Later was daar die elektriese yster met die knop wat mens kon stel, maar geen stoom nie. Mens het 'n spuitbottel gehad waarmee die wasgoed eers bietjie gespat is en dan het die yster redelik gewerk. Ek het myself en klere daarmee gebrand.. Toe kom die stoomyster en ia, dit is einntlik 'n baie goeie ding as dit 'n goeie maak is. Nie die goedkoop stuff wat mens by Clicks koop vir die huisbediende nie. En so het ek vir lank gedink dat dit die ultimate in ysters is.
Natuurlik het ek geweet van die stoomysters wat die winkels gebruik en ook die Elna strykyster wat mens net afdruk. Maar toe ek vouchers by die werk kry en die "Princess" raaksien en dit nie uit my eie sak kom nie, het ek besluit dis dalk nou die kans om te "ewoleer"... nie ovileer nie :-). Ek het dit redelik maklik aanmekaar gekry sonder aanwysings maar toe die Prinses bietjie lank neem om warm te word, het ek begin lees en gesien mens moet oefen en oppas vir brand en nie die kledingstuk aan die onderkant vashou nie... omdat mens kan brand... en dat sommige kledingstukke makliker hanteer as mens van die binnekant af stoom.
En toe begin die Prinses soos 'n babadraak stoom uitblaas en ek
en die honde koes en staan die spul op 'n veilige afstand en bekyk. Die eerste keer was moeilik en ek het tweekeer langer "gestryk " aan die klere en my 'n keer of wat sererig gebrand. Toe raak ek brawer en druk my hand onder die kledingstuk in.... dit was baie seer... dis soos om mens se hand in die stoompot te druk. Mens kan 'n eis teen die maatskappy instel!!
Ek onthou ek het gelees mens moet maar bietjie oefen en ek probeer weer., Die tweede keer het dit baie makliker gegaan en ek het weer die "van binne af ding " probeer. Ek sal nog bietjie oefen... maar kyk ek het tot die linne gestoomstryk gekry en dit lyk nie te sleg nie. En die tweede keer het dit heelwat vinniger gegaan. Ek voel nog nie die drakie verdien haar naam, Prinses, nie, maar dalk sal dit nog kom.. Op die stadium lyk sy nog vir baie soos 'n "Alientjie".

