Ek weet nie hoe werk dit met ander mense nie, maar sekere reuke kan my onmiddelik op 'n spesiefieke plek bring en emosies laat ervaar en emosie laat my sing... en as ek die volgende vertel, gaan julle nie die ouens van die groendakkies bel om my te kom haal nie gaan julle? Ek waag dit in elk geval.... ek het altyd musiek en 'n liedjie in my kop... partykeer is dit sag en wonderlik en ander kere jazzerig en ek hou van jazz niks... soms is daar 'n irriterende rap in my kop en ander kere 'n hele simfonie of halelujakoor. Kyk August Rush dan sal julle verstaan wat ek se. So wat laat my sing??....alles.
Soos die geur van sakkoffie en varsgebakte brood ... want dit herhinner aan plaaskombuise en my familie en saamwees, liefde en warmte en iewers behoort. Ek koester die voorreg van ousus en dogter en kleindogter en niggie en tannie wees en ek voel so bederf
Die reuk van Bloekomhout wat in die kaggelvuur brand laat my droom en verlang en neem my op verbeeldingsvlugte na net waar ek wil wees... tussen die sterre of in 'n feetjietuin of iewers in 'n kasteel .
As ek die reen ruik sing my gees van ons Groot Pa se oneindige liefde vir ons en voel ek dat alles goed is.
Ruik ek 4711 laventel, sing ek 'n ode aan my ouma en ma en tantes wat elkeen op 'n ander manier aan my vrouwees geskaaf het. Al die lekker geselsies op die stoep op die plaas, wanneer mens ver ente stap, ryp appelkose pluk en gaan kyk of die klein varkies al aangekom het.
Ek sing as ek lavender ruik in die olie waarmee ek my gesig skoonmaak, die seep waarmee ek bad en die lyfroom waarmee ek myself troetel en weet dat ek Pa se dogter is, 'n prinses wat aan Sy tafel sit. Ek het jare lank gesukkel met selfaanvaarding en onbelangrik voel en die Skrif misgelees dat ons ons naaste moet liefhe soos onsself.
Mirre het vir my baie spesiale betekenis gekry. Julle weet hoe Hadassa vir 'n jaar lank met mirre en ander olies behandel is om uiteindelik skoon en geurig te wees en volwardig koningin Ester te word. Ek weet verseker dat die dinge wat diep en seer skaaf uiteindelik al die skurwe plekke glad maak, karakter bou... tot ons God se geur uitstraal... so lekker ruik dat ons mense na ons toe aantrek. Volwaardig ons rol vervul en is wie Hy bedoel het ons moet wees. Ek dra die Mirre en dit voel of my vriendin dogter by my is en ek sing van die vreugde van ma wees
Ek ruik lelies en sing oor die wonder van vriendskap en die sagte kokon wat dit om mens vorm om die aanslae van die lewe makliker te hanteer en die vreugdes groter volume te gee... EN EK SING........
Ek wil graag die mense tag wat nie blogs het nie. Annie en Riza... wat van julle..Skryf vir my dan sit ek dit vir julle op my blog.


18 comments:
As 'n mens hierdie lees, dan weet 'n mens dat jy definitief kan sing en dat al die mooi dinge in die lewe jou gou op 'n deuntjie afstuur. Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Gauteng Groete
Dit is 'n PRAGTIGE inskrywing Charmaine! Ek het dit nou baie geniet!
Dankie Desire en Thea. Dit was lekker om dit met julle te deel. So amazing om julle so op die blogs te leer ken. Die positiewe kontak en boodskappe is goed vir 'n mens .
Lieflike dag vir julle
Dankie Charmaine en daar's vir jou 'n ietsie op my blog!
Lekker naweek!
Hey mam, ek mis mam ook en ek wens ek was daar, en ek is bly ek is ook in die geure van mam se hart soos mam in myne is. Lief vir mam. Riza
Ek's nie verras nie maat, dit is jy! Jy's 'n spesiale vriendin, ek waardeer jou.
Haai my skat, baie dankie. Dis goe om te weet. ek is so trots op jou dat jy al die skaaf en skuur so uitstekend hanteer. Jy ruik so lekker.. so lief vir jou
Baie dankie maat. Ek waardeer joiu... dankie vir jou.
Sal jou laat weet
ANnie
Sus- dis asof ek Ouma Bok kan ruik in die gang afkom- 4711 kan nie op iemand anders wees nie. En oupa mey sy SCholl vir sy lippe . nbb. mn/hj b skuusv alerssia tik ook.
Dis 'n baie mooi inskrywing die van jou!
Ek kon sommer sekere dinge ruik soos ek dit gelees het.-lieflik!!
groete'tjies
Hi Hannes... ja dis waar ne. Kan mens nie maar so bietjie op die plaas wees nie. Hallo Alessia pop. Soentjie vir jou.
Mariette lekker om van jou te hoor en bly jy kon ook ruik wat ek se
:-)
Wat 'n pragtige inskrywing oor sing en reuke!!
Ek het heerlik gelees!!
Jy is special Charmaine ek kan dit sommer hier optel!
Hugs
Muriel
Dankie Muriel. Jy is ook special jongie. Hoop dis 'n mooi week vir jou. Drukkie vir jou ook.
Annie ek wag vir jou inset.. :-)
Ag wat is tog jou email adres ek het verkeerde ding hier beet
Annie
Annie... gracious_communication@yahoo.com
Ek sien uit om van jou te hoor
Post a Comment