Die sprokie duur voort met die mooi geboue uit ‘n hele paar eeue gelede. Dis so lekker om na die geboue te kyk en te weet dat baie vorige geslagte dieselfde gedoen het. Ek sal later vertel van die Lochness monster wat ongelukkig besig was die dag toe ons gaan kuier het... maar dan het ons nie die Whisky ding gedoen nie
Ons het tot by Inverness gery. Dit was die hoofstad van die Viking tyd… kan julle dink. Hierdie is die binnekant van die mall.. Mens wil net koop maar die tasse is bietjie klein.. Ek het wel nog CD's gekoop vir luister in die kar. En deur die musiek het ek 'n hele klomp geleer van die Skotse kultuur en wat die mense laat sing
Hierdie is die stadshuis in Inverness en dis nog in volle gebruik. Daar is kantore van Advokate en prokureurs
En kyk hierdie kerkgebou. Ek het julle vertel van die klooster by Jedburgh wat 84 jaar geneem het om te voltooi... hoe lank sou hulle aan hierdie kerk gebou het? As mens deesdae in die strate van Abu Dbabi of Dubai ry, lyk die strate van een week na die volgende totaal anders soos die geboue soos paddastoele opspring... en dalk sal hulle ook net so lank soos paddastoele hou.. nie 5 eeue nie.
Hierdis is 'n ry van sulke ou geboue in Edinburgh. Ek geniet die feit dat dit nie monumente is nie, maar dat mense nog daar woon en shop en leef.. Dis baie spesiaal.
Ek probeer gou weer gesels. Ek het eintlik 'n duisend dinge wat ek wil deel en foto's wat ek wil wys.
Dan het julle op Sandra se
Ons is, soos julle op die foto kan sien... ook Engeland uit en Skotland in... mens kan amper se die wind waai ons uit die een land in die ander land in. Die huise is stokoud... pragtig. Julle gaan nog moeg raak vir al my straattonele , maar Niel, jy sal vir jou mam prentjies maak daarvan ne? Dit voel heeltyd of ek in 'n sprokie is.
Alles is pragtig groen, en julle sien ook stukke van die muur wat die Romeine gebou het as die verste Noordelike grens van hulle ryk... Ek sal fotos wys van die kastele en dinge, maar sien solank die foto van die Abby by Jedburgh.. ek het eers gedink dis 'n tronk, maar toe nie. Die tronk kom nog....die Abby het 84 jaar geneem om te bou. Dis sover my storie en mengelmoes van fotos... Ek sal beter doen met die stories en geskiedenis, want soos julle weet, is die geskiedenis van die amazing land, baie indrukwekkend. So deurmekaar soos die eerste inskrywing klink, so oorweldig het ek die eerste twee dae gevoel deur alles wat ek sien en ervaar. Lief julle almal..


