie daardie onderwerp die week in ons gesprekke op gekom het nie.
Lekker week
Hi Mariki, dankie vir jou interessante letterlike bydra..:-) Dis waar, mens kan baie sielkundig hieroor praat ne. Ek hou ook van lig en mooi skoon vensters en eintlik dink ek sou ek eerder buite as binne wou wees... maar dan, as die elemente spoed optel, dan kan mens veilig binne steeds soort van buite wees as mens die vensters daarvoor het... hoe klink dit vir filosofie? :-)
Maat 'n venster wat oor die see uitkyk sal sooo 'n groot bonus wees...of wat van oor die berge? Ek dink ek neem ons volgende keer berge toe. Daarvan het ons baie gesien.
Ek weet hoe jy voel Mariette. Ek het nie eers Indie om op uit te kyk nie... net die parkeerterrein en 'n stuk teer. Die groot vensters in my blyplekkie verskaf darem wonderlik lig... en dis lekker. En soms as die sonstrale op die mooi kershouers val wat my oudste vir my vir kersfees gegee het, dan is die sitkamer vol klein liggies. Te pragtig. Hmmmm vensters van die siel....
"....maar dan, as die elemente spoed optel, dan kan mens veilig binne steeds soort van buite wees as mens die vensters daarvoor het..."
Diep, vriendin, diep....!
Ek het nou sooo lekker gelees. Baie oulike fotos - ek hou veral van die een wat jou so reflekteer. Deur jou oe gesien, is vensters beslis fassinerend. Hulle laat lig en natuur in. En hulle blink - of altans hulle is veronderstel om te blink...
Ek moet hierdie naweek vensters was. Ons het volgende week reunie met ons varsity pelle, en die vensters lyk naar - honderde klein (vuil) cottage ruite. (Het destyds gedink hulle is beter vir veiligheid as groot ruite, maar wat 'n gesukkel as dit by skoonmaak kom!)
Met die insening van ons huis na die aanbouery, het ons "Bless this house" gesing, met "Bless the windows shining bright, letting in God's heavenly light." .... !
Mariki :-))))
Hi Miekie, dis nou oulike kommentaar wat sommer oor so paar aspekte huppel. Ek hou ook van klein cottage vensters en ai die seen..."letting in God's heavenly light". Dis die belangrikste. God se lig in ons en ons huise. Sterkte vir die vensters was en geniet die reunie.
Charmaine,
Inderdaad n besondere interessante onderwerp! Ek kan nie juis veel byvoeg by die kommentare reeds gelewer nie, vir my persoonlik hou die gesigte wat by vensters uitkyk - uitloer, altyd iets magies in...
Baie mooi foto's.
Hi Nims, ja mens kan amper se die gesigte wat by die vensters uitloer soek dalk die rus elders ne? dankie vir jou inloer. Wens jou 'n uitstekende week toe
Vensters is 'n moet in my lewe. 'n Vertrek sonder vensters laat my vasgevang voel in 'n wereld van niks. Hou ook nie daarvan om in 'n restaurant te gaan sit waar daar nie vensters is waardeur mens na buite kan kyk nie.
Mooi bly
Ek weet Desire. Ek voel ook so. Mens wil nie afgesluit wees van die buite wereld nie. Soos daardie boesmantjie van Gods must be crazy wat so van onder uit sy sel so na die enigste stukkie blou lug doer bo getuur het. Mooi week verder vir jou ook.
Post a Comment