Bonita het die heel vakansie by my geslaap en as my oe oopgaaan in diee oggend styf teen my kop le en kliphard gespin.. Die ou vroutjie word ook nou oud.
Terug by die huis wil Didi net op my skoot sit. Die stoelsittery is nie op mails te lees nie, maar hy weet dis waar ek gaan wees.
Dee sit hoog en droog op die tafel... buite bereik van die besige Chihuahua boeties sodat hy naby my kan wees.
En toe doe groot bederf van 'n kuier van Hannes en Angela en Alessia..die aspatat word so groot. Sy sit soos 'n wafferse dame op die stoel en wieg
en toe ons nie haar kersgeskenk wil aanmekaar sit nie, klim sy sommer bo-op en lyk asof sy lesse gehad het in kryt vashou en teken. Kyk die konsentrasie.
Ag dankie weer vir almal se liefde by die huis en weer terug in Abu Dhabi. Dankie vir William en Sandra en Liam en Armand en Vanesa vir die oppas van die huis en diere. Ons skuld julle groot
En sien, ek het 'n baie wonderlike L'Occetaine persent van Hannes en Angela gekry... dankie dankie.. X X X

