Saturday, January 10, 2009

Totsiens en hello

Dis vervlaks aaklig om totsiens te se. Mens moet senuwees en 'n hart van staal he om dit te oorleef... of tenminste dan tydelik. Dis makliker om diere te groet as die mense so na aan mens se hart. Ek het nie eers laaste groetfotos geneem van my geliefdes nie. Ek konsentreer te veel op deur die afskeid kom. Riza se viertjies het so op my laaste oggend lekker styf teen mekaar in die sonkolletjie gesit. Die bietjie warmte was nodig na die vorige nag se storm wat die temperatuur sommer drasties laat val het... welliswaar net tydelik.


Bonita het die heel vakansie by my geslaap en as my oe oopgaaan in diee oggend styf teen my kop le en kliphard gespin.. Die ou vroutjie word ook nou oud.


Terug by die huis wil Didi net op my skoot sit. Die stoelsittery is nie op mails te lees nie, maar hy weet dis waar ek gaan wees. en Taffee wil fetch speel. En as ek nie meer die bal wil gooi nie, dan rol hy sommer vir homself die bal van die stoel se rugreeling af en speel fetch met homself

Dee sit hoog en droog op die tafel... buite bereik van die besige Chihuahua boeties sodat hy naby my kan wees.
En toe doe groot bederf van 'n kuier van Hannes en Angela en Alessia..die aspatat word so groot. Sy sit soos 'n wafferse dame op die stoel en wieg

en toe ons nie haar kersgeskenk wil aanmekaar sit nie, klim sy sommer bo-op en lyk asof sy lesse gehad het in kryt vashou en teken. Kyk die konsentrasie.

Hannes probeer my fotoprogram uitsorteer. Sy ousus is eintlik rekenaar gestremd.



Ag dankie weer vir almal se liefde by die huis en weer terug in Abu Dhabi. Dankie vir William en Sandra en Liam en Armand en Vanesa vir die oppas van die huis en diere. Ons skuld julle groot

En sien, ek het 'n baie wonderlike L'Occetaine persent van Hannes en Angela gekry... dankie dankie.. X X X


Ons sal daarwees vir mekaar deur die jaar. Didi en Taffee en Dee se BAIE DANKIE

Friday, January 2, 2009

Nuwe jaar en nuwe baba

Die jaar is twee dae oud en 'n nuwe babaseuntjie in ons familie, James, is twee weke oud. Ons het so bietjie by my niggie Kiki en haar man Scott gaan kuier om die nuwe kleinding te ontmoet. Hy het net 2.6 kg geweeg, maar in die twee weke reeds 400g opgetel. Hy is breekbaar klein, maar jinne kan hy drink. Hy is defnitief vasbeslote om 'n blonde hartebreker te word.
Hier slaap die man na sy melkies op mamma Kiki se skoot.
Ouma Rina, my ma se suster, is vreeslik in haar skik...
Ouma Bessie... my ma, se sy is bly haar kleinkinders is nie meer so klein nie, maar ai, kan mens nie jaloers wees op so ou dingetjie nie.
Elriza het almal se aandag, maar ek het geen idee wat sy hier beduie nie.
Ons het heerlik gekuier en mag ons die nuwe jaar net so gedetermineerd aanpak, goed wees vir mekaar, bande sterk hou en baie liefde uitdeel.

Sunday, December 28, 2008

Krismiskat en hondeliefde

Na Kersfees en die gees van vrede en liefde leef voort hier tussen die diere. Een oggend terwyl Riza kamer aan die kant maak het die twee groot buite honde kom more se. Abby, die Bokser, en Jimmy die Jackrussel word vriendelik deur die Chihuahuas gegroet en dit ontaard in 'n algehele leksessie. Op die bed kry Wally 'n liefie van Swart en Wit kat... ja , die meisie het nie 'n ander naam nie. Enige voorstelle ouens?
Sy speel ook krismiskat
En het klomp goed te se vir Riza
Riza noem hierdie cute bondeltjie 'n Chihuahua koek. Hoe kan mens nie in gemeensaamheid leef tussen sulke liefdevolle dierekindertjies nie? Lief julle almal. Ek sal nie lek nie :-)

Wednesday, December 24, 2008

Geseende Kersfees

Hier in Johannesburg het ons 'n lekker rustige Oukersaand. Ons het al vroeg vanmiddag Kersboom gehou en so baie soetgoed geeet dat ons skaars lus het vir tee...
Hier is Elriza besig om kerse aan te steeek vir die atmosfeer
Ouma wag dat ons begin persente uitdeel en Jimmy het homself lekker tuisgemaak op die stoel.

Voor die seuns weg is Jeffrey's toe, het ons... in Wiehann se woorde.. kleuterskool kos geeet met kershoede op en sommer vroeg al reeds van die geskenke oopgemaak. Die kleuterskoolkos was visvingers en chips, pampoen en patats... net vir die bietjie soetigheid sien, want Wiehann en Elriza het 'n 24 uur maagvirus onderlede gehad en ons moes maar versigtig wees met die kerskos.

Baie Geseende Kersfees aan al my familie, vriende... oues en nuwes.... en die blogmaats en lesers. Mag die vrede en vreugde van Kersfees in julle harte daal en die heeldag met julle wees.

Baie liefde vir julle almal.

Friday, December 19, 2008

Mooiste Kaap

Die Kaap het regtig sy beste voetjie voorgesit toe ons die vier dae daar was en heerlik geflikvlooi met al die mooi landskappe,

Skuus vir die kamera se refleksie in die ruit, maar julle kry die idee...
Wie sal nie sy hart kan verloor op hierdie misterieuse majestieuse berge nie seetonele... om elke dag hierdie uitsig te he... ai, kan 'n man dan nie
sonskyn, minnerige wind, heerlike kos en en ia... ek dink ek kan hier bly.

Ons het by allerhande interessante plekke geeet waar nie honde nie, maar hoenders kom bedel vir kos... en die eetkamer dak hang vol allerhande mooi mandjies en dinge...

Ek het so bietjie gaan soek vir 'n plek om dalkies te koop en eendag af te tree... eendag is ook nie meer twee hande se jare ver nie... Oral waar ek was, is mooi... asemrowend mooi, maar Greyton het my hart gesteel.

Wat van hierdie Cottage... ai..... wat van die cottage... :-)
sien julle my ook gereeld hier tee drink of ontbyt eet?
En dalk kan ek saam met die Sendelinge by Genadendal gaan werk. Hoe mooi is die plek nie reggemaak nie.

Riza het eers gedink sy sal in die kerk kan trou. Ek hou so baie van die wit afwerking binne.

Maar toe ons by hierdie teetuin in Greyton kom
en sy sien hierdie klein kapel, het sy ook besluit dis net die plek.
Hierdie tuine laat my heeltyd aan secret garden dink... is dit nie mooi nie!!

Ons maak planne en ons droom drome maar Pa weet waar Hy met ons wil heen. Ek sit 'n aansoek in Pa se inbox, een sal geduldig wag vir die finale besluit.

Wednesday, December 10, 2008

'n Kosbare Sondag

Sondag was soort van my eerste dag , want Saterdag was so mengsel van groet en kuier en gesels en simkaart soek,,, ek moet vir julle vertel dat ek eers na die tweede simkaart aangeskakel was by MTN. Saterdagaand hoor ek, “Ma moet my vroeg kom haal, want die aanbiding word deur die kinders gelei “ en hoewel Riza Saterdagmiddag kerk toe is om die kleingoed te laat saam oefen, werk die oefening nie soos sy gehoop het nie. Ons is dus vroeg al by die kerk … maar kyk hoe mooi is die tuine en Riza lyk glad nie gestress nie… want sy het DJ se roos. Die eerste diens is ‘n aangename verassing van die kostelikste klein Divas wat help met sang lei. Een van die groepleiers stel sy groep voor as baie woelige 9-11 jaar seuns… en weet ons nie hoe woelig die klomp kan wees nie, maat… die manne doen ‘n “skit “oor die besoek aan Herodes. Hulle is lede van die koning se geheime diens, daarom die sonbrille. Die kinders bly maar ‘n kosbare deel van ons Vader se koninkryk. Riza preek tydens die aanddiens. Sy noem haar preek: “ The wrong side of Heaven..” Sy vertel van die dogterrtjie wat saam met haar pa stap terwyl dit skemer word. Dis ‘n pragtige aand en toe die sterre uitkom se sy vir haar pa “dis so mooi aan die verkeerde kant van die Hemel, dink net hoe mooi is die sterre van die hemel se kant af”.. Die boodskap gaan oor hoe osn maar te goed weet dat ons aan die verkeerde kant van die hemel is as ons deur die dinge van elke dag struggle, maar in Openbaring 21 lees ons hoe die Nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal en God Sy woning tussen ons kom maak… dat ons moet weet dat Hy ook binne in ons Sy woning maak. Die dinge waardeur ons gaan bring Hy met liefde oor ons om ons te louter sodat Sy glorie uiteindelik om en in ons is. Ons hoor uit 2 Korinthiers 6 dat ons nie vernietig word deur die dinge wat ons omslaan nie. Ons sing saam met Riza en vra dat Vader ons harte sal heilig, dat die Glorie aan God behoort . Ons jubbel dat ons die Blye versekering het dat Hy met ons is… totdat ons aan die regte kant van die Hemel by Hom kan gaan bly. En die ma se hart swel van trots. Die ouens wat wonder, ek het die boodskap so geneit, date k nie eers gehuil het nie..:-) Dis so lekker om by die huis te wees en so groot voorreg om na my eie dogter se preek te luister. Nou sien ons uit na vier dae in die mooiste Kaap. Ek sal vertel.

Saturday, December 6, 2008

nie so maklik nie

Elma skryf vir my sterkte vir die oppak en toesluit en jinne dit is nogals 'n ding. Om 'n maand lank weg te wees beteken mens kan nie die slaai en kaas in die yskas los nie en helaas, ook nie die hondekinders by die huis nie. Vanesa hulle is so dierbaar om na Dee te kyk, maar die twee woelige hondeseuns sal dit nie maak nie. Beste wat mens vir hulle kan doen is kennels. Sandra sal hulle gaan haal as sy weer terug is in Abu Dhabi en dierbare vriendin wat sy is bied sy aan om saam te ry Musaffah toe sodat die ouens by die kennels ook sommer kan sien wie sy is as sy hulle weer moet gaan haal. Ons hou voor die kennels stil en dit voel soos koshuisdae... net, die keer is ek nie die een wat afgelaai word nie. Toe ons uitklim snuif snuif hulle die vreemde reuke en bewe soos jellie oor die groot honde wat so blaf. Jinne en die ma se hart is maar seer. Hulle kamer is reg vir hulle met bak met water en twee slaapmandjies.. hulle hoef nie eers 'n bed te deel nie, maar ek het hulle eie bedjie vir hulle saamgeneem met hulle gunsteling speelgoed en natuurlik die pienk bal.. en soentjies vir elkeen... Taffee is reg agter my toe ek by die hok uitstap, en my hart breek amper oor Didi wat styf in die hoekie langs die waterbak gaan sit. Ai man..... maar Bonkee, die "baas" by die kennels vertel ons hulle sal hulle eie hanteerder he wat hulle twee keer op 'n dag gaan haal vir walkies en tweekeer 'n dag die valdeurtjie oopmaak vir piepies... ek weet nie of my twee seuns sal knyp nie... hulle sal ook tweekeer 'n dag kos kry en sagte kossies as hulle bietjie erg verlang. Nog steeds nie makliker om hulle daar te los nie, maar Sandra troos en se die ander honde sal hulle vertel dis ok hulle moenie te veel worry nie. Dit klink of hulle mooi na hulle sal kyk ne ouens...?