Wednesday, August 12, 2009

Kom ons gaan berge toe

Ek weet ek is nie die enigste persoon vir wie berge 'n baie groot bekoring en aantrekkingskrag inhou nie. As ek tientalle fotos van vensters geneem het, het ek honderdtal fotos van berge geneem... en mere. Maar daaarvan vertel ek volgende keer. Ek voel soos Petrus gevoel het toe die verheerliking op die berg plaasgevind en hy so vasgevang was deur die magiese oomblik dat hy sommer 'n hut daar wou bou waar almal kon bly. Hierdie berge laat my so voel... Ek kan sommer net daar gaan bly... al le die berge nog so blou Berge is vestings en daar is talle van hieride murasies wat so op 'n hoogte gebou is. En dan besef mens dis nie die plek waar die tempel van die Here staan en waarheen ons in die laaste dae sal stroom soos Miga 4:1 se nie.

Die suide van Skotland is heuwelryk, maar nie bergagtig nie. Die dag toe ons die pad vat van Edinburgh na Fort William, het dit algaande al hoe reeneriger, donkerder en kouer geraak... vertel die foto die storie? Ek het erg benoud geraak dat ek gaan verkluim en die landskap was erg onherbergsaam. Dreigend eerder as verwelkomend.

Die hooglande... die land van die Skotse tribes... vurige veglustige mense. En baie taai... wil ek byvoeg, want as dit vroegsomer so lyk en so koud is, dan moet mens 'n 'n krokkodilvel he om in daardie kort Skotse rompe en "bobbie-socks" die winter te oorleef.

Die groen vertel dat die sneeu gesmelt en die somer gekom het.... of hoe? Wat dan van daardie grys newels...? maar op sy eie manier vreeslik mooi... met die klem op die vreeslik.

Prentjie mooi gooi die berg sy skadu oor die groen vallei. Ek kon nie genoeg fotos neem nie.

Ru....is die woord vir die klipagtige berghang. Maar ek sou hier kon bid en skuil en vir die sagte suising van die wind luister en God se stem hoor.

En alleen met God wees op die plek, soos Moses toe hy die tien gebooie gaan haal het. En niemand sal naby kom nie, want dis donker en geheimsinnig

kyk hoe omarm die berge die vredige stuk water.... waters waar rus is.

En as mens deur die hoogland is, oorweldig die groen mens amper. Wie sou so gelukkig wees om op hierdie berg tussen die bome te bly? Vir die mense het die meetsnoere beslis in lieflike plekke geval. Wonder of hulle die skoonheid nog raaksien elke dag.
Hierdie huisie is op Isle of Sky.... ai, ek wil 'n huisie in die berge he. O ja, ek het net so baie fotos van skape geneem. Ek moes die een eintlik gebere het vir daardie blog. Dis 'n storie op sy eie vir 'n ander dag.

Monday, August 3, 2009

Vensters

Ai, ek is so moeg teen my eie handskrif vasgekyk, maar ek kom nie by blog uit nie. Dit gaan maar rof, maar ek kla niks want ek geniet my werk. Mense vra vir foto's van my vakansie in Ierland en Skortland en toe ek so deur die fotos kyk, kom ak agter hoe baie van die fotos is "venster" fotos. Ek sit en wonder daaroor.... maar tot ek my fassinasie met vensters uitgepluis het, kyk hierna....


Hierdie is natuurlik 'n venster in "my" kasteel met 'n uitsig oor die tuin vanuit die eetkamer... sooo mooi.

Kyk hierdie baie venster van 'n pragtige gebou in Londen... nee ek weet nie wat is hom naam nie :-) maar die vesters lag... dink julle nie?

Die vensters is soms baie laag . Kyk hoe kyk mens so van bo af binne in die winkel in.


Ek hou sommer baie daarvan.

Sandra en Annie deur die venster van die Harry Potter trein tussen Fort William en Mallaig. Annie doen die "pose" ding.

In Inverness, die hoofstad van die Vikings, is hierdie winkel met die mooie vensters binne die mall. Ek kon sommer net neus teen die vester staan en "intuur" na al die kreatiewe kuns goeters binne.

Die vensterbanke van die ouer huise in Skotland is breed met prentjiemooi gordyntjies en meestal 'n mooi blom of ruiker... hierdie is op Holy Island in die suide van Skotland geneem.
Ook op Holy Island in die kerkie van St Mary... elke tweede kerk heet St Mary's... Ek weet baie mense deel die bewondering vir pragtige loodglas vensters.

Die St Mary's katerdraaltjie binne die kasteel in Edinburg spog eeue lank met die venster. So klein vestertjie wat amper teen die dak sit... vir lig glo ek. Mooi gekleurde lig in die grys weer.

St Mary haarself uitgebeeld in een van die vensters van Edinburg kasteel. Kyk die pragtige vlegsels.

Ek lees in die Bybel van die koning van Egipte wat so deur sy venster staan en kyk na Abraham wat sy mooie vrou, Sara, omhels... na hy gejok het dat sy sy suster is.... en van Isebel wat deur die venster uitgegooi is... van die jongman wat onder Paulus se maraton preek aan die slaap raak en hom dood val uit die venster, van Dawid se vrou, Migal, wat met wrewel deur die venster staan en kyk hoe Dawid voor die ark dans....

Toe ek jongmeisie drome gehad het oor hoe my huis eendag moet lyk, was een van die eerste dinge wat ek wou he vensters met bree vensterbanke waarop mens kussings kan sit sodat mens na die tuin kan kyk... soort van buite wees van binne... ek droom steeds oor daardie huis...

Hoe voel my blogmaats oor venster?

Wednesday, July 22, 2009

Handskrif

Ek is getag deur Sandra om my hanskrif te wys. Dis nogal interessant hoe hard die onderwysers op skool gewerk het om ons mooi te laat skryf. My "aanmekaarskrif" is heeltemal anders as my drukskrif. Die een le netjies vooroor en die ander een val so half agteroor...Wat sou dit nou se? Speel saam Riza en Elma, Muriel, Desire en Vicky

Sien uit om julle handskrifte te sien.

Friday, July 17, 2009

Ons meisies

Ek het so lanklaas geblog dat ek sommer net lus was om so mengelmoes van fotos op te sit van sommige van ons meisies se doen en late en laggies en vreugdes. Dit was so fees om Riza hier te he en deur die loop van haar vakansie... en my werk na die wonderlike lang rus, het ek ook die mooi fotos van Elma en haar dogters en kleindogters ontvang. Oor die kleindogters vertel ek met sulke stywe kiewe van die jaloers.... :-) maar intussen geniet ek klein Alessia asof sy my kleindogter en nie my niggie is nie. Hier wys Ilke en Amika, Xenia.... kyk net hoe groot het die klein asjas geword, en Natalie, almal tande. :-) Mooie foto van Riza ook. Lekker uitgerus en ontspanne.

Ons het allerhande pret gehad met sagte speelgoed...en etes en Wii en malls. Die foto van Nelmari en Elriza by Atlantis. Ons het ook die nuwe reuse Dubai mall gaan besoek. Mens loop jouself heeltemal gedaan in die plek. Ek het my werkskoene aangehad wat ek uiteindelik moes veruil vir gemakliker plat seilskoene, maar nie rekening gehou met die harde hakke wat my hakskene so rou gekou het dat ek sommer nog 'n paar Crocs ook gekoop het.

Ek het hierdie laaste twee weke ook in Dubai gewerk en dit was tog te lekker om ook saam met Hannes en Angela en Alessia te kuier. Kyk die vrolike klein meis...en die nuutste gier is grimering en dan veral lipgloss. Die foto hier onder wys die aanwending. Meeste daarvan beland in die mond natuurlik.

Hier is Elma en haar twee dogters, Erika en Natalie en kleindogters...eine trek my kiewe, Ilke en Amika...... een van die dae blog ek oor my eie kleinkinders. Ek is seker, maar intussen is dit sommer net lekker om mekaar te geniet en vreugde te put uit saamwees. Lief julle almal. Dankie maatjie Sandra vir so baie van die fotos. Jy is 'n baie goeie mamarazzi..:-)

Wednesday, June 24, 2009

As ons Groot Pa opdrag gee om huis te koop

Julle weet mos ek het gaan huis kyk in Greyton, so, ek kan nie se ek het nie daaraan gedink om 'n plekkie aan te skaf nie, maar nooit het ek gedink en sal in Johannesburg huis koop nie. Dalk het dit met jule ook al gebeur dat die een ding wat mens uitskakel as 'n opsie, baie keer juis dit is wat Pa weet vir ons die beste is. Toe ek Desember in Suid Afrika was, het Riza op 'n dag gese sy dink ons moet vir haar 'n blyplek kry en ek hoor Pa vir my se "koop 'n woonstel.".. en soos Moses begin ek so half met Pa redeneer oor waar ek die geld vandaan gaan kry ens ens.... Maar ons begin huis soek en ons bid dat ons die regte plek sal kry. En Hy sorg... om 'n lang storie kort te maak, keer Hy nie net deurdat ons aanbod op twee plekke deur die mat val nie, maar laat ook die aansoek vir 'n lening in Abu Dbahi seepglad verloop... en almal wat al moes aansoek doen vir lenings by banke by die huis sal kan waardeer as ek vertel dat ek sonder papierwerk, behalwe 'n handtekeing vir 'n debietorder, binne 15 minute in en uit by die bank is en binne twee dae die geld in my rekening gehad het.
Ek was al weer terug in Abu Dhabi toe Elriza met die hulp van baie goeie eiendoms agente, ons uiteindelik 'n keuse het tussen twee woonstelle in dieselfde kompleks. Die kompleks is boomryk en reg langs die rivier... pragtig en stil, met baie mooi tuine.

Ons aanbod op die duplex word aanvaar en die regmaak begin. Hier is so paar voor en na fotos. Ek het Elriza vrye hand gegee om verf en teels te kies. Ons het teels onder in die woonstel en houtvloere bo....ons is altwee baie in ons skik. Riza se kamer met die geel saam met die blou lyk baie mooi. Ek hou ook van haar keuse vir 'n eetkamerstel.... net baie gou agtergekom dat die swart hout 'n paar keer 'n dag afgestof moet word. Dit gaan jou probleem wees Meis. Die studeerkamer lyk ook pragtig. Riza sit in haar groen en goue studeerkamer en voorberei vir die eksamen.Na die toer in Ierland Skotland is ek Suid Afrika toe met die vaste voorneme om die eerste aand in my eie kamer te slaap.... en dit werk so uit. Dit was letterlik 'n kwessie van van die vliegtuig afklim en winkels toe saam met Wiehann, bed soek en op die ouens se gevoel speel dat ek in die koue op die vloer sal moet slaap as die bed nie die aand afgelewer word nie....en toe lewer hulle af en ek kan die mooi linne wat ek in Galway gekoop het gebruik....aaai, dis was sooo lekker...
Dis die lekkerste lekker om 'n plekkie in Suid-Afrika te he. Dankie Pappa vir die groot seen. Ons voel so bederf.

Thursday, June 11, 2009

Naomi se Rascal

Die tyd het toe uiteindelik aangebreek om die nuwe kleinding by Priscilla in Meyerton te gaan haal en ek en Riza pak die lang pad so voel voel aan/ Ek het maklik 15 jaar terug daardie pad gery. Maar ons kom daar uit en Riza en die klein dingetjie bond sommer dadelik. Hy het haar omtrent opgelek en sy oorweeg dit baie sterk om Naomie te laat weet dat ons toe nie die hondjie gekry het nie. Gelukkig... of ongelukkig, moes ons alreeds toestemming vra om Elriza se ander vier hier aan te hou. Sy oorhandig hom aan Naomie wat ons in Krugersdorp by die Mac Donalds ontmoet en hy en sy nuwe ounooi kry kans om kennis te maak



Terug by die woonstel word daar koffie gemaak met die kleintjie onder Naomie se arm.. :-) En hy word opgesoen

Dan drink ons koffie en Rascal leer sy nuwe mandjie ken. Hy is heel tuis.. en baie moeg

Naomie het vir hom sy eie kombersie gehekel. Willie het gewonder of dit nie te groot sal wees nie en Naomie was seker dat dit is nie. Die kombers maak hom heeltemal mooi toe... en dit lyk nie of dit hom pla nie. Snoesig kruip hy onder die kombers in en raak aan die slaap.


Mag die nuwe asjas in die huis vir julle groot vreugde bring en Naomie... soos jy gese het, baie seer heelmaak.


Met liefde

Friday, May 29, 2009

Ek het my kasteel gevind

Julle weet soms voel mens mos jy hoort eintlik in ‘n ander tydsvak. Of dit nou is omdat ek in my vorige lewe as ‘n lady…of prinses, in ‘n kasteel gewoon het, of sommer net omdat daar drome in elkeen van ons ingeplant is… weet ek nie, maar vandag het ek gevoel hierdie wonderlike mooi kasteel is my plek. Ek hoef niks verder te se nie. Die kasteel van buite

Page1

van binne,


Page2


Page5

die tuine…selfs ‘n walled garden (secret garden :-))

Page3

Die blomme …alles.

Page4

Droom lekker saam met my... lief julle