Thursday, January 14, 2010

Besige Desember, wonderlike herhinneringe

Ek was so bevoorreg om tenmiste twee van my kuikens by my te he Desember, na my oudste die dag van die vlug uitgevind het dat sy paspoort weg is. Dis eintlik 'n storie wat 'n hele blog regverdig, maar in kort kon nie eers die baie vinnige tydelike paspoort en 'n besoek aan die Suid Afrikaanse ambasade die situasie red nie. Abu Dhabi regering aanvaar nie tydelike paspoorte as 'n wettige reisdokument nie en Niel moes by die huis bly. Ja, dit was inderdaad baie sleg vir ons almal, maar ek glo dat Vader Sy spesiale rede gehad het daarvoor en dan buig ons die wil. Wiehann het so paar dae voor Elriza gekom wat nog eers 'n 12 dae lange kerkkamp bygewoon het. Ons twee het Dubai gaan aandurf en baie lekker in die Dubai mall gekuier.

Ek is absoluut gek oor die akwarium. Hierdie is net so paar van die baie fotos wat ek daar geneem het.
Seeperdjies wat soos kant lyk...is ons Pa nie amazing nie !! 'n Wonder wereld van deurskynende bloublasies. Ek kan ure voor die tenk staan
Wiehann in die tonnel waar die haaie soo oor en om mens swem. Ek dink dit moet hulle so frustreer dat hulle nie kan hap nie, maar dan moet hulle eers kan ruik voor hulle wil byt. Dis baie gelukkig.
Mooiste gespikkelde vis met strepies vinne...ek is nie baie goed met inligting of feite blogs nie. Jammer dat ek nie die naam van die visse ken nie, maar ek is seker van julle sal weet. Vertel dan vir ons ook ok?
Ek lief die klein helderkleurige vissies
Dubai mall is ook bekend vir die waterval met die duikers.

Nog 'n foto in die mall sommer net om die verdiepings te wys om julle lus te maak om te kom besoek afle en solank te waarsku dat mens jou voete kan deurloop in die mall. Dis masief.


Ek sal nogal nie my maandelikse inkopies hier kom doen nie, want as ek nie verdwaal nie, sal ek die helfte van die goed net los oor dit te ver is om te loop.

Ek en Wiehann het ook saam met die Holloways Shamas toe gegaan. Sandra het al oor die restaurant geblog. Wiehann geniet sy vleisdisse.


Toe Elriza eers by ons aansluit, het ons saam met Sandra hulle by Tiara, die draai restaurant in die Marina Tower gaan eet. Op die agtergrond kan julle Abu Dhabi se liggies sien. 'n Pragtige uitsig. Die restaurant neem so ongeveer 'n uur om reg rondom te draai.


Kersfees het ons saam met Hannes en Angela en Sandra hulle en nog ander Suid Afrikaners deurgebring. Hier maak Elriza haar My Little Pony oop, wat sy by Nelmari vir kersfees gekry het.... en Alessia speel saam. Hoe dan anders.

Kliek hier om te luister hoe mooi Riza en Hannes vir ons perform het. Dis baie besonders om ver van die huis af so baie spesiale kersatmosfeer te he. Dankie vir almal...

Ons het nie Kersfees af by default nie en ek het twee dae verlof ingesit om die kinders Global Village toe te neem. Die Village is net oor die wintermaande oop vir die obvious rede dat mens dit nie in die somer in die buitelug -wonder -van- 'n -plek sal oorleef nie. Eitlik het mens 'n langnaweek van aande nodig om alles te sien en te doen wat mens graag sou wou. Die Village maak eers teen 4 die middag oop en bly dan oop tot 12 uur, Nog 'n voetedeurloop plek. Ons het Pizza geeet in die Music Express gery en perel oorbelletjie gekoop wat AED10 'n paar kos. Die kunsmatige bome staan voor die Ethiopiese saal. Kyk hoe verander die liggies van kleur... 'n skouspel op sy eie
Op die agtergrond is die "Eifeltoring" by die Europese saal. Die ouens wat van die Randse Paasskou hou, sal die Global Village vreeslik geniet. Ek het ook handgemaakte Turkse roomys geeet... taai en heerlik :-)

Die volgende besoekpunt...Atlantis. Kyk die hotel!! Is dit nie feetjieland mooi nie.


Een van DJ se kersgeskenke aan Elriza was die ervaring om saam met die dolfyne te swem. Haar kommentaar daarna was dat sy 'n dolfyn wil he, dat sy dit elke jaar vir kersfees wil he en dat dolfyne wonderlik is.
Die dolfyn swem met haar. Vir 'n video daarvan loer hier.

en kry 'n ekstatiese drukkie van Elriza
Wiehann maak 'n ballet pose... hy het die nuwe waterskoene gekoop spesiaal vir die roei uitstappie...kliek op die link om die res van die pret te sien. Ek moet darem vertel dat die pose vir die ander manne een te veel was maar dat hy die naam van die pose geken het.....???!! :-))

Net so voor Wiehann terug is het ons een van my ginsteling dinge gedoen, die perdewedrenne. Behalwe vir 'n heerlike braaivleis buffet, sien mens ook die resies wat elke halfuur gebeur. Hier staan Wiehann terwyl Eddie, William en Nelmari op die agtergrond seker bespiegel wie se perd gaan wen. Wiehann was die keer die ou wat die meeste geld gewen het met ons informele tafelweddingskappe. Groot pret!!
Elriza pose mooi vir haar ma vir 'n foto. Dis nou nie die July se "modeparade" nie maar mooi prentjie teen die navy aandlug. Op die agtergrond is die klubhuis, en op die stoep is die tafels. Lyk sommer gesellig.

Ons het die Nuwe jaar ingeeet.... Baie lekker buffet by die Beach Rotana. Regtig een van die beste hotelle in Abu Dhabi. Elriza lyk baie in haar skik met haar sjokolade mouse

En toe Barney verby kom, moes hy eers saam met Riza en Nelmari pose..... nee, hy het nie vir ons gesing nie en ons ook nie vir hom nie.
Ek wens al my blogvriende 'n wonderlike 2010 toe. Ek het so paar nuwejaars voornemens om bv meer gereeld te blog. Die besig wees moenie 'n verskoning wees nie, want ek mis julle. Ek is van voornemes om van elke dag 'n pereldag te maak, nie selfsugtig te wees nie, dankbaar te wees en my vreugde in my Groot Pa te vind.
Lief julle

Saturday, December 19, 2009

Elriza vang graad

Na 'n paar jaar se groot jaar se groot vasbyt, het Elriza haar graad in Teologie behaal.Ek sou nie kon verlof neem nie, maar gelukkig het die land se EID presies op die regte tyd gekom en kon ek vir tien dae Suid Afrika toe gaan om deel te he aan die spesiale oomblik in Elriza se lewe. Ons het die eerste oggend na my aankoms eers salon toe gegaan om te gaan hare regmaak en die middag se aantrek was amper soos om vir 'n troue reg te maak. Die meisiekind het baie mooi gelyk ... Sy was die afgelope jaar ook die kollege se Worship leader. Die hele worship span is leiers in die verskillende kerke waar hulle ingeskakel is en die musiek was wonderlik.

Anders as gradeplegtigheid by die groot Universiteite en kolleges, kon soveeel mense as wat wou die studente se gradeplegtigheid bywoon, so, behalwe die familie, was al die lede van die omgeegroep by wien Elriza inskakel, ook daar. Dit was vir my besonder kosbaar. Ons is almal baie trots op Riza, want behalwe dat sy haar graad Cum Laude geslaag het, is sy ook aangewys as die beste vierde jaar student. Mooi so meis, jy het jou knap gedra... mag daar altyd 'n lig op jou pad skyn.

Friday, November 20, 2009

Kuier saam met Alessia

Die lekker van die werk vir die kerk in Dubai is dat mens so bietjie saam met die familie kan kuier en natuurlik baie pret met Alessis he wat regtig so vinnig groot word. Sy vertel nou vir my... "you are big, and I am small" "See your dress.... see my pretty dress"... Ek weet nie of dit beteken my rok is nie mooi nie.

Sy is vol dingetjies en die hele tyd aan die gang... julle kan sien die gesiggie spreek boekdele

Sy het te veel miere. Hulle laat haar glad nie toe om te sit nie. :-) soos julle kan sien.. en sy voer vir my ook van haar broodjie en sy wys sy het brood in haar mond en ek moet ook wys...


En dan die groot vreugde en afwagting van 'n geskenk van oom Sean kry. die rede is om haar besig te hou sodat ons kan eet, maar julle weet dit werk nie heeltemal so nie want grootmense is net so opgewonde en nuuskierig oor persente

Sy is heeltemal genee dat Angela help om die drade los te woel. Sy weet vroeg al wat sy kan en wat nie...slim kind :))


Ek was defnitief baie opgewonde oor die feetjie. Julle weet mos dis een van my favorite dinge

Oom Sean sukkel om die feetjie op die perd te laat ry. En die ander feetjies staan nuuskierig nader om die doenigheid te aanskou. Dink julle nie ons koop vir kinders geskenke wat ons self graag mee wil speel nie? Soos ons gaan kinderflieks kyk saam met die kinders omdat ons graag wil? Heeltemal weggevoer na feeland is die gesiggie nou die ene ernstige konsentrasie


Staan feetjies. Wys vir almal julle mooi blink rokkies. En die feetjies gesels terug. is, so lyk dit vir my ...Wonder wat hulle van Alessia dink? :-)


Toe kom sing die mense vir ons Shosoloza . Kyk hoe speel die Fillipyne die Afrika drom en sing hartlik saam, en hulle is goed daarmee hoor. In die middel van Dubai. Moet darem vir julle se die restaurant is Meat en Co. Dis baie lekker om vir 'n paar uur te voel mens is by die huis.

Alessia is soos 'n Renoster, sy glo as daar vuur is moet dit dood. Teen die tyd het sy al die kerse op die tafel doodgeblaas so die een kon nie vryspring nie. Maar sy wil nie saam met my roomys eet nie. Sy wil haar eie in 'n cone he. Roomys is "ifeeem."

Op die ou end eet sy haar eie roomys uit 'n eie klein bakkie en die Unicorn kry ook.

Teen die einde van die aand is aspatat lekker vakies, maar ons twee pose vir oulaas op die skoenepoets troon. Die volgende dag het ons elkeen 'n beurt gehad om haar in haar kar rond te stoot. Ek het eendag gestaan en kyk hoe 'n kleintjie die stuurwiel draai en sien die kar ry nie waar hy wil gaan nie en toe klim hy sommer so in die ma se loop uit. Kleingoed is so vol pret.

Sy het nogal nie baie daarvan gehou om op my skouers te ry nie. Sien die benoude handjie. Mom....Pappa.... iemand, help bietjie!! Maar sy was erg in haar skik met die vlinder oor die gesiggie en nie te lank gelede nie het sy oom Sean se gesig ook probeer verf hoor ek.

Ons kinders is kosbaar. Ons moet hulle geniet en lief he sodat hule sal leer en weet en ervaar dat hulle Skepper hulle ook lief het en dat hulle vir hom spesiaal en uniek en enig is.

Sommer net gedink om te wys hoe groot ons klein Alessia geword het.

Monday, November 9, 2009

Eendag van ryk wees/voel

As enige iemand 'n behoefte het ...ag waarvan praat ek, as enige iemand die tyd het, moet julle regtig dink aan so dag by die Mangwanani Spa in Fourways. Riza bel my die week voor ek Suid Afrika toe vlieg om te se dat ek Donderdag moet oophou, want DJ gaan ons bederf... en ek mag die hele tyd nie weet hoe en waarmee nie, maar sien vreeslik uit en my verwagtinge is heerlik oortref. Toe ons halfnege daar aankom, word ons met sang en tromme verwelkom en aangese om ons japonne te gaan aantrek...

Riza vou haar japon omtrent dubbel om haar lyf, maar haar ma sin kom net net toe en ek sien al hoe loop ek en keer, so ek vra toe vir 'n groter een wat hulle gelukkig toe het. Ons eet 'n ligte ontbyt van yogurt, muffins en skons en die klein mossie eet tog te lekker saam aan die muffins en tjirp alte vrolik 'n Hele groep van terapeute het gereed gestaan om ons persoonlik te begelei na ons eerste " stasie". Om almal te akkommodeer begin almal by verkillende punte. Ons het eerste die hand en arm massering gehad. Ek het nie geweet mens se hande het soveel spanning nie. Dis baie lekker seer...

En elke keer as een groep klaar is by 'n stasie, word alles so mooi skoongemaak en lyk heeltemal vars en skoon vir die volgende groep.
Riza sien natuurlik dadelik die sonneblomme raak...sy mag maar dink dis spesiaal vir haar... :-) Die tweede massering was rug en skouers... ek moet se, die skouers het heelwat aandag gekry. Ek het die een baie geniet. die olies ruik wonderlik en mens se vel voel soos fluweel. Op 'n stadium voel ek hoe my rug plek plek warm word. Ek dog eers die terapeut se hande het aan die brand geslaan, maar toe onthou ek van die "hot stones" Dis 'n ongelooflike gevoel.

Oral rondom die oop lapas is daar so half ongerepte "tuin" wat mens laat dink jy is in die veld. Die voeltjies sing en die son skyn helder. Dis soos om 'n rukkie in die paradys te kuier. Die laaste massering voor middagete is voete en bene... ek wou sommer net daar bly sit met my voete in die warm seepwater, maar toe is die olie invryf nog beter.

Dan is dit tyd vir middagete. Toe ons by die nagereg kom, begin die terapeute sing... almal wat vir 'n spesiale geleentheid daar is soos 'n verjaarsdag, of paartjies wat getroud is of gaan trou, of 'n baba wat oppad is, word spesiaal geseen met die sang.. ek wou net tjank

Na ete kom die nek en skouer massering. As die hande lekker seer was, kan die een seer lekker genoem word. Die hoendervleis slaan oor mens se lyf uit. Die finale van die sessie is olie wat hulle in jou hare en kopvel invryf. Daarna lyk mens maar sleg, maar ai, die lyf voel sooo lekker. Sag van die geurige olies en ontspanne warm gemasseer.

Lyk die lapas nie mooi met hulle houtstoele en spierwit handdoeke en vrolike oranje kussings en strikke nie? Die voorlaaste behandeling is 'n facial, maar hulle se duidelik dit is nie skoonheidsterapie nie, maar vir ontspanning. Mens le heeerlik met toe oe en as hulle klaar is, sit hulle 'n lappie oor jou oe , en daar raak ek aan die slaap...en ek snork myself wakker en hoor hoe Elriza giggel...sies...dis nie mooi nie.

Ons laaste behandeling was 'n vol lyf massering met sout of mieliemeel of borsels. My lyf was op daardie stadium baie broos. Ek het net kans gesien vir die mieliemeel. Dit was nogal baie lekker. Mens stort daarna die stuff van mens af en dan eindig die dag af met Amaroela likeur en sjokolade. Daarna kon ons 'n uur lank by of in die swembad gaan le. En raai wat doen Riza voor ons huis toe gaan? Sy gaan stort.. en toe ek by die huis kom het ek gaan bad...:-) En hare gewas... my hare was vir 'n was of twee daarna nog so syerig van die olie. Dis wonderlik!!

Klink dit na groot bederf of wat... dankie weereens DJ.