Ek het vroeer die gedagte in die kantlyn van die blog geskryf en dan gebeur iets en God laat ons weet Hy is naby. Dit het ek die week ervaar toe my ergste nagmerrie gestalte gekry het in 'n "aanval" of "inval" in die kinders se huis in Suid Afrika. Ek kry 5:00 (3:00 in Suid Afrika) die oggend 'n oproep en die bewe stemmetjie aan die ander kant se:" kan ma my asseblief terugbel. Ons is aangeval". My hart slaan oor en in my keel vas en ek bel terug met bewende vingers.. my kop se vir my dis ok want Riza praat met my. Die speurder vra:" Mevrou het jy dalk nog die serienommer van die laptop" My kop registreer dit amper nie, want ek wil net weet of almal ok is. Maar hy stel my gerus, se ook hulle , die polisie, is daar en werk aan die saak. Dan hoor ek die storie by Riza van hoe Tavid, wat nou regtig waghond status gekry het, haar wakker geblaf het tot sy regop in die bed sit. Toe skyn 'n flitslig in haar gesig en die volgende oomblik breek die kamer venster dat dit soos 'n geweerskoot klink. Ta klim by die venster in en Riza weet sy moet uit die kamer kom. Dankie Pappa dat sy het. Niel en Wiehann is toe ook wakker en almal storm kombuis toe om by die deur uit te kom.... en hulle kannie die sleutel kry nie. Intussen is die ou weer by die venster uit met net Elriza se laptop... met al haar assignments en preke op, ook die een wat Vrydag, (gister) van 4000 woorde moet in. Ook in die opsig was Pa daar vir haar, want net die vorige dag het DJ vir haar gevra om die assignment vir hom ook aan te stuur... en sy het. Buite het Rudie uit sy kamer gekom en toe skiet die man wat by die hek vir sy medepligtige wag op hom. En weer is Pa daar, want die koeel mis Rudie en slaan in die kar se sitplek vas. Wiehann vertel dat die polisie byna onmiddelik op die toneel was en begin het met forensies. Die speurder is verbaas dat hulle afdeling onmiddellik in kennis gestel is, want hy vertel dat hulle gewoonlik twee dae later eers van sulke inbrake in kennis gestel word. Hy se ook hoe gelukkig hulle is, want mense kry meeste van die tyd baie lelik seer of is dood met sulke inbrake. (Nie gelukkig nie speursersant, begenadig...)Ek weet net dat dit nie saak maak waardeur ons gaan in die wereld, wat nie ons huis is nie, want God is neffens ons.
Dankie Pappa dat Elriza nie verkrag en vermoor is nie, dat my seuns ongedeerd is en dat die koeel wat afgevuur is om dood te maak, in die kar se sitplek vasgeslaan het. Dankie dat Tavid so wakker is, dat U ons hand hou wanneer ons deur doodskaduwees gaan. Dankie!!!
ns: Hier is 'n foto van Riza met Tavid by die venster waardeur die man in die kamer ingeklim het.









