Showing posts with label Tag. Show all posts
Showing posts with label Tag. Show all posts

Friday, March 6, 2009

My handsak

Sandra het my getag om te vertel en te wys wat in my handsak is:

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house. List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Hierdie handsak was 'n kersgeskenk van my sus Lorraine. Ek ruil nie graag handsakke nie, maar ek het ander kleure ook. Dis net te veel PT om altyd oor te pak an seker te maak alles is in. Ek hou ook van 'n vakkie handsak, maar die een is ook 'n grou een. Ek hou van handeroom in my handsak en veral lavender. My fotos is swak, ek weet, maar dis tipies ekke en het besluit om dit nie oor te neem nie, want dit was al klaar baie werk om die handsak uit te pak en te besluit wat by wat hoort.. Ek hou ook van grimereing dra vir 'n noodgeval en het eintlik net die basiese in my sak. Lipstiffie en maskara en flos en 'n borsel en lappie van een of ande restaurant. Ek het nooit tissues in my handsak nie... en verwens myself daaroor. Maar het wel in my kar tissues. Dan is daar 'n klein spieeltjie en 'n skerpmaker, want ek het al by kindergroep aangekom met potlode sonder punte....
Dan dra ek my sakbybeltjie, 'n kersgeskenk van Sandra... en dis baie handig. Kan nie meer daarsonder nie. Ook my beursie en 'n iPhone guide, want ek doen nou iPhone opleiding. Ek gebruik nie die een nie. Die iPhone opleiers van Apple het dit vir ons gegee. Ek dra ook die "sleutel" waarmee ek in my bank kan inkom en skoonmaak goed vir my bril en my flashdisks met my aanbiedinge op... die een met die toutjie aan is Sandra sin wat ek vir haar moet teruggee. My werkfoon is ook in my sak... en partykeer hoor ek hom nie lui nie. Groot moeilikheid!! ;-)
Ek het pos in my sak wat ek Dinsdag oppad uit van die kantoor af saamgeneem en nog nie uitgehaal het nie en ook die kwitansie van die hotel waar ek die laaste twee aande gebly het. Ook my ID boek, Internasionale lisensie en paspoort ry saam met my. Daar is 'n paar visitekaartjies in my sak en 'n kaartjie van die bank met my spaarrekening nommer op

Pille vir hoofpyn en verkoue wat ek net nie afgeskud kry nie en suiglekkers wat eintlik nog van die vakansie in Suid Afrika afkom. 'n Oulike blikkie met minte... dis nou leeg... en 'n "stokkie" waarmee ek my tee kan roer as ek oppad is . Ek kry veskriklik oorpyn as ek vlieg en hou sommer die oorproppies in my sak.
Die klein pienk kaartjie het 'n versie op wat se: " Peace I leave with you, My peace I give unto you: not as the world givith, give I unto you. Let not your heart be troubled, neither let it be afraid." John 14:27

Ek het dit saam met die rekening by 'n restaurant gekry waar ek en Riza gedurende Desember geeet het, en gedink dis baie spesiaal.

Ek tag vir Muriel, as jy nie al getag is nie. Wat van jou Annie? En jy Meis?

Thursday, August 28, 2008

Wat laat my sing?

Sandra het my getag om te vertel wat laat my sing


Geure.... ja julle lees reg... julle weet mos, my geliefde is in sandelhout en klein meisietjies in aarbei, my vriendin in lelies en my sus in rose... my seuns in die reuk van die son..... my dogter in mirre

Ek weet nie hoe werk dit met ander mense nie, maar sekere reuke kan my onmiddelik op 'n spesiefieke plek bring en emosies laat ervaar en emosie laat my sing... en as ek die volgende vertel, gaan julle nie die ouens van die groendakkies bel om my te kom haal nie gaan julle? Ek waag dit in elk geval.... ek het altyd musiek en 'n liedjie in my kop... partykeer is dit sag en wonderlik en ander kere jazzerig en ek hou van jazz niks... soms is daar 'n irriterende rap in my kop en ander kere 'n hele simfonie of halelujakoor. Kyk August Rush dan sal julle verstaan wat ek se. So wat laat my sing??....alles.

Soos die geur van sakkoffie en varsgebakte brood ... want dit herhinner aan plaaskombuise en my familie en saamwees, liefde en warmte en iewers behoort. Ek koester die voorreg van ousus en dogter en kleindogter en niggie en tannie wees en ek voel so bederf

Die reuk van Bloekomhout wat in die kaggelvuur brand laat my droom en verlang en neem my op verbeeldingsvlugte na net waar ek wil wees... tussen die sterre of in 'n feetjietuin of iewers in 'n kasteel .

As ek die reen ruik sing my gees van ons Groot Pa se oneindige liefde vir ons en voel ek dat alles goed is.

Ruik ek 4711 laventel, sing ek 'n ode aan my ouma en ma en tantes wat elkeen op 'n ander manier aan my vrouwees geskaaf het. Al die lekker geselsies op die stoep op die plaas, wanneer mens ver ente stap, ryp appelkose pluk en gaan kyk of die klein varkies al aangekom het.

Ek sing as ek lavender ruik in die olie waarmee ek my gesig skoonmaak, die seep waarmee ek bad en die lyfroom waarmee ek myself troetel en weet dat ek Pa se dogter is, 'n prinses wat aan Sy tafel sit. Ek het jare lank gesukkel met selfaanvaarding en onbelangrik voel en die Skrif misgelees dat ons ons naaste moet liefhe soos onsself.


Mirre het vir my baie spesiale betekenis gekry. Julle weet hoe Hadassa vir 'n jaar lank met mirre en ander olies behandel is om uiteindelik skoon en geurig te wees en volwardig koningin Ester te word. Ek weet verseker dat die dinge wat diep en seer skaaf uiteindelik al die skurwe plekke glad maak, karakter bou... tot ons God se geur uitstraal... so lekker ruik dat ons mense na ons toe aantrek. Volwaardig ons rol vervul en is wie Hy bedoel het ons moet wees. Ek dra die Mirre en dit voel of my vriendin dogter by my is en ek sing van die vreugde van ma wees

Ek ruik lelies en sing oor die wonder van vriendskap en die sagte kokon wat dit om mens vorm om die aanslae van die lewe makliker te hanteer en die vreugdes groter volume te gee...

EN EK SING........

Ek wil graag die mense tag wat nie blogs het nie. Annie en Riza... wat van julle..Skryf vir my dan sit ek dit vir julle op my blog.