Friday, May 29, 2009

Ek het my kasteel gevind

Julle weet soms voel mens mos jy hoort eintlik in ‘n ander tydsvak. Of dit nou is omdat ek in my vorige lewe as ‘n lady…of prinses, in ‘n kasteel gewoon het, of sommer net omdat daar drome in elkeen van ons ingeplant is… weet ek nie, maar vandag het ek gevoel hierdie wonderlike mooi kasteel is my plek. Ek hoef niks verder te se nie. Die kasteel van buite

Page1

van binne,


Page2


Page5

die tuine…selfs ‘n walled garden (secret garden :-))

Page3

Die blomme …alles.

Page4

Droom lekker saam met my... lief julle

Sunday, May 24, 2009

Mooiste geboue

Die sprokie duur voort met die mooi geboue uit ‘n hele paar eeue gelede. Dis so lekker om na die geboue te kyk en te weet dat baie vorige geslagte dieselfde gedoen het. Ek sal later vertel van die Lochness monster wat ongelukkig besig was die dag toe ons gaan kuier het... maar dan het ons nie die Whisky ding gedoen nie


UK DDTT toer 022

Ons het tot by Inverness gery. Dit was die hoofstad van die Viking tyd… kan julle dink. Hierdie is die binnekant van die mall.. Mens wil net koop maar die tasse is bietjie klein.. Ek het wel nog CD's gekoop vir luister in die kar. En deur die musiek het ek 'n hele klomp geleer van die Skotse kultuur en wat die mense laat sing

UK DDTT toer 036

Hierdie is een van die baie straatjies van een van die baie dorpies waardeur ons gery het. Ek kan nie genoeg kry van hoe oud dit is nie.


UK DDTT toer 040


Hierdie is die stadshuis in Inverness en dis nog in volle gebruik. Daar is kantore van Advokate en prokureurs

UK DDTT toer 038

En kyk hierdie kerkgebou. Ek het julle vertel van die klooster by Jedburgh wat 84 jaar geneem het om te voltooi... hoe lank sou hulle aan hierdie kerk gebou het? As mens deesdae in die strate van Abu Dbabi of Dubai ry, lyk die strate van een week na die volgende totaal anders soos die geboue soos paddastoele opspring... en dalk sal hulle ook net so lank soos paddastoele hou.. nie 5 eeue nie.


Hierdis is 'n ry van sulke ou geboue in Edinburgh. Ek geniet die feit dat dit nie monumente is nie, maar dat mense nog daar woon en shop en leef.. Dis baie spesiaal.

UK DDTT toer 091

Ek probeer gou weer gesels. Ek het eintlik 'n duisend dinge wat ek wil deel en foto's wat ek wil wys.

Friday, May 15, 2009

Eerste indrukke

Ek weet ek is baie ver agter met die eerste storie van ons kuier, maar my geduld word beproef deur baie swak netwerke. Dis nie dat ek nie graag hierdie met julle wil deel nie. Toe ons in London afklim, was dit 11 grade en die wind het yskoud gewaai. Ons het baie lekker gebly in die hotel in Heathrow.... een van baie moet ek se, en Costas koffie gedrink. WAar mens ookal in die wereld gaan ,eet ons by dieselfde plakke, drink dieselfde koffie en trek dieselfde aan. Die enigste goeters wat baie anders is, is die manier wat ons babbel en selfs in dieselfde taal, woorde uitspreek. Mens kan bv COMFORT en MUSHY PEAS se op baie maniere en mekaar amper GLAD nie verstaan nie. Dan het julle op Sandra se blog gelees van hoe ons tussen stasies en treine gehardloop het. Julle weet daardie liedjie van Lochner de Kock en Richardt van der Westhuizen... maar ons klim na twee en 'n half uur stokflou gehardloop by Watford stasie af en daar is 'n fietswiel aan 'n heining vasgemaak. Toe wonder ons.... is die res van die fiets gesteel, of wat... en ek hou my sak stywer vas. Ons is, soos julle op die foto kan sien... ook Engeland uit en Skotland in... mens kan amper se die wind waai ons uit die een land in die ander land in. Die huise is stokoud... pragtig. Julle gaan nog moeg raak vir al my straattonele , maar Niel, jy sal vir jou mam prentjies maak daarvan ne? Dit voel heeltyd of ek in 'n sprokie is. Alles is pragtig groen, en julle sien ook stukke van die muur wat die Romeine gebou het as die verste Noordelike grens van hulle ryk... Ek sal fotos wys van die kastele en dinge, maar sien solank die foto van die Abby by Jedburgh.. ek het eers gedink dis 'n tronk, maar toe nie. Die tronk kom nog....die Abby het 84 jaar geneem om te bou. Dis sover my storie en mengelmoes van fotos... Ek sal beter doen met die stories en geskiedenis, want soos julle weet, is die geskiedenis van die amazing land, baie indrukwekkend. So deurmekaar soos die eerste inskrywing klink, so oorweldig het ek die eerste twee dae gevoel deur alles wat ek sien en ervaar. Lief julle almal..

Tuesday, May 12, 2009

Alessia se kuier

Alessia se kuier op Vrydag was weer vol heerlikhede en ervarings vir die besige klein aspatat. Hannes en Angela kom betyds vir vroee middag koffie en ons maak kleifeetjies… en ek vang Angela met haar mond vol yogurt brood :-) Alessia maak haarself met die honde se kombersies in hulle bedjie toe en die twee manne verstom hulle aan haar. Ek is net betyds met die kamera toe sy besluit die bed kan op enige plek in die huis wees… en daar gaat sy
Sy gaan weer saam met ons omgeegroep toe. Ons kry 'n dooie gecco onder die tafel en sy gaan wys almal wat inkom.
Dan is dit tyd vir saamsing. Sy geniet dit vreeslik baie. Op die foto les sy haar dors maar hou nie op met die bewegings nie.
Buite ontdek hulle 'n tor. Nicolas wys vir haar (tipies seunskind ne) en daarna is sy heeltemal bereid om die tor saggies te streel. Ek weet nie of dit goed of sleg is dat sy nie bang is vir goggas nie, maar een ding is seker, sy dra nie vrese wat ons as grootmense so maklik aan ons kinders oordra nie. Julle is goeie ouers Hannes en Angela.
Na die les klaar is, is dit tyd vir buite speel en klein meis ontdek saam met die ander kinders, die poel water van die spreiers op die driving range en toe begin die groot pret van spat en speel. Toe sy terug is by my, moet die nat klere uit.

Ek dink nie ek was om die draai nie, toe raak sy aan die slaap. Dankie vir die kuier. Ek gaan julle mis die volgende maand... Lief julle

Saturday, May 9, 2009

Opera en Simfonie bederf

Wanneer die mense in die land 'n konsert aanbied, dan nooi hulle die bestes en betaal mens baie duur maar word bederf met die mooiste van musiek in die mooiste van plekke en vir 'n kort rukkie voel mens regtig skatryk. Corinne bel Maandag en vra of ek en Sandra nie lus het om saam met haar na die Italian Opera Gala te gaan waar die "Orchestra of the Teatre La Fenice di Venezia " arias uit operas soos Rigoletto, Tosca, Nabucco, Carmen, La Traviata en La Boheme, om net 8 van 14 te noem.... want dis die wat ek darem so bietjie ken sien... ;-) uitvoer nie. Ja natuurlik wil ons...graag. Dit word in die Emirates Palace se ouditorium aangebied waar mens R220 vir 'n glas wyn en R70 vir 'n glas vrugtesap betaal.
Wat trek mens aan... vra Corinne later die week vir my met sms. Sy se sy het net Sondag klere. Maar julle weet mos mense trek enige ding aan deesdae, van deftige swart tot jeans, so ons trek aan wat in ons kaste is en loop ook vir Amelia daar raak... Sandra neem fotos en dan deel sy dit so vrygewig met my, want my kamera le natuurlik by die huis.
Die orkes word gedirigeer deur 'n jongman van 33, Juraj Valcuha van Slovakia. En ek het gedink die dirigente is soos Presidente, ou manne... maar nou weet ek beter.
Opera sangers soos Marcelo Alvarez , 'n tenoor uit Italie, waar anders, Julia Gertseva uit Leningrad.... 'n pragtige dramatiese mezzo-sopraan stem, Inva Mula uit Tirana... eerste keer in my lewe dat ek van die plek hoor, maar met so 'n soepel sopraan dat mens hoendervleis kry, Franco Vassallo, 'n bariton uit Milan, Italie. En as ek slim klink, ek skryf die name uit die program neer. :-) Maar hoewel mens nie hulle name kan uitspreek nie, kan die mense sing!!!
Die konsert ouditorium is pragtig met die interessantste beligting. Die sommer net 'n fees van luukse aand.
Elkeen van die sangers het twee of meer arias alleen gesing, die twee manne het 'n duet uit Don Carlo gesing... Vir 'n grand finale het al vier die sangers saam met die orkes afgesluit met 'n aria uit La Traviate en 'n staande ovasie van die amper 1000 mense gekry. Hulle moes die stuk drie maal herhaal voor die aplous uitendelik bedaar het. Dit was so amazing en so af en toe is dit darem 'n heerlike spesiale, elke sent werd ervaring. Dankie vir die voorstel Corinne en vir die fotos maat. Ons maak verseker weer so.... net eers spaar

Monday, May 4, 2009

Die eienaardighede van Abu Dhabi

Die land fassineer my. Daar is regtig mense wat swaarkry, want baie mense kom in en bly dan net eenvoudig op 'n visa wat lankal verval het. So van tyd tot tyd gee die regering al die onwettige besoekers kans om sonder vervolging die land uit te gaan. Dan stroom mense in hulle duisende terug na hulle lande... Pakistan en Indie onder andere. En die rede hoekom ek nou op so manier die skrywe begin, is omdat ek my verstom aan die feit dat mense in die land nie ander mense se goed vat nie. Hierde foto het ek nou die oggend voor sewe geneem. Die rolle materiaal word afgelaai en le daar tot die einaars teen tienuur die winkels kom oopsluit


Maar die ander oulike ding van hierdie, meestal handelaars uit Indie en Iran en Pakistan, is die name van die winkels. Ek het baie pret soggens as ek deur die strate kantoor toe stap om te probeer uitmaak waarom 'n materiaal winkel "Honey", of "Gulf Tower", of "Blue Sky" of "Aroma Clothes" genoem word
Wat is a decent saloon....


en wat is "My Shop"?

Een van die klerewinkels is sommer net "Happy"...


Die duiwe is 'n ander storie. Daar was eers baie baie meer van hulle. Die rede hoekom hulle minder word mag wees dat dit nou te warm word hier, of dat die meeste liewer in die oggend vroeg eet... want die eintlike rede, en die een wat ek nie wil glo is waar nie, is dat daardie man wat hulle voer, soms 'n net oor hulle gooi en van hulle vang.... vir wat??? Die pot? En dis tog te aaklige gedagte.
Maar miskien as mens nie stuff vat nie, jag mens die stad se duiwe... iets?



Lief julle almal

Saturday, April 25, 2009

Hier neffens my is God

Ek het vroeer die gedagte in die kantlyn van die blog geskryf en dan gebeur iets en God laat ons weet Hy is naby. Dit het ek die week ervaar toe my ergste nagmerrie gestalte gekry het in 'n "aanval" of "inval" in die kinders se huis in Suid Afrika. Ek kry 5:00 (3:00 in Suid Afrika) die oggend 'n oproep en die bewe stemmetjie aan die ander kant se:" kan ma my asseblief terugbel. Ons is aangeval". My hart slaan oor en in my keel vas en ek bel terug met bewende vingers.. my kop se vir my dis ok want Riza praat met my. Die speurder vra:" Mevrou het jy dalk nog die serienommer van die laptop" My kop registreer dit amper nie, want ek wil net weet of almal ok is. Maar hy stel my gerus, se ook hulle , die polisie, is daar en werk aan die saak. Dan hoor ek die storie by Riza van hoe Tavid, wat nou regtig waghond status gekry het, haar wakker geblaf het tot sy regop in die bed sit. Toe skyn 'n flitslig in haar gesig en die volgende oomblik breek die kamer venster dat dit soos 'n geweerskoot klink. Ta klim by die venster in en Riza weet sy moet uit die kamer kom. Dankie Pappa dat sy het. Niel en Wiehann is toe ook wakker en almal storm kombuis toe om by die deur uit te kom.... en hulle kannie die sleutel kry nie. Intussen is die ou weer by die venster uit met net Elriza se laptop... met al haar assignments en preke op, ook die een wat Vrydag, (gister) van 4000 woorde moet in. Ook in die opsig was Pa daar vir haar, want net die vorige dag het DJ vir haar gevra om die assignment vir hom ook aan te stuur... en sy het. Buite het Rudie uit sy kamer gekom en toe skiet die man wat by die hek vir sy medepligtige wag op hom. En weer is Pa daar, want die koeel mis Rudie en slaan in die kar se sitplek vas. Wiehann vertel dat die polisie byna onmiddelik op die toneel was en begin het met forensies. Die speurder is verbaas dat hulle afdeling onmiddellik in kennis gestel is, want hy vertel dat hulle gewoonlik twee dae later eers van sulke inbrake in kennis gestel word. Hy se ook hoe gelukkig hulle is, want mense kry meeste van die tyd baie lelik seer of is dood met sulke inbrake. (Nie gelukkig nie speursersant, begenadig...)Ek weet net dat dit nie saak maak waardeur ons gaan in die wereld, wat nie ons huis is nie, want God is neffens ons. Dankie Pappa dat Elriza nie verkrag en vermoor is nie, dat my seuns ongedeerd is en dat die koeel wat afgevuur is om dood te maak, in die kar se sitplek vasgeslaan het. Dankie dat Tavid so wakker is, dat U ons hand hou wanneer ons deur doodskaduwees gaan. Dankie!!!

ns: Hier is 'n foto van Riza met Tavid by die venster waardeur die man in die kamer ingeklim het.