Saturday, December 19, 2009

Elriza vang graad

Na 'n paar jaar se groot jaar se groot vasbyt, het Elriza haar graad in Teologie behaal.Ek sou nie kon verlof neem nie, maar gelukkig het die land se EID presies op die regte tyd gekom en kon ek vir tien dae Suid Afrika toe gaan om deel te he aan die spesiale oomblik in Elriza se lewe. Ons het die eerste oggend na my aankoms eers salon toe gegaan om te gaan hare regmaak en die middag se aantrek was amper soos om vir 'n troue reg te maak. Die meisiekind het baie mooi gelyk ... Sy was die afgelope jaar ook die kollege se Worship leader. Die hele worship span is leiers in die verskillende kerke waar hulle ingeskakel is en die musiek was wonderlik.

Anders as gradeplegtigheid by die groot Universiteite en kolleges, kon soveeel mense as wat wou die studente se gradeplegtigheid bywoon, so, behalwe die familie, was al die lede van die omgeegroep by wien Elriza inskakel, ook daar. Dit was vir my besonder kosbaar. Ons is almal baie trots op Riza, want behalwe dat sy haar graad Cum Laude geslaag het, is sy ook aangewys as die beste vierde jaar student. Mooi so meis, jy het jou knap gedra... mag daar altyd 'n lig op jou pad skyn.

12 comments:

Desire Fourie said...

Baie geluk Charmaine en ook veral aan Elriza. Sy het voorwaar geskitter ten tye van hierdie spesiale geleentheid en natuurlik al haar geliefdes en vriende nog meer trots op haar gemaak.
Mooi bly.
Desire

Mariette. said...

Baie geluk Elriza! - Jy het voorwaar pragtig gelyk en mens kan sien jou ma bars van trots.

Glo Ons Vader gaan jou nog vir baie groot dinge gebruik! Ons gebed vir jou is dat Vader jou sal dra wanneer dit nodig is en dat die Heilige Gees jou sal duidelik ly op elke pad wat jy mag loop.

Nou gaan ek vir jou dieselfde se wat die jode elke dag vir hul kinders se....

Elriza,- gaan en wees geseend tot eer van God,- in Jesus Naam!

Thea said...

Baie geluk Elriza en Charmaine! Baie seën en sterkte vir jou toekoms vorentoe ook Elriza! Dis 'n fantastiese prestasie en ek stem saam met Mariette - jy het PRAGTIG gelyk!

Muriel said...

Wow!!! Baie, baie geluk Riza.

Baie geluk ook aan jou Charmaine voorwaar 'n meisiekind om op trots te wees.

'n Geseënde Kersfees vol liefde en vrede vir jou en jou geliefdes Charmaine.
Ek bid dat 2010 baie mooi en voorspoedig vir jou/julle sal wees.

Liefde
x x

mariki said...

Ag, hoe kosbaar. Wat 'n mylpaal -- en dat jy daar mog gewees het om dit te deel! Is ons Vader nie fantasties goed nie.

Mag die wysheid, vreugde en vrede van God altyd haar deel wees.

Nimsi se Blog said...

Baie baie geluk Elriza! Jy is voorwaar n meisiekind om op trots te wees! Jy het so pragtig gelyk. Geluk charmaine met jou pragtige dogter!

Elriza ou kind, niemand van ons weet wat hierdie pad vir jou in hou nie - maar stap dit lag-lag tegemoet met die wete dat ons Hemelse Vader saam met jou stap om elke tree makliker te maak!

Jan and Miekie said...

Baie geluk Elriza! Wat 'n besonderse prestasie! Jy het pragtig gelyk en dan kan jy nog sing ook! Ek glo jy gaan baie geseend wees: "Soek eers die koninkryk van God en alles wat nodig is sal die Vader dan vir julle gee." Baie sterkte met die pad vorentoe.
Charmaine, baie geluk met jou pragtige meisiekind en dankie dat jy die dag met ons gedeel het.

Charmaine said...

Baie dankie dat jy kom inloer het Miekie en vir die mooi kommentaar. Dis lekker om jou naam weer op die blog te sien :-)

DJ said...

I'm so proud of you smarty pants. You did great in sometimes difficult situations. Dad's going to use you in incredible ways

Anonymous said...

Baie dankie vir al die mooi boodskappe en gelukwense.

DJ, thank you for being there with me every step of the way. I love you.
Elriza

SA Expats said...

Baie geluk, mag sy 'n blink toekoms hê!

In elk geval, ek sien daar het 'n Spur oopgemaak in Dubai Festival City.

Charmaine said...

Dankie expat en dankie vir die inloer. Ons gaan beslis die Spur uittoets. Kan net lekker wees