Maar die ander oulike ding van hierdie, meestal handelaars uit Indie en Iran en Pakistan, is die name van die winkels. Ek het baie pret soggens as ek deur die strate kantoor toe stap om te probeer uitmaak waarom 'n materiaal winkel "Honey", of "Gulf Tower", of "Blue Sky" of "Aroma Clothes" genoem word
Wat is a decent saloon....
en wat is "My Shop"?
Een van die klerewinkels is sommer net "Happy"...
Die duiwe is 'n ander storie. Daar was eers baie baie meer van hulle. Die rede hoekom hulle minder word mag wees dat dit nou te warm word hier, of dat die meeste liewer in die oggend vroeg eet... want die eintlike rede, en die een wat ek nie wil glo is waar nie, is dat daardie man wat hulle voer, soms 'n net oor hulle gooi en van hulle vang.... vir wat??? Die pot? En dis tog te aaklige gedagte.
Lief julle almal









