Rondom 1879, het Lord Cadbury sy sjokolade fabriek van Birmingham na Bournville geskuif. ( Ja, nou weet ek Cadbury kom nie oorspronlik van Suid Afrika af nie en ook nie van New Zealand nie, dit is Engels) Die Lord Cadbury het gesien sy sjokolademakers ( mens kan nie se werkers nie....die werk is te lekker daarvoor) bly in moeilike omstandighede in Birmingham in die industriele gebied en het baie sosiale probleme, soos in elke industriele gebied in die wereld. Die huise was klein en meestal nie teogerus met warm water of elektriesiteit nie. In 1895 besluit hy om 2.5% verbande beskikbaar te stel vir eerste huiskopers. In 1919 is nog 363 sulke eenhede gebou.
Die bou en ontwikkeling in Bournville gaan steeds voort. Hierdie is van die nuwer eenhede wat daar gebou is en ja, die Cadbury mense bly steeds daar, maar enige iemand anders ook. Lord Cadbury het van die begin af gedink dit is goed dat die sjokolade makers ook met ander mense meng en assosieer.
Hulle het ook onderhoude gehad met van die mense wat oorspronklik daar gebly of grootgeword het en die een vrou vertel watter groot verskil dit was van die industriele area na Bournville, hoe die sosiale probleme verminder en die mense se eiewaarde gestyg het. Ek het sommer hoendervleis gekry. 1928 is die "sunshine houses" gebou. So genoem oor die groot suidfront venters, en die "ten shilling houses", so genoem omdat die maandelikse huur tien shillings was.
Lord Cadbury het in 1922 St George's Court gebou en voldoen aan 'n groot behoefte aan behuising vir ongetroude professionele jong dames. Dit het betaan uit 49 semi gemeubuleerde woonstelle... "bedsitters"...as iemand weet wat dit beteken.In 1950 begin werk aan hulle grootste projek ooit. 750 Eenhede en winkels vir die The Shenley Fields Neighbourhood ontwikkeling.1979 bou hulle meer eenhede vir enkellopendes en jong gesinne, en in 1983 word die grootste solar village vir die tyd in Oos Europa gebou. In 1989 volg die projek in Meadow Rise en in 1994 word die laaste 15 akker onontwikkelde grond ook bebou. Dit sluit ook die grond in waarop die David's House, ( 'n seun van Lord Cadbury) gestaan het.
Die ou deel van die dorp ( village) is in 1996 herbou waarna meer ontwilkkeling volg. Bloomsbury se laaste fase in 1997 en 1998 en uiteindelik nog 800 eenhede in 2001, 2004 en 2005, die "Shopshire More" ontwikkeling , en so gaan die verhaal aan en aan... mens kan amper se en almal het vir altyd baie gelukkig gewoon.
Die omgewing en die tuine is pragtig. Ek lees op die internet dat daar jaarliks 'n Bournville festival gehou word. Die joernalis skryf dat die mense van Bournville vriendelik en gemaklik is.Na die storie oor Bournville, luister ek toe ook na 'n onderhoud met 'n besigheidsman van Gambia wat dieselfde vir sy werkers doen, gebasseer op soos hy se, sy pa se filosofie dat mense se lojaliteit waardevol is en om in mense te bele. Hy verskaf ook huise en rygoed aan sy mense en na 'n sekere aantal jare by sy firma, word die mense die einaars van die eiendom. Toe die onderhoudvoerder hom vra of dit nie diep delf in sy winste nie, se hy dat dit gierig is om 95 % van die wins te hou en net 5% af te staan aan die mense wat verantwoordelik is vir die welvaart van die maatskappy. Hy se sy mense is lojaal en werk baie hard en sy winste is uitstekend... is dit nie die mooiste stories nie?


8 comments:
Hi Charmaine
Dis 'n pragtige storie! Dit gee 'n mens moed. As net meer maatskappye sy voorbeeld wou volg! Dink net hoe kon Suid-Afrika lyk as daardie omgee hier sou posvat! (Wat van 'n blog oor wat jy in jou week hier gedoen het? Nuuskierig.)
Ek stem saam met Miekie dat dit wonderlik sou wees as meer mense sy voorbeeld sou volg. Ek het al van soortelyke voorbeelde gehoor hier in SA, en spesifiek van boere wat vir hulle arbeiders huisies bou en deur allerlei projekte probeer om hulle werkers se lewensstandaarde te verbeter.
Hierdie inskrywing het my ook nou lus gemaak vir sjokolade!
Pragtige inskrywing Charmaine! Baie werkers in Suid - Afrika sou kon doen met sulke omgee werkgewers! Bly jy het lekker gekuier. Hoop dit gaan goed met al jou mense hier.
Mooi storie maat. Met Nesle wat so aanjaag sal ons nou maar Cadbury moet eet :-).
Projekte wat aangepak is in die Kaap vir werkers was/is baie suksesvol - meer besighede kan dit begin doen.
Sjoe Charmaine, wat 'n interessante storie met so 'n kardinale kern ... as maatskappye net meer in hule mense wil investeer, sal die gemiddelde werker soveel gelukkiger wees in al die fasette van sy lewe. Dankie vir die deel van hierdie inspirerende storie.
Mooi bly.
Hi almal,
Hoe lekker om weer van julle almal te hoor. Ek sal nie regtig kan ophou blog nie. Ek het julle gemis. Dankie vir die lekker saamgesels.
Miekie, ek sal die fotos aflaai en die vertelle vertel. :-) Dis sal wonderlik wees as werknemers meer van die winste begin deel in in mense se velvaart bele, dan sal daar minder korrupsie en meer lojaliteit wees.
Dis omtrent omgee werkgewers Nims. Ongelukkig is die teendeel soms waar, dat mens eerder nagmerie werkgewers het.
Dis waar maat, mens kan regtig in die vervolg meer Cadbury met baie groter waardering eet, nie net vir die smaak nie, maar ook al die goeie gevoelens wat ingebou is.
Hi Thea,
In die Kaap sien mens baie daarvan op die wynplase. As dit maar groter afmetings wou aanneem. En ja, toe ek die storie klaar geskryf het wou ek ook 'n Cadbury sjokolate he en al wat ek toe kry is Galaxy.. lekker maar nie dieselfde nie. More is Cadbury dag :-)
Dis waar Desire, dis inspirenend. Self tussen al die slegte nuus oor die resessie en werkloosheid was die stories amazing. Werkers en werkgewer bou oor jare aan die verhouding wat op die ou end vrugte na beide kante afwerp. Soos die breek van 'n slegte kringloop.
Sjoe -- DIS nou lekkerlees. Tien uit tien plus tjoklits vir die Lord...
Maar waarom lei jy ons so in die Cadbury-versoeking in...?
Hi Mariki :). Ja ek weet!! Nou is daar so baie rede om hulle te ondersteun ook nĂȘ? Baie lekker om van jou te hoor. Ons eet 'n cadbury daarop
Post a Comment