Na Kersfees en die gees van vrede en liefde leef voort hier tussen die diere. Een oggend terwyl Riza kamer aan die kant maak het die twee groot buite honde kom more se. Abby, die Bokser, en Jimmy die Jackrussel word vriendelik deur die Chihuahuas gegroet en dit ontaard in 'n algehele leksessie.
Op die bed kry Wally 'n liefie van Swart en Wit kat... ja , die meisie het nie 'n ander naam nie. Enige voorstelle ouens?
Sunday, December 28, 2008
Wednesday, December 24, 2008
Geseende Kersfees
Hier in Johannesburg het ons 'n lekker rustige Oukersaand. Ons het al vroeg vanmiddag Kersboom gehou en so baie soetgoed geeet dat ons skaars lus het vir tee...
Voor die seuns weg is Jeffrey's toe, het ons... in Wiehann se woorde.. kleuterskool kos geeet met kershoede op en sommer vroeg al reeds van die geskenke oopgemaak. Die kleuterskoolkos was visvingers en chips, pampoen en patats... net vir die bietjie soetigheid sien, want Wiehann en Elriza het 'n 24 uur maagvirus onderlede gehad en ons moes maar versigtig wees met die kerskos.
Friday, December 19, 2008
Mooiste Kaap
Die Kaap het regtig sy beste voetjie voorgesit toe ons die vier dae daar was en heerlik geflikvlooi met al die mooi landskappe,
Skuus vir die kamera se refleksie in die ruit, maar julle kry die idee...
Wie sal nie sy hart kan verloor op hierdie misterieuse majestieuse berge nie
seetonele... om elke dag hierdie uitsig te he... ai, kan 'n man dan nie

Ek het so bietjie gaan soek vir 'n plek om dalkies te koop en eendag af te tree... eendag is ook nie meer twee hande se jare ver nie... Oral waar ek was, is mooi... asemrowend mooi, maar Greyton het my hart gesteel.

Riza het eers gedink sy sal in die kerk kan trou. Ek hou so baie van die wit afwerking binne.

en sy sien hierdie klein kapel, het sy ook besluit dis net die plek.


sonskyn, minnerige wind, heerlike kos en en ia... ek dink ek kan hier bly.
Ons het by allerhande interessante plekke geeet waar nie honde nie, maar hoenders kom bedel vir kos... en die eetkamer dak hang vol allerhande mooi mandjies en dinge...
Wat van hierdie Cottage... ai..... wat van die cottage... :-)
sien julle my ook gereeld hier tee drink of ontbyt eet? 
En dalk kan ek saam met die Sendelinge by Genadendal gaan werk. Hoe mooi is die plek nie reggemaak nie. 
Maar toe ons by hierdie teetuin in Greyton kom
Hierdie tuine laat my heeltyd aan secret garden dink... is dit nie mooi nie!!
Ons maak planne en ons droom drome maar Pa weet waar Hy met ons wil heen. Ek sit 'n aansoek in Pa se inbox, een sal geduldig wag vir die finale besluit.
Wednesday, December 10, 2008
'n Kosbare Sondag
Sondag was soort van my eerste dag , want Saterdag was so mengsel van groet en kuier en gesels en simkaart soek,,, ek moet vir julle vertel dat ek eers na die tweede simkaart aangeskakel was by MTN.
Saterdagaand hoor ek, “Ma moet my vroeg kom haal, want die aanbiding word deur die kinders gelei “ en hoewel Riza Saterdagmiddag kerk toe is om die kleingoed te laat saam oefen, werk die oefening nie soos sy gehoop het nie. Ons is dus vroeg al by die kerk … maar kyk hoe mooi is die tuine en Riza lyk glad nie gestress nie… want sy het DJ se roos.
Die eerste diens is ‘n aangename verassing van die kostelikste klein Divas wat help met sang lei.
Een van die groepleiers stel sy groep voor as baie woelige 9-11 jaar seuns… en weet ons nie hoe woelig die klomp kan wees nie, maat… die manne doen ‘n “skit “oor die besoek aan Herodes. Hulle is lede van die koning se geheime diens, daarom die sonbrille. Die kinders bly maar ‘n kosbare deel van ons Vader se koninkryk. Riza preek tydens die aanddiens. Sy noem haar preek: “ The wrong side of Heaven..” Sy vertel van die dogterrtjie wat saam met haar pa stap terwyl dit skemer word. Dis ‘n pragtige aand en toe die sterre uitkom se sy vir haar pa “dis so mooi aan die verkeerde kant van die Hemel, dink net hoe mooi is die sterre van die hemel se kant af”.. Die boodskap gaan oor hoe osn maar te goed weet dat ons aan die verkeerde kant van die hemel is as ons deur die dinge van elke dag struggle, maar in Openbaring 21 lees ons hoe die Nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal en God Sy woning tussen ons kom maak… dat ons moet weet dat Hy ook binne in ons Sy woning maak. Die dinge waardeur ons gaan bring Hy met liefde oor ons om ons te louter sodat Sy glorie uiteindelik om en in ons is. Ons hoor uit 2 Korinthiers 6 dat ons nie vernietig word deur die dinge wat ons omslaan nie.
Ons sing saam met Riza en vra dat Vader ons harte sal heilig, dat die Glorie aan God behoort . Ons jubbel dat ons die Blye versekering het dat Hy met ons is… totdat ons aan die regte kant van die Hemel by Hom kan gaan bly. En die ma se hart swel van trots. Die ouens wat wonder, ek het die boodskap so geneit, date k nie eers gehuil het nie..:-) Dis so lekker om by die huis te wees en so groot voorreg om na my eie dogter se preek te luister. Nou sien ons uit na vier dae in die mooiste Kaap. Ek sal vertel.
Saturday, December 6, 2008
nie so maklik nie
Elma skryf vir my sterkte vir die oppak en toesluit en jinne dit is nogals 'n ding.
Om 'n maand lank weg te wees beteken mens kan nie die slaai en kaas in die yskas los nie en helaas, ook nie die hondekinders by die huis nie. Vanesa hulle is so dierbaar om na Dee te kyk, maar die twee woelige hondeseuns sal dit nie maak nie. Beste wat mens vir hulle kan doen is kennels. Sandra sal hulle gaan haal as sy weer terug is in Abu Dhabi en dierbare vriendin wat sy is bied sy aan om saam te ry Musaffah toe sodat die ouens by die kennels ook sommer kan sien wie sy is as sy hulle weer moet gaan haal.
Ons hou voor die kennels stil en dit voel soos koshuisdae... net, die keer is ek nie die een wat afgelaai word nie. Toe ons uitklim snuif snuif hulle die vreemde reuke en bewe soos jellie oor die groot honde wat so blaf. Jinne en die ma se hart is maar seer.
Hulle kamer is reg vir hulle met bak met water en twee slaapmandjies.. hulle hoef nie eers 'n bed te deel nie, maar ek het hulle eie bedjie vir hulle saamgeneem met hulle gunsteling speelgoed en natuurlik die pienk bal.. en soentjies vir elkeen...
Taffee is reg agter my toe ek by die hok uitstap, en my hart breek amper oor Didi wat styf in die hoekie langs die waterbak gaan sit. Ai man..... maar Bonkee, die "baas" by die kennels vertel ons hulle sal hulle eie hanteerder he wat hulle twee keer op 'n dag gaan haal vir walkies en tweekeer 'n dag die valdeurtjie oopmaak vir piepies... ek weet nie of my twee seuns sal knyp nie... hulle sal ook tweekeer 'n dag kos kry en sagte kossies as hulle bietjie erg verlang. Nog steeds nie makliker om hulle daar te los nie, maar Sandra troos en se die ander honde sal hulle vertel dis ok hulle moenie te veel worry nie. Dit klink of hulle mooi na hulle sal kyk ne ouens...?
Monday, November 24, 2008
Droomland
Die boodskappe het alles die laaste ruk gegaan oor rus en tot stilstand kom en vrede in mensself he. Sandra het geblog oor die trip dreamland toe met die kinders klik hier. Sy het ook vertel van die baie ure wat ons op die pad in die verkeer spandeer het soontoe. Ek kyk my fotos so en daar is niks mense op nie... se dit vir julle iets? Ek vind altyd vrede en rus in die natuur, en in die dieretuin. Kyk net wat het hulle hier by dreaamland.. dierbare ponies/ perdjies
En die kostelikste opvreetbare twee weke oue baba apie waarmee al die ander apies in die hok wil speel en wat net ogies vir haar mamma het. Ek kon maklik die heeldag by die hok sit en die dingetjie dophou.
Kyk hoe probeer sy grootaap wees en eet wat haar ma eet. Die drade was erg in die pad en op die beste van dae is ek nie so goed met die fotonemery nie
Maar sy is besig hoor... mens kon amper die mamma hoor sug
En ek weet mens moet jou verbeelding gebruik, maar glo my as ek vertel, sy sit hier op haar ma se stert... is dit nie cute nie
Mens moes die voels kon teken. Dis 'n komposisie van vorm en kleur.. so jammer oor die draad voor die lens.
En die troupant... vry. Geen hok wat hom ninne hou nie. Is dit nie mooi nie?
'n Plek onder die bome waar mens ver oor die see kan kyk en mooi dinge dink en diep dinge voel en drome waar wens. Die vrede kom koelblou in mens se woelige binneste le.
Mooiste stil blou see tussen sandpienk duine. Hoe mooi is die werk van U hande Heer
Loomlui middagete onder die bome. Nou is niemand meer laf nie. Ek sal nou niks verder se van die drie ure wat ons toe weer in die verkeer terug na Adu Dbahi spandeer het nie. Ek weet net dat daar altyd iewers 'n rusplek lang die pad is.
Saturday, November 22, 2008
Blog toekenning
Ek is so geeerd om die blogtoekenning van Sandra te ontvang en wat dit nog meer spesiaal maak is dat dit duer Desire ontwerp is, daarom is dit sommer vir my dubbele vreugde om die toekenning te ontvang,
Desire, jy verdien 'n goue toekenning vir jou blog en al die pragtige kreatiewe dinge wat jy doen. Dankie vir die uitstekende idees.

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde
toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem
hulle name en link na elke blog.
* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys
met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.
* Wys ook die reels van die toekenning
Desire, jy verdien 'n goue toekenning vir jou blog en al die pragtige kreatiewe dinge wat jy doen. Dankie vir die uitstekende idees.

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde
toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem
hulle name en link na elke blog.
* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys
met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.
* Wys ook die reels van die toekenning
My spesiale vriendin Sandra by uitentuis is 'n waardige ontvanger van die toekenning maar verdien dit kruis en dwars vir haar blog wat soos 'n joernaal lees. Ek gaan steeds soms terug na vorige inskrywings vir inligting. Maat, ek sou die toekenning weer gee as ek kon.
Muriel het ook reeds die toekenning ontvang. Jy is 'n kosbare blogvriendin en ek geniet jou inskrywings en kommentaar op my blog so baie. Ek sou dit weer vir jou ook gee.
Thea, ek kan so lekker sit en teedrink by jou en kuier op jou keurige blog. Jy is 'n waardige ontvanger van die toekenning. Ek sou dit ook vir jou gee.
Ek het Dorette se blog ontdek en geniet die kleurvolle inskrywing oor Franco se dingetjies. Ek gee vir jou die toekenning. Dankie vir jou gereelde kuiers op my blog.
Dis heerlik om blogvriendinne te he. Julle is almal vir my baie spesiaal.
Lief vir julle
Subscribe to:
Posts (Atom)

