Die baas wat op die "troon" sit, is die hoof van die Departement Finansies en is een van die aangenaamste mense in die Maatskappy. Hy het die hele atmosfeer van die Department verander van mense wat permanent onder vrees werk na mense wat positief gemotiveerd is om hulle alles te gee. Aan die ander kant van my, is 'n Irakese vrou wat naby 60 is... kan julle dit glo? Sy lyk nie 40 nie. Sy het Bagdad twintig jaar gelede verlaat vir Kanada en toe UAE toe gekom. Sy kry trane in haar oë as sy oor Irak praat en oor wat die oorlog aan haar land en mense gedoen het. Sy kan nooit weer teruggaan nie. Langs haar staan 'n Indiese vrou wat self al by die twintig jaar vir Etisalat werk en baie mense en base gesien kom en gaan het. Sy is 'n unieke Indiër vrou met die sagste hart en een van die min Indiërvroue in die land wat nie lang hare het nie. Maar sy trek so mooi aan. Langs haar is die geduldigste vriendelikste sekretaresse op die aarde... ook 'n Indiër ... met lang lang hare...wat meer as twintig jaar vir baie verskillende base gewerk het. Die mans wat aan die baas se regterhand staan, kom almal van of Indië of Pakistan en het dieselfde kommer oor hulle kinders as ons en wil ook nie dat die kinders in Engeland gaan swot nie, omdat hulle, maar net soos ons, nie seker is of die kinders se waardes sal kan staan teen die aanslae van die liberale nie. Sunday, June 1, 2008
Die mense saam met wie ek werk
Die baas wat op die "troon" sit, is die hoof van die Departement Finansies en is een van die aangenaamste mense in die Maatskappy. Hy het die hele atmosfeer van die Department verander van mense wat permanent onder vrees werk na mense wat positief gemotiveerd is om hulle alles te gee. Aan die ander kant van my, is 'n Irakese vrou wat naby 60 is... kan julle dit glo? Sy lyk nie 40 nie. Sy het Bagdad twintig jaar gelede verlaat vir Kanada en toe UAE toe gekom. Sy kry trane in haar oë as sy oor Irak praat en oor wat die oorlog aan haar land en mense gedoen het. Sy kan nooit weer teruggaan nie. Langs haar staan 'n Indiese vrou wat self al by die twintig jaar vir Etisalat werk en baie mense en base gesien kom en gaan het. Sy is 'n unieke Indiër vrou met die sagste hart en een van die min Indiërvroue in die land wat nie lang hare het nie. Maar sy trek so mooi aan. Langs haar is die geduldigste vriendelikste sekretaresse op die aarde... ook 'n Indiër ... met lang lang hare...wat meer as twintig jaar vir baie verskillende base gewerk het. Die mans wat aan die baas se regterhand staan, kom almal van of Indië of Pakistan en het dieselfde kommer oor hulle kinders as ons en wil ook nie dat die kinders in Engeland gaan swot nie, omdat hulle, maar net soos ons, nie seker is of die kinders se waardes sal kan staan teen die aanslae van die liberale nie. Tuesday, May 27, 2008
So bietjie oor my werk
Mens kan sê dat motivering die suurstof, grond en water is wat 'n boom laat groei en dat die boom se takke elke faset van elkeen se lewe voorstel... Uiteindelik dra ons sade en vrugte wat ander voed.. of skade aandoen... sommige sade en vrugte is giftig en sommige takke en blare vol dorings en dinge... en dan het die boom ook kwaste wat vertel van moeilike tye. As die boom skade oorleef, kan so kwas later op sy eie manier ook nuttig wees.Tuesday, August 14, 2007
Ek en F.R.O.G by die kantoor
F.R.O.G, vir almal wat nog nie weet nie, is my nuwe klein Honda Jazz en die naam staan vir

F.R.O.G se parkeerplek in die parkeer garage.... waarvoor ek eindeloos dankbaar is, het die mooiste uitsig oor die Moskee en die tuine en as sy haar ogies skrefies maak, dan sien sy ook die Cultural foundation.

Dis wonderlik dat my kar nie in hierdie ontsagtike son staan die HELE dag soos so baie ander mense se karre nie.
My kantoor het ook geskuif van die 12 de vloer, waar ek 'n "glashok" of soos die mense dit noem, 'n cubicle gehad het, na die 15de vloer waar ek tussen al die senior Ingeniers sit in 'n lekker, meer privaat "kantoor". 
Ek het drie telefone, maar eerlik.... ek weet nie om die een in die hoek te gebruik nie, al staan my naam daarop. Wat maak mens in elk geval met drie telefone??? 
Langs my kantoor is 'n klein "sitkamer" met 'n TV waar mense kan sit en wag vir 'n afspraak.
Daar is 21 verdiepings/levels in die gebou. Ek werk meestal op my eie vloer, maar ook elders, afhangende van die groep waarmee ek werk. Dis hoe "my" klaskamer lyk. 
Alles is oopplan, ruim en pragtig. Meer as driekwart van die "mure" van die gebou is glas en mens kan van die boonste vloere af die see reg rondom Abu Dbahi sien lê. Ek kan nie nou fotos neem daarvan nie, want die humuditeit is so hoog dat die uitsig baie swak is. Dit lyk meestal in die somer of daar een of ander storm dreig, maar dis wensdenkery. Ons kry net stofstorms die tyd van die jaar.
Ek dink baie aan Psalm 16:6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval..... en tot ek weer eendag in my eie mooi land kan wees geniet ek regtig die groot bederf.



