Ek is absoluut gek oor die akwarium. Hierdie is net so paar van die baie fotos wat ek daar geneem het. 

Seeperdjies wat soos kant lyk...is ons Pa nie amazing nie !! 'n Wonder wereld van deurskynende bloublasies. Ek kan ure voor die tenk staan
Wiehann in die tonnel waar die haaie soo oor en om mens swem. Ek dink dit moet hulle so frustreer dat hulle nie kan hap nie, maar dan moet hulle eers kan ruik voor hulle wil byt. Dis baie gelukkig.
Mooiste gespikkelde vis met strepies vinne...ek is nie baie goed met inligting of feite blogs nie. Jammer dat ek nie die naam van die visse ken nie, maar ek is seker van julle sal weet. Vertel dan vir ons ook ok?Dubai mall is ook bekend vir die waterval met die duikers.

Nog 'n foto in die mall sommer net om die verdiepings te wys om julle lus te maak om te kom besoek afle en solank te waarsku dat mens jou voete kan deurloop in die mall. Dis masief.

Ek sal nogal nie my maandelikse inkopies hier kom doen nie, want as ek nie verdwaal nie, sal ek die helfte van die goed net los oor dit te ver is om te loop.

Ek sal nogal nie my maandelikse inkopies hier kom doen nie, want as ek nie verdwaal nie, sal ek die helfte van die goed net los oor dit te ver is om te loop.
Ek en Wiehann het ook saam met die Holloways Shamas toe gegaan. Sandra het al oor die restaurant geblog. Wiehann geniet sy vleisdisse.
Toe Elriza eers by ons aansluit, het ons saam met Sandra hulle by Tiara, die draai restaurant in die Marina Tower gaan eet. Op die agtergrond kan julle Abu Dhabi se liggies sien. 'n Pragtige uitsig. Die restaurant neem so ongeveer 'n uur om reg rondom te draai.

Kersfees het ons saam met Hannes en Angela en Sandra hulle en nog ander Suid Afrikaners deurgebring. Hier maak Elriza haar My Little Pony oop, wat sy by Nelmari vir kersfees gekry het.... en Alessia speel saam. Hoe dan anders.
Kliek hier om te luister hoe mooi Riza en Hannes vir ons perform het. Dis baie besonders om ver van die huis af so baie spesiale kersatmosfeer te he. Dankie vir almal...
Ons het nie Kersfees af by default nie en ek het twee dae verlof ingesit om die kinders Global Village toe te neem. Die Village is net oor die wintermaande oop vir die obvious rede dat mens dit nie in die somer in die buitelug -wonder -van- 'n -plek sal oorleef nie. Eitlik het mens 'n langnaweek van aande nodig om alles te sien en te doen wat mens graag sou wou. Die Village maak eers teen 4 die middag oop en bly dan oop tot 12 uur, Nog 'n voetedeurloop plek. Ons het Pizza geeet in die Music Express gery en perel oorbelletjie gekoop wat AED10 'n paar kos. Die kunsmatige bome staan voor die Ethiopiese saal. Kyk hoe verander die liggies van kleur... 'n skouspel op sy eie

Op die agtergrond is die "Eifeltoring" by die Europese saal. Die ouens wat van die Randse Paasskou hou, sal die Global Village vreeslik geniet. Ek het ook handgemaakte Turkse roomys geeet... taai en heerlik :-)

Die volgende besoekpunt...Atlantis. Kyk die hotel!! Is dit nie feetjieland mooi nie.
Een van DJ se kersgeskenke aan Elriza was die ervaring om saam met die dolfyne te swem. Haar kommentaar daarna was dat sy 'n dolfyn wil he, dat sy dit elke jaar vir kersfees wil he en dat dolfyne wonderlik is. 

en kry 'n ekstatiese drukkie van Elriza
Elriza pose mooi vir haar ma vir 'n foto. Dis nou nie die July se "modeparade" nie maar mooi prentjie teen die navy aandlug. Op die agtergrond is die klubhuis, en op die stoep is die tafels. Lyk sommer gesellig.
Ons het die Nuwe jaar ingeeet.... Baie lekker buffet by die Beach Rotana. Regtig een van die beste hotelle in Abu Dhabi. Elriza lyk baie in haar skik met haar sjokolade mouse
En toe Barney verby kom, moes hy eers saam met Riza en Nelmari pose..... nee, hy het nie vir ons gesing nie en ons ook nie vir hom nie.
Ek wens al my blogvriende 'n wonderlike 2010 toe. Ek het so paar nuwejaars voornemens om bv meer gereeld te blog. Die besig wees moenie 'n verskoning wees nie, want ek mis julle. Ek is van voornemes om van elke dag 'n pereldag te maak, nie selfsugtig te wees nie, dankbaar te wees en my vreugde in my Groot Pa te vind.
Lief julle