Sunday, October 18, 2009

My plekkie in die son

Gister, 'n maand terug, het ek Suid Afrika toe gevlieg vir Eid en een heerlike besige week spandeer wat my gees en liggaam verkwik het. Ons dae is sooo vol van allerhande dinge en die dae word weke en die weke maande en iewers moet mens van die oomblikke in ons lewe probeer vasvang. Ek het 'n hele sak voel baie oulike sagte speelgoed in my sak gehad... al die pad van DJ in Hawai om Riza se nuwe huis meer kindervriendelik te maak...aldus DJ. Ek wonder hoekom hmmm? Die honde en die nuwe sagte speelgoed moes eers hallo se voordat die speelgoed hoog bo op die boekrak in die studeerkamer 'n plekkie gekry het, want soo die foto bo wys, het Tavid uiteindelik besluit hy hou die meeste van Eor en wou hom sommer in die mandjie tel.
Die hondefamilie hou ook baie van hulle nuwe huis en die mandjie in die son voor die skuifdeur is 'n gunsteling plek

Ek kon nie genoeg buite wees om die koel vars lug, son en stukkie tuin te geniet nie
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. ja my erfenis is vir my mooi Ps 16: 6

Ons het selfs probeer om Maandag by die kwekery se teetuin te gaan slaai eet, maar na besige naweke is die teetuin toe op Maandae en het ons nuwe Malvas vir die potte gekoop. Terwyl Riza aan haar assignment werk het ek blomme geplant en my naels en hande vol potgrondd gekry....en elke oomblik geniet.



Toe is ons vlooimark toe om die kleure en geure en klanke in te drink. Is ons land nie wonderlik kleurvol nie. Ek wou sommer armsvol van die kleurvolle geverfde bekers en blikborde koop, maar heelaas het ek geen plek meer in die kaste hier in Abu Dhahi nie en Riza het al reeds haar blikborde.



'n Heerlike plek om in rond te dwaal en te kuier...die African Market in Rosebank.



En terwyl ons Thai kos eet, doen die groep Afrika danse met 'n storie.... ongelooflike ritme. Mens wil net saam dans
Die man speel sy kitaar en sing tog te mooi

En die klein blonde asjas sit hom en verluister en vergaap aan alles terwyl hy aan sy roomys smul

En toe die kersie op die koek. DJ het my en Riza bederf met 'n hele dag van wonderlike masserings by die Mangwanani spa in Fourways. Thank you uncle DJ. Dit was amazing. Mens sit op die stoepe in die buitelug en uitkyk oor die stukkies ongerepte natuur... en luister na die vrolike voel klanke.

Die terapeute staan gereed om ons te bederf. Alles so mooi en netjies en skoon
Riza is tog te in haar skik. Hier sit sy en wag vir die nek en en skouer masering... ons koppe was op die stadium vol olie.... ons het tog te lekker geruik. Dit het my laat dink aan Ps 23 U maak my hoof vet met olie, my beker loop oor.
Ek doen geen reg aan die spa ervaring met die kriptiese inskrywing nie. Ek sal 'n hele blog daaroor doen...voor nog 'n maand verby is. :-)
Ons het 'n wonderlike land.... geniet elke oomblik van die heerlike lentedae en weet dat Vader in beheer van ons lewens is, elke dag.

Lief julle almal

11 comments:

Desire Fourie said...

Hi Charmaine. Dit was nou lekker om te hoor dat SA nog steeds bekoor. Dankie vir die deel van die fotos.
Mooi bly.

Charmaine said...

Ek is gek oor Suid Afrika Desire. Ons het die mooiste land in die wereld en die kleurvolste

Nimsi se Blog said...

Charmaine, ek besef nou jou kuier was kort en bedrywig - maar volgende keer laat weet my asseblief as jy hier is dan kom wys ek jou my honde seuntjie! Elriza sal so jaloers wees op my mooi hondekind!

mariki said...

Jy is so reg, Charmaine, die klank en kleur van Ouland is enig!

Kan sommer sien jy het verkwik teruggevlieg "werk" toe.

Charmaine said...

Dis 'n goeie beskrywing Nims...kort en bedrywig. Ons sal so baie graag weer vir klein Rassie wil sien. Ons sal defnitief plan maak. Ek is baie bly hy is mooi. Geniet hom

Mariki wat 'n mooi namm "Ouland"... amper so bietjie heimwee daarmee saam. Maar dis beslis die plek waarheen ek eendag teruggaan...as dit Ons Pa se wil is.

Jan and Miekie said...

So bly jy het die kuier geniet. Ek en Thelwyn was gister by 'n kwekery - ons wou 'n melkskommel drink by 'n lekker koel plekkie waar Martelize veilig buite kon speel - en toe maak die teetuin sowaar deur toe net toe ons iets wou gaan bestel. (Ure 9:00 tot 14:00 - bid jou aan!) Maar dit was seker maar net sowel- eintlik moet ek weer my mond toesluit! (My broek pas my al weer 'n keer nie meer nie.) Martelize het wel heerlik gespeel in die paadjies en eers laat die middag besef sy kan blommetjies afpluk....
NS. Mal oor die speelgoed. Is daar 'n rede vir die "kindervriendelik" maak?

Sandra said...

Ek's baie jaloers dat jy so in SA kan kuier maat maar ek's ook baie bly dat jy lekker saam met jou kinders kon kuier.

MARIETTE said...

Ag so 'n kuiertjie by mens se geliefdes is altyd lekker ne.
Mens kan sommer sien as mens deur die lyne lees dat jou gees sommer sing, wanneer jy by die huis is!

En daardie honde kinders,- op vreetbaar hoor!

lekker naweek!
liefies
x-x

Charmaine said...

Ai Miekie ja, ek verstaan van daardie teleurstelling... silly ure, maar mens moet die mense ook seker hulle eie tyd gun ne. Dis mense wat nie huiwer om grense te stel nie. Ek weet ook van daardie broek wat alweer 'n keer nie pas nie..... VIR TE LANK.. Ek het die ewige stryd... mond sluit, is al wat ek ook kan doen. Ek hoop jy het 'n kamera byderhand gehad vir die klein meis se blommetjies pluk dat ons kan sien.. :-)

Maat, jy moet maar net die wegbreek vat jong. Ek weet hoe jy na jou mooiste Kaap verlang.

Mariette, lekker naweek vir julle ook. Ons harte en gees vergeet nooit waar ons regtig hoort nie ne? En as mens daar is, dan sing mens se gees...dis so waar.

DJ's little one said...

Mam moet sien hoe lyk die tuintjie nou, hy's bietjie groener en meer lewendig as op daai foto ;-) mam sal maar net weer moet kom kuier (vanoggend het Bella iemand se vorige troeteldier uit die tuin uit gegrou, jig!) Lief vir mam. Riza

Charmaine said...

Nou maar stuur fotos meis... Ek is bly die tuintjie kom mooi aan. Wat van die geel blomme aan die catnails ranker? Ai arme vorige troeteldiertjie.. jy het seker toe maar 'n nuwe graffie buite die tuin gemaak? hoop ek ? Lief jou.